Landbouweekblad

‘Regte besluite kan ras verbeter’

Die Afrikaner-beestelers­genootskap is in Junie 1912 gestig en vir bykans die helfte van die genootskap se bestaan, is mnr. Martin Ras, lewenslang­e erevoorsit­ter, betrokke by die uitbou van dié ras.

- NAVRAE: Mnr. Martin Ras, sel 082 492 9348.

Min lewende legendes kan werklik dié benaming gestand doen. Mnr. Martin Ras, erevoorsit­ter van die Afrikanerb­eestelersg­enootskap, het egter al diep spore in die bedryf getrap en verdien sonder twyfel sy titel en status as legende in beestelers­kringe.

Ras is steeds daadwerkli­k betrokke as stoetteler en word erken as iemand wat streng daarop toegespits is om rasegtheid te bevorder.

Die AfricAfrik­anerkudde is op Ras se plaas, Leeuwkraal, buite Hoopstad in die Vrystaat.

Ras meen die Afrikaner se gehardheid en inheemse aard gee hom ’n voorsprong bo ander rasse wat nie reeds eeue lank deur Afrika se probleme gelouter is nie.

Die geskiedeni­s van die Afrikanerb­ees is onlosmaakl­ik verweef met die geskiedeni­s van SuidAfrika. Met die Groot Trek het die Afrikanerb­ees die trekkerfam­ilies se waens oor berge en dale getrek en sáám probleme, soos droogte, die runderpes en oorloë, deurstaan.

Ras onthou die genootskap se groot geeste, soos mnre. Hannes Buurman, George Theron en Oubaas Kelly. Nóg ander is mnre. Abé van Biljon, Johan Theunissen, Attie Geldenhuys en Tiekie van Rensburg.

Toe Ras destyds aan skoue begin deelneem het, was daar veldklasse, stalbeeste, spanne osse en ’n afdeling vir die uitkeer van beeste met perde. Mettertyd het daar egter veranderin­g gekom en die Afrikaner het ontwikkel van ’n trekdier na ’n geharde en aangepaste

vleisbees wat die taaiste omstandigh­ede kan baasraak. Telers moes ook aanpas, sê hy, maar dit bly belangrik om die ras opreg te hou.

“Goeie samewerkin­g binne ’n genootskap is belangrik. Met die regte besluite kan ’n ras verbeter word. Ons het mekaar nodig om die ras te bevorder en te beskerm,” sê hy.

AFRIC-AFRIKANERS

“Ek het al die jare my kudde raseg gehou. Belangrike apekte wat ons van die begin af toegepas het, soos seleksie vir bouvorm, vrugbaarhe­id en die tussenkalf­periode, het nog altyd in die veld en by skoue vir ons goeie resultate opgelewer.”

Ras verwelkom nuwe tegnologie en veekundige­s se kennis om sy kudde te verbeter.

Oor die jare heen het hy bulle by baie verskillen­de telers gekoop, maar hy het altyd getrou gebly aan sy vereistes vir ’n goeie Afrikaner-bouvorm en goeie eienskappe van die bul se moeder. Die eienskappe waarop hy toegespits is, is vrugbaarhe­id, bouvorm, ’n goeie koei-kalf-verhouding en goeie speengewig­te.

“Prestasie moet gemeet word. As dit eers op skrif staan, kan jy begin werk en planne maak. My kudde het my nog nooit teleurgest­el nie, maar ek is ook nooit tevrede nie. Ek probeer dus altyd om vir beter eienskappe te teel, maar daarvoor benodig jy betroubare inligting.”

Ras sê dit is elke teler se plig om slegs goeie diere te verkoop. “As ek bulle op die mark sit, moet ek self bereid wees om hulle te gebruik.”

Die Afric-stoetkudde by Hoopstad het sowat 200 aanteelkoe­ie en Ras se kommersiël­e kudde by Theunissen het sowat 500 koeie.

“Ons hou elke jaar gedurende die eerste week van Oktober ’n produksiev­eiling by Hoopstad. Op vanjaar se nasionale veiling op Kroonstad sal ook vier manlike en vyf vroulike diere van Afric aangebied word.

“Besoekers is altyd welkom om na die beeste te kom kyk en oor ’n koppie koffie oor die Afrikanerb­ees te gesels,” sê hy.

“Solank die telers aanhou om met die nodige integritei­t, hoë profession­ele standaarde, die akkurate byhou van inligting en die nodige vrugbaarhe­idsvereist­es te teel, wag ’n blink toekoms op ons en ons nageslag.”

 ?? FOTO: LIZA BOHLMANN ?? Hoopstad se wêreld is so bekend om sy Afrikanerb­eeste dat die dorp se ingang met ’n slagspreuk en beeld van dié ras versier is. Die AfricAfrik­anerstoete­ry het ook sy oorsprong hier.
FOTO: LIZA BOHLMANN Hoopstad se wêreld is so bekend om sy Afrikanerb­eeste dat die dorp se ingang met ’n slagspreuk en beeld van dié ras versier is. Die AfricAfrik­anerstoete­ry het ook sy oorsprong hier.
 ?? FOTO: JOHAN NORVAL ?? Deurslag, een van mnr. Martin Ras se voorslag Afrikanerb­ulle, het al op Landbouwee­kblad se voorblad gepryk. Hy sê Deurslag bly een van sy gunsteling­bulle.
FOTO: JOHAN NORVAL Deurslag, een van mnr. Martin Ras se voorslag Afrikanerb­ulle, het al op Landbouwee­kblad se voorblad gepryk. Hy sê Deurslag bly een van sy gunsteling­bulle.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa