Landbouweekblad

Sitrusboer­e kou harde bene in buiteland

- — JASPER RAATS

SUID-AFRIKA se sitrus uitvoersei­soen i snou in volle gang en dit kan met ’n enkele woord beskryf word: moeilik.

Só sê mnr. Justin Chadwick, bestuurder van die Suider-Afrikaanse Sitruskwek­ersverenig­ing. Hys ê dit het alle smet tydsbereke­ning te doen. Suid-Afrika se pomelo’s het vanjaar effens later ryp geword, wat saam met vroeë nawels ’n bottelnek in die verskeping­s proses veroorsaak het.

Daar is ook ’n groot aanbod sitrus uit Egipte op die wêreldmark, veral in Europa. Tot dusver vanjaar was daar nog ’n taamlike hoeveelhei­d Europese somervrugt­e op dié vasteland se winkelrakk­e beskikbaar.

Die pryse vir pomelo’s en nawels was tot dusver nie so goed as wat dit kan wees nie. Dit lyk egter of die ergste ooraanbod verby is en die vraag na Suid-Afrikaanse sitrus toeneem.

Chadwick waarsku egter dat baie nuwe Egiptiese aanplantin­gs nou in produksie kom en sê Suid-Afrika kan in die voorsienba­re toekoms verwag dat hy met Egiptiese vrugte op die Europese mark sal moet meeding.

OORAANBOD

Wat nawels en Valencia’s betref, het baie boere vanjaar kleiner vrugte weens die droogte. Talle uitvoerder­s het besluit om hul vrugte eerder na die Midde-Ooste te stuur waar vruggroott­e ’n kleiner invloed op pryse het. Dit het egter ’n ooraanbod in die Midde-Ooste teweeg gebring, en pryse is gevolglik daar ook onder druk.

Mnr. Piet Engelbrech­t van Piet Citrus naby Marble Hall sê sagtesitru­s word nou gepak en boere hoop dat die Europese mark hul vrugte goed sal ontvang. Hy meen ook Valencia’s gaan vanjaar minder mededingin­g in die buiteland ervaar as nawels.

Chadwick sê die vraag na suurlemoen­e is vanjaar van die begin af verbasend goed. “Verletarie­fvry de jaar was daar ’n ooraanbod met die baie nuwe suurlemoen­boorde in Suid-Afrika wat in produksie gekom het. Ons het vanjaar ’n moeilike jaar verwag, maar ons suurlemoen­e verkoop tans goed.”

Ander goeie nuus is dat Suid-Afrika vanjaar ’n rekordoes van 132 miljoen kartonhoue­rs verwag, 9 miljoen meer as verlede jaar. “Die volumes is dus daar en ons verwag dat dit ’n goeie jaar vir ons kwekers gaan wees, ten spyte van die laer pryse.”

 ??  ??
 ??  ?? Mnr. Justin Chadwick
Mnr. Justin Chadwick

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa