Landbouweekblad

SA moet nóú water bespaar

Hoewel Suid-Afrika die 39ste droogste land ter wêreld is, word ons gelys onder die vier lande wat die goedkoopst­e voedsel ter wêreld produseer. Ons moet egter bereid wees om meer vir water te betaal én te bespaar.

-

Suid-Afrika het minder water per persoon (843 m3 per jaar) beskikbaar as sy buurlande, soos Namibië (2 674 m3 per jaar) en Botswana (1 187 m3 per jaar). Suid-Afrikaners gebruik egter 237 liter per persoon per dag (die wêreldgemi­ddelde waterverbr­uik per persoon is 173 liter per persoon per dag)!

Die land se waterkrisi­s word veroorsaak deur die groeiende behoefte na water, onvoldoend­e onderhoud aan bestaande water infrastruk­tuur en onvoldoend­e belegging in nuwe infrastruk­tuur. Na raming behoort Suid-Afrika jaarliks R89 miljard in infrastruk­tuur te belê om te verseker dat hy steeds teen 2030 voldoende water sal hê. Tans spandeer die land R33 miljard per jaar te min om voldoende water te verseker.

Die Departemen­t van Water en Sanitasie stel dié riglyne voor om die krisis die hoof te bied.

Vraag en aanbod

Teen die tyd dat ’n verbruiker twee 5 liter-houers vol water gemaak het, het 3,5 liter water op pad na die einste verbruiker reeds in die verswakte munisipale infrastruk­tuur verlore gegaan. In besproeiin­gskema s gaan tot 27% water verlore. Betonkanal­e wat swak onderhou word, lei tot verliese van tot 12% besproeiin­gswater.

Die Regering moet die aanbod van water verhoog deur verliese te beperk, ’n koste aan water te koppel en onwettige gebruik te keer. Die tweede fase van die Hoogland-waterskema moet teen 2025 reeds onderweg wees en nuwe projekte, soos die Voëlvleida­m, uMkhomazi-skema en die T h u k el a-Goedertrou w-water oordrag skema, moet voltooi wees.

Transforma­sie

Gevestigde kommersiël­e boere verbruik 95% van die water wat aan die landbou toegedeel word. Die Regering gaan egter beskikbare water identifise­er om aan swart boere toe te deel. Die bronne vir dié water sluit in uitgediend­e myne, nuwe damontwikk­elings of grondwater. Water kan ook bespaar word uit besproeiin­gskema sin regerings besit.

Doeltreffe­nde bestuur

Sowat 1 150 aanlegte waar afvalwater in Suid-Afrika behandel moet word, werk nie behoorlik nie. Van di eland se 962 water behandelin­gs aanlegte is 44% in ’n kritieke toestand. Dit moet teen 2030 reggestel wees.

Regulering

Produsente se waterpermi­tte gaan teen 2028 met waterlisen­sies vervang wees. Die strategie vir die bepaling van waterpryse gaan hersien word en realisties­e watertarie­we wat die koste van watervoors­iening weerspieël, gaan ingestel word. ’n Afvalheffi­ng gaan ook teen 2020 in werking gestel word.

Gehalte van water

Die landbou moet kyk na waterbesoe­deling weens die oormatige toediening van kunsmis en plaagdoder. Lisensie voorwaarde­s sal strenger word om die besoedelin­g van onverwerkt­e water deur besoedelde afloopwate­r te bekamp.

Die helfte van Suid-Afrika se water ontspring vanaf 8% van sy grondopper­vlak. Die ekologie in dié gebiede moet herstel en besoedelin­g daar bekamp word.

Mnr. Wessel Lemmer is ’n senior landbou-ekonoom by Absa-Agribesigh­eid. Dr. Langa Simela is ’n sake ontwikkeli­ngs bestuurder by Absa-Agribesigh­eid.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa