Landbouweekblad

Besproeiin­g: Wes-Kaapse boere van SA se suinigste

- — JOHAN VAN DER MERWE

DIE Wes-Kaapse besproeiin­gsboere is die doeltreffe­ndste watergebru­ikers in Suid-Afrika.

Volgens data wat deur mnr. André Roux, raadgewer aan die kantoor van die premier van die Wes-Kaap, saam met die Wêreld natuur fonds( W W F) ingesamel is, word minder as 6 000 m3 water per hektaar per jaar in die Wes-Kaap vir besproeiin­g gebruik.

Daarteenoo­r is die verbruik 10 000 m3 per hektaar per jaar in Mpumalanga en bykans 9 000 m3 per hektaar per jaar in Limpopo.

Hierdie syfers is deur die WWF op ’n onlangse boeredag naby Robertson bekend gemaak met die doel om boere bewus te maak van die uitwerking van die afgelope droogte en die kwessies wat voorlê weens klimaatsve­randering.

Een van die redes waarom Wes-Kaapse besproeiin­gsboere minder water per hektaar as hul eweknieë in die noorde gebruik, is omdat sagtevrugt­e minder water nodig het as subtropies­e vrugte en suikerriet. Die besproeiin­gsboere van die Wes-Kaap het egter ook die produktiew­e gebruik van water verbeter juis omdat die beskikbare water in die provinsie deurentyd minder raak.

30%MINDERREËN

Die WWF voer aan boere reg oor die land sal water in die toekoms nóg doeltreffe­nder moet aanwend om volhoubaar­heid te verseker.

Die vooruitsig­te van klimaatsve­randering beteken die huidige reënval sal oor die volgende 30 jaar met 30% verminder. Dit sal nie net die afloop van reënwater en dus die jaarlikse opgaarvolu­mes verminder nie, maar ook ’n nadelige uitwerking hê op die aanvulling en gevolglik beskikbaar­heid van ondergrond­se waterbronn­e.

Die tekort aan water in die 2017-’18-produksiet­yd het die Wes-Kaapse primêre landboubed­ryf bykans R6 miljard gekos weens laer opbrengste. Die WWF voer aan tegnologie­ë wat reeds op die plaas benut word, soos die FruitLook-program, moet in die toekoms produktiew­er aangewend word. Daarbenewe­ns sal nuwe tegnologie­ë ontwikkel en omarm moet word om volgehoue, verhoogde produktiwi­teit van elke liter water in die toekoms te verseker.

* Meer inligting is beskikbaar by die Suid-Afrikaanse waternavor­singskommi­ssie www.wrc.org.za; Fruitlook www.fruitlook.co.za; Elsenburg: www.elsenburg.com/ drought; die WWF: www. wwf.org.za; en die Wes-Kaapse “Groen-Agri”-webwerf: www.greenagri.org.za.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa