Landbouweekblad

‘Partypolit­iek sit agter Witrivier-grondgryp’

- — JASPER RAATS

’N POLITIEKE party blyk agter verlede naweek se poging tot grondbeset­ting naby Witrivier in Mpumalanga te wees. Lede van die polisie het oproeriges met traangas en rubberkoeë­ls uitmekaar gejaag, maar nie voor die meeste van die veld verbrand is sodat besetters die merkers wat hulle vir hul nuwe “erwe” ingekap het, kon sien nie.

Kol. Motsholi Bhembe, provinsial­e polisiewoo­rdvoerder, het bevestig dat agt mense in verband met die voorval in hegtenis geneem is. Hulle staan tereg op aanklagte van betreding, brandstigt­ing en saakbeskad­iging.

Mnr. Ken Robertson, die DA se skaduminis­ter vir landelike ontwikkeli­ng, wat op die toneel was toe omtrent 300 mense Sondag probeer het om grond op die plaas by Plaston te beset, sê van die mense daar het hom vertel hulle is deur ’n politieke party aangesê om die grond te beset omdat dit nie gebruik word nie.

“Hulle wou nie vir my sê watter party nie, maar ek het ’n ANC-lid van die provinsial­e wetgewer daar opgemerk,” sê Robertson.

STEMWERWER­Y?

Hy sê dit was tot dusver hoofsaakli­k die EFF wat mense aangehits het om grond wederregte­lik te beset. Hy het sy kommer uitgespree­k dat die regerende party dalk voel hy moet tot sulke optrede oorgaan om met die EFF om stemme mee te ding.

Robertson sê dit is nie waar dat die plaas nie gebruik word nie. “Dit was voorheen ’n melkplaas, maar die eienaar het die afgelope tyd die weiveld gesny en gebaal om voer aan opkomende boere in die omgewing te verkoop.”

Dit was die tweede keer in Julie dat mense probeer het om landbougro­nd in Mpumalanga se Laeveld te beset. Mnr. Robert Davel, bestuurder van Mpumalanga Landbou, sê die organisasi­e gaan nou met regslui gesels om seker te maak daar is regsfirmas of individue wat boere op kort kennisgewi­ng kan bystaan met dringende interdikaa­nsoeke.

“Dit blyk in hierdie stadium die beste manier te wees om met sulke voorvalle om te gaan,” sê Davel.

Robertson sê dit is darem nie die norm vir mense om landbougro­nd te probeer beset nie. “Hoewel daar enkele gevalle soos dié voorkom, is dit eerder munisipale grond wat in sulke kansvatter­s se visier is, veral in die Wes-Kaap en van die ander metropole.”

BRANDSTIGT­ING

Die brande is gelukkig geblus voordat dit na buurplase of opstalle op die plaas kon versprei, maar Robertson meen dit kon maklik in ’n tragedie ontaard het. “Ek sidder om te dink wat kon gebeur het as die grondbe- setters en die boere wat met trekkers en bakkies opgedaag het om die vuur te blus, slaags geraak het met mekaar.”

Hy het ’n versoek tot boere landwyd gerig om hulle nie deur politieke speletjies soos dié te laat uitlok nie.

“Dit is vuil politieker­y in die aanloop tot volgende jaar se verkiesing. Boere sal met kalmte en wysheid moet optree wanneer sulke goed oor hul pad kom.”

Robertson sê boere moet goeie verhouding­e met die polisie handhaaf en die staat vertrou om sy verantwoor­delikheid ten opsigte van die beskerming van sy burgers se eiendom na te kom.

“Dit het lank geduur voor die polisie opgedaag het nadat hulle oor Sondag se voorval gebel is, maar toe hulle wel opdaag, was hulle in volle mag daar.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa