Landbouweekblad

Strooptyd sleep oor laat reën

- — NICO VAN BURICK

STROOPTYD vir mielies in die Vrystaat en Noordwes verloop stadiger as wat verwag is – eerstens omdat boere later as normaalweg geplant het en tweedens omdat die mielies langer neem as verwag om af te droog, sê mnr. Jannie de Villiers, uitvoerend­e hoof van Graan SA.

Hy het by navraag geraam dat sowat 50% van die mielies in die Vrystaat en die weste van Suid-Afrika reeds gestroop is. In die oostelike dele is boere klaar gestroop. “Namate ek met boere praat, lyk dit of baie van hulle beter opbrengste behaal het as wat hulle verwag het. Hier en daar is probleme met graad, moontlik vanweë baie reën plek-plek in Maart.”

Met weerstoest­ande wat nou gunstig is, bly die strooppros­es in volle gang. Volgens die SA Graan inligtings­diens( Sag is) is in die week van 13 Julie altesaam 780 033 ton mielies by kommersiël­e silo’s gelewer. Daarvan was 438 378 ton wit mielies en 341 655 ton geel mielies.

UITVOER TRAAG

Mnr. Wandile Sihlobo, hoof van landbounav­orsing by die land- bousakekam­er Agbiz, sê in teenstelli­ng met die vorige maande toe hoofsaakli­k geel mielies in die oostelike en sentrale dele van Suid-Afrika gestroop is, word nou wyer gestroop. Dit kan gesien word op grond van die baie wit mielies wat gelewer word.

“Die totale lewerings vir die eerste 11 weke van die bemarkings­jaar 2018-’19 word geraam op 5,9 miljoen ton, wat sowat 45% van die geraamde oes van 13,2 miljoen ton is. Daarvan is 56% geel en 44% wit mielies.

“Die opbrengste in die gebiede waar reeds gestroop is, wissel tussen gemiddeld en bogemiddel­d, wat strook met die mark se verwagting­e.”

Sihlobo sê meer lewerings kan in die komende weke verwag word as die koel, droë toestande voortduur.

Namate die silo’s voller word, wil dit lyk of uitvoer nog nie wil versnel nie. In die week tot 20 Julie is net 5 148 ton wit mielies en 69 967 ton geel mielies, waarvan meer as 55 000 ton na Taiwan toe gestuur is, uitgevoer. Die totale uitvoer sedert die bemarkings­jaar in Mei begin het, staan nou op 104 226 ton wit en 734 699 ton geel mielies.

Wat sojabone betref, is die strooppros­es grootliks afgehandel, met 1,459 miljoen ton van die verwagte 1,551 miljoen ton wat reeds teen 13 Julie gelewer was.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa