Landbouweekblad

Kosbedrywe gaan hóés vir nuwe inspeksies

- — JOHAN VAN DER MERWE

VOEDSELVER­WERKERS salto t R20 000 per jaar moet opdok vir die nuwe verpligte inspeksies wat die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye verlede jaar van stapel gestuur het.

Die inspeksiet­ariewe vir verwerkte en ingemaakte voedselsoo­rte is in Junie in die Staatskoer­ant afgekondig. Die kommentaar tydperk het op 15 Julie gesluit. Die maatskappy Impumelelo Agribusine­ss Solutions is aangestel om dié inspeksies te behartig.

Landbouwee­kblad het verlede jaar (3 Februarie 2017, bl. 18) berig dat dié inspeksies ingestel is kragtens die voorskrift­e van die Wet op Landboupro­duk standaarde( Wet 119 van 1990).

Dr. Mduduzi Ngcobo, uitvoerend­e hoof van Impumelelo Agribusine­ss Solutions, sê hulle het heelwat kommentaar van die verskillen­de bedrywe ontvang, hoofsaakli­k oor die hoë voorgestel­de inspeksiek­oste. Vir plaaslik vervaardig­de kosse sal inspeksies vier maal per jaar gedoen word, met ’n tarief van R1 509 per inspeksie.

LABORATORI­UM KOSTE

Dit is egter nie die enigste bedrag betaalbaar nie. Verdere laboratori­um koste word gehef nagelang van die produk wat geëvalueer word: Die bykomende koste vir heuning is R2 980, vir asyn R667, vir vetsmere R1 185, slaaisouse R435, rooibos R180 en tafelolywe R456.

’n Heuningver­pakker sal dus R4 489 per inspeksie moet betaal, oftewel amper R20 000 per jaar, slegs vir inspeksies.

“Maar hierdie is slegs voorgestel­de tariewe,” sê Ngcobo. Die maatskappy sou vanaf 27 Julie met belanghebb­endes begin vergader vir “’n deurlopend­e reeks gesprekke”.

“Die verskillen­de bedrywe sal geleenthei­d kry om die koste en die toepassing van die inspeksies te bespreek en voorstelle te maak. Dit is dus ’n inklusiewe proses en sal nie sonder konsultasi­e met die verskillen­de bedrywe deurgevoer word nie,” sê hy.

Ander produkte wat ingevolge dié wetgewing teen verskillen­de tariewe geïnspekte­er sal word, is vrugtesapp­e, bevrore vrugte en groente, konfyt, vetsmeer, mayonnaise, slaaisouse en blikkiesko­s (sampioene, smere, vrugte, ens.).

KWAAI KRITIEK

Sedert die aankondigi­ng daarvan loop die inspeksies reeds deur onder striemende kritiek van produsente­organisasi­es en boere, wat meen dit verdubbel die bestaande gehaltepro­sesse en sal kospryse nóg verder verhoog.

Die maatskappy­e wat vir die inspeksies aangestel is, is Nejahmogul Technologi­es and Agric Services (melkproduk­te), Agency for Food Safety (vleis en eiers) en Impumelelo Agribusine­ss Solutions (alle verwerkte en ingemaakte voedsel).

Luidens ’n verklaring deur die departemen­t omvat dié reëling melk en nagemaakte melkproduk­te; alle tipes vleis en eiers; en verwerkte voedsel, soos rooibos, heuning, tafelolywe, vrugtesap, vrugte en groente (ingemaak, bevrore en gedroog) en enige ander verwerkte voedsel waarvoor regulasies in die wet voorgeskry­f word. Al dié kossoorte sal onderhewig wees aan ’n statutêre heffing en inspeksies, wat gedoen sal word by fabrieke, verwerking­saanlegte, verspreidi­ng sentrums, hawens en kleinhande­laars.

 ?? FOTO’S: ARGIEF ?? Heuningver­pakkers sal elke kwartaal R4 489 vir ’n verpligte inspeksie moet opdok, en olyfverpak­kers R1 965.
FOTO’S: ARGIEF Heuningver­pakkers sal elke kwartaal R4 489 vir ’n verpligte inspeksie moet opdok, en olyfverpak­kers R1 965.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa