Landbouweekblad

’n Nuwe stoetery vir ’n nuwe millennium

Bykans 60 jaar se prestasiet­oetsing en sorgvuldig­e seleksie en teling met die Afrikaner gee vir mnr. Estienne Cronjé ’n voorsprong in sy eie stoetkudde wat hy sedert die eeuwisseli­ng by Winburg in die Vrystaat bedryf.

-

Mnr. Estienne Cronjé en sy broer, Pierre-André, het albei pa Johan Cronjé se liefde vir die Afrikanerb­ees geërf. Hy het die Grootkuils­toetery met sy talle spogdiere en kompetisie­wenners dekades lank opgebou.

Estienne boer al sedert 1990 en het die Millennium-Afrikaners­toetery in 2000 begin toe sy pa vir hom ’n paar verse gegee het om sy eie stoetery te begin. Ná sy pa se dood is die Millennium-stoetdiere en sy erfdeel van die Grootkuil-stoetery by die Deelfontei­n-stoetery ingelyf. Dié proses is in 2013 afgehandel, maar die Millennium-voorvoegse­l is behou.

Die plaas is naby Winburg geleë en het goeie, natuurlike weiding, wat meestal Vrystaatse soetveld en ook ’n bietjie suurveld bevat. Die plaas se drakrag is sowat 6 ha per grootvee-eenheid en daar loop ongeveer 300 stoetkoeie.

Die saaiery op die plaas verskaf ook aanvullend­e rantsoene in die winter wanneer die koeie op die mielierest­e loop.

“Tydens die droogte het die kudde steeds goed gevaar en ons moes die minimum aanvullend­e voer vir hulle aanry. Danksy die Afrikaner se taai geaardheid trek hierdie ras ’n bietjie makliker deur strawwe tye,” sê Estienne.

Hy weet ook presies wanneer sy diere se prestasie op peil is, verbeter of verswak.

“Ons doen al prestasiet­oetsing sedert 1960 toe my pa daarmee begin het. Dit stel my nou in staat om seleksie vir spesifieke eienskappe met groot vertroue te doen en die kudde te bestuur.”

TELING

Estienne kyk veral na goeie groei, vrugbaarhe­id, reproduksi­e, loopvermoë en temperamen­t.

“Ons klante is baie tevrede met die tipe Afrikaners wat ons teel en hoe maklik dit is om met beeste uit ons kudde te werk. Die Afrikaner verg eenvoudig net soveel minder aandag as ander rasse waarmee ek al geboer het. Ons koeie het min kalfproble­me en uitstekend­e moedereien­skappe, wat roofdiere op ’n afstand hou.”

Op die komende nasionale veiling op Kroonstad gaan tien verse en twee bulle uit dié stoetery in aanbod wees.

“Wanneer ek bulle koop, kyk ek na groei en vrugbaarhe­id, maar veral na die moeder se kalfrekord. Ek wil weet of sy goed vir haar kalwers sorg en almal speen. Iets waarop ek ook bedag is, is diere se temperamen­t in die ring op die dag van die veiling. ’n Dier met ’n senuagtige geaardheid of een wat maklik kwaad word, kan potensieel ’n ‘moeilike’ bees wees wat homself of veehanteer­ders kan beseer. Sover ek weet, is temperamen­t oorerflik en ek soek nie ‘wilde’ gene in my kudde nie.”

Estienne sê ’n goeie temperamen­t en vleissagth­eid hou verband met mekaar.

“Die slagpale is ’n vreemde plek en lei noodwendig tot spanning by slagdiere. As dit ’n rustige bees is wat nie maklik stres nie, stel hy minder adrenalien vry en die vleisgehal­te is beter.”

GENOOTSKAP

As ’n bestuursli­d van die Afrikanerb­eestelersg­enootskap is Estienne tevrede met die genootskap se pogings om die ras te verbeter.

“Ons is ook besig met die genomiese ontleding van die ras en om te kyk hoe tegnologie op dié gebied ons telers kan help om nóg beter diere te lewer. Só lê ons daarop klem om die sterk punte uit te bou en om die swak punte te verbeter deur die deurlopend­e veredeling van die ras.”

Hy is ook baie beïndruk met die genootskap se pogings om Afrikanerv­leis te bemark.

“Die ontwikkeli­ng van die Afri Beef-handelsmer­k is van groot belang vir die volhoubaar­heid van die ras en om die mark uit te bou.”

NAVRAE: Mnr. Estienne Cronjé, e-pos: estiennec@gmail.com, sel 083 677 6859.

 ?? FOTO’S: ESTIENNE CRONJÉ ?? Koeie met goeie moedereien­skappe en wat nie met kalfproble­me sukkel nie, is belangrike eienskappe vir mnr. Estienne Cronjé om sy kudde op te bou.
FOTO’S: ESTIENNE CRONJÉ Koeie met goeie moedereien­skappe en wat nie met kalfproble­me sukkel nie, is belangrike eienskappe vir mnr. Estienne Cronjé om sy kudde op te bou.
 ??  ?? By die Millennium­stoetery word slegs bulletjies met ’n goeie temperamen­t vir latere teeldoelei­ndes geselektee­r.
By die Millennium­stoetery word slegs bulletjies met ’n goeie temperamen­t vir latere teeldoelei­ndes geselektee­r.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa