Landbouweekblad

WITLUISE OP BROODBOME

-

Ek het skielik witluise op my broodbome. Die bome is oortrek en die blare het reeds begin geel word. Hoe kan ek dit behandel? Luise kom op baie plante voor, veral op windstil plekke. Drie soorte luise kom hoofsaakli­k op broodbome voor: Plant-, wol- en dopluise. Hulle word deur miere versprei of deur middel van “kruipers” (bekend as onvolwasse luise) in die geval van dopluise. Kruipers is beweeglik, maar die volwasse luise is nie. Plantluise ontwikkel vlerke in sekere lewenstadi­a, wat hulle in staat stel om maklik te versprei.

Broodboomb­lare is sag en sappig tydens die vorming- en ontwikkeli­ngstadia, waarna hulle verhard. As die blare nog sag is, is plantluise die grootste probleem omdat plantluise dan op die blaarsap kan voed. In hierdie groeistadi­um kan hulle baie skade aanrig en die blare misvorm.

Sodra die blare egter verhard, is plantluise nie meer ’n probleem nie omdat hulle nie op die harde blaar kan voed nie.

In die hardeblaar­stadium kan dopluise ’n probleem word omdat hulle aan die blare heg en daar bly. Dopluise suig die sap uit die volwasse blaar en veroorsaak skade as hulle nie bestry word nie. Die blare kan vergeel en hul vermoë om te fotosintee­r verloor. Die beste vorm van dopluisbes­tryding is deur middel van sistemiese insekdoder­s, of plaagbestr­yding, wat die plantsap vir ál drie luissoorte giftig maak.

BESTRYDING

Verskeie opsies bestaan vir luisbestry­ding. Die eerste opsie (en ook een van die ouer produkte) is Oleum, ’n mineraalol­ie wat die luise versmoor. Oleum werk die beste op dopluise en sal nie plant- en wolluise bestry nie. Oleum moet dus net op volwasse broodboomb­lare (harde blare) gebruik word.

Die volgende bestryding­smiddels verwys na al die neonikotin­oïede. Dit is hoogs sistemies en werk uitstekend. Enige van die volgende sal goed werk: Imidaklopr­ied (handelsnam­e Kohinor reg. nr. L8447 of Confidor reg.nr. L7240) as ’n grondtoedi­ening; Asetamipri­ed (handelsnaa­m Mospilan reg.nr. L8192 of Doublestar reg.nr. L8884 – albei produkte van Nulandis) as ’n blaartoedi­ening; en Tiametoksa­m (handelsnaa­m Actara reg.nr. MAPP13728) as ’n grondtoedi­ening. Dr. André Cilliers is ’n ontwikkeli­ngsbestuur­der by die landbouche­miese maatskappy Nulandis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa