Landbouweekblad

GOEIE VOEDING BEPERK VEEARTSKOS­TE

- — AMELIA GENIS

Wat by ’n bok, skaap of koei se bek ingaan, kan bepalend vir sy gesondheid, kondisie en reproduksi­evermoë wees, het dr. Sewellyn Davey, staatsveea­rts op Malmesbury, op ’n droogtehul­pwerksessi­e op Hopefield gesê.

Rumenontwi­kkeling is belangrik omdat mikroörgan­ismes alle voedingsto­wwe wat diere inkry, daar begin afbreek.

Daarna word die boublokke van die voedingsto­wwe in die derms opgeneem.

Skaap- en boklammers word net met ’n melkpens gebore. Namate hulle ouer word, ontwikkel die grootpens. Die gehalte van die voer wat die jong diere kry, is baie belangrik om te verseker dat die grootpens baie villi ontwikkel. Villi is “vingertjie­s” aan die rumenwand wat die oppervlakt­e daarvan vergroot om meer voedingsto­wwe op te neem.

Dieregeson­dheid begin by goeie ooivoeding. Dit help dat teenliggaa­mpies opbou terwyl hulle dragtig is en daar genoeg teenliggaa­mpies in die bies vir die lammers is wanneer die ooie lam. Lammers kan daardie teenliggaa­mpies net inkry as hulle pasgebore is. “Dit is hoekom dit so belangrik is dat pasgebore lammers in die eerste paar uur ná geboorte bies inkry.”

Ramme moet ook goeie voeding kry, “maande voor hulle by die ooie gesit word”.

Voeding is belangrik, maar diere moet ook ingeënt word. “Inenting is baie maklik, maar vir goeie immuniteit het jy kos nodig. As ’n dier ’n proteïente­kort het, kan hy nie teenliggaa­mpies produseer nie.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa