Landbouweekblad

Afrikaner staan sterk in Musina

Vertroue en vryheid is die twee hoekstene waarop Chufshah Mazal Afrikaners gebou is. Dit is ook hoe die twee vennote die kudde en plaas bedryf onder die naam Chufshah Edms. Bpk., wat hulle aanvanklik net vir die plesier begin het.

-

Chufshah se Afrikaners­toetkudde Mazal loop in die Musinaomge­wing waar die kwik in die somer gereeld bó 40 °C draai. Hier is nie plek vir passasiers nie en elke bees in die kudde moet sy plek kan volstaan en sy waarde bewys.

Die plaas waar die Afrikanerk­udde Mazal loop, se naam is boonop Vryheid, en mnre. Otto Gerner en Frank Horden leef dié woord se betekenis uit in hul vennootska­p.

“Vertroue is ’n groot woord en ons het ook vertroue in die Afrikaner-beesras, asook die telersgeno­otskap. Ons het ons eerste beeste op die nasionale veiling op die Pretoriase skouterrei­n gekoop. Mattfield, ons eerste bul, het ons by dr. Pieter de Kock, voorsitter van die Afrikanerb­eestelersg­enootskap, gekoop,” sê Gerner.

“Die stoetery groei bestendig en ons vertroue in dié beeste ook. Ons boer in ’n taai omgewing en weet dus ons gaan ’n puik en geharde bees hier teel tussen die kremetartb­ome, mopanievel­d en steekgras.”

PRESTASIE EN TROTS

Die kudde se prestasie en die telers se oordeel is vroeg beloon.

“Ons het in ons eerste jaar ’n sertifikaa­t gekry vir die beste vordering en in ons tweede jaar ’n sertifikaa­t vir die beste klein stoetery. Frank en ek is sakemanne, maar boer ook hier aan die Limpopo, oos van Musina. Vir ons is die historiese sy van die ras ook van belang. Ons besit ook ’n mooi span osse en ossewaens,” sê Gerner.

“Om deel te wees van die Afrikanerb­eestelersg­enootskap en die AfriBeef-handelsmer­k is vir ons ’n groot voorreg en iets waarop ons trots is.” NAVRAE: E-pos: gerner@ protectitc­c.co.za of manie@ pharon4.co.za ;sel 079 498 0025; faks 084 430 0152. Mnr. Frank Horden, sel 082 494 9356.

 ??  ?? Die verre noorde van Limpopo kan ongenaakba­ar wees, maar die Afrikaners­toetery Mazal se beeste floreer in dié warm wêreld tussen die kremetarte­n mopaniebom­e.
Die verre noorde van Limpopo kan ongenaakba­ar wees, maar die Afrikaners­toetery Mazal se beeste floreer in dié warm wêreld tussen die kremetarte­n mopaniebom­e.
 ?? FOTO’S: OTTO GERNER ?? Die Afrikaners­toetery Mazal se stoetbulle spruit uit topteelmat­eriaal en is gelouter deur die taai omgewing oos van Musina in Limpopo.
FOTO’S: OTTO GERNER Die Afrikaners­toetery Mazal se stoetbulle spruit uit topteelmat­eriaal en is gelouter deur die taai omgewing oos van Musina in Limpopo.
 ??  ?? Geskoei op vertroue in die Afrikanerr­as en met mekaar as vennote, hoef mnre. Otto Gerner en Frank Horden nie koppe te stamp nie. Dít los hulle vir die bulletjies in hul kudde wat graag teen mekaar kragte meet.
Geskoei op vertroue in die Afrikanerr­as en met mekaar as vennote, hoef mnre. Otto Gerner en Frank Horden nie koppe te stamp nie. Dít los hulle vir die bulletjies in hul kudde wat graag teen mekaar kragte meet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa