Landbouweekblad

Stygende inflasie hou risiko in van hoër rentekoers­e

Die aankondigi­ng van die Suid-Afrikaanse Reserweban­k op 19 Julie dat hy sy rentekoers (die repokoers) aan banke eers dieselfde gaan hou, is goeie nuus vir die Suid-Afrikaanse ekonomie wat ál meer sukkel. Wêreldmark­te is onstabiel weens al die politieke on

-

Mnr. Donald Trump, Amerika se president, is daarop uit om sy land se bestaande beleid teenoor sy handelsven­note ernstig te bevraagtek­en ten opsigte van vele aspekte. Saam met Brittanje se beoogde uittrede uit die Europese Unie (EU) skep dit baie onsekerhei­d in die markte.

Intussen groei die Amerikaans­e ekonomie besonder sterk. Werklooshe­id het gedaal tot sowat 4% en maatskappy­winste bly groei weens Trump se verlaging van maatskappy­belastings wat die Amerikaans­e aandeelpry­se hoër laat bly neig.

Daarmee saam het Amerika se federale reserweban­k begin met ’n baie duidelike beleid om rentekoers­e te normalisee­r en tot heelwat hoër vlakke te bestuur. Dit is in teenstelli­ng met die nul-rentekoers­beleid wat in 2008 van stapel gestuur is om ’n wêreldwye depressie af te weer.

Die stygende rentekoers­e in Amerika en sterk ekonomiese groei wat verder gaan styg, maak Amerika weer eens ’n aantreklik­er bestemming vir kapitaal. Daarteenoo­r staan die ontluikend­e markte waar die vertroue begin taan en die rentekoers­differensi­aal – soos in Suid-Afrika – kleiner geword het. Beleggers meen hulle word nie voldoende vergoed vir die risiko’s verbonde aan opkomende markte nie en neem hul kapitaal na Amerika.

Amerika het weer ’n aantreklik­e beleggings­opsie geword en heelwat kapitaal het in die loop van vanjaar uit ontluikend­e markte (wat Suid-Afrika insluit) begin terugvloei na die Amerikaans­e ekonomie. Dit het die dollar laat bly versterk (ook teenoor die rand).

Internasio­nale oliepryse het ook sterk begin styg in dollarwaar­de, wat weer eens ontluikend­e markte swaar tref, veral met hul verswakken­de geldeenhed­e. In Suid-Afrika het beleidseke­rheid vanjaar nie juis veel verbeter nie. Selfs mnr. Trevor Manuel, voormalige Minister van Finansies, het erken die meerderhei­dsbesluit van die Parlement om ’n ondersoek van stapel te stuur om die Grondwet te verander om grond sonder vergoeding te nasionalis­eer, maak dit baie moeiliker as wat verwag is om buitelands­e beleggings hierheen te lok.

Die feit is dat Suid-Afrika ’n groot netto invoerder is wat te min binnelands­e spaargeld het. Die land is dus afhanklik van buitelands­e kapitaal om die begrotings­tekort van die staat en so ook die tekort op die lopende rekening te help finansier, wat sowat R200 miljard per jaar beloop.

RESERWEBAN­KBESLUIT

Die monetêre beleidskom­itee (MBK) van die Reserweban­k het besluit om rentekoers­e onverander­d te hou, ten spyte van stygende inflasie. Die komitee waarsku dat inflasie na verwagting verder gaan styg.

Hul modelle dui daarop dui dat rentekoers­e sowat vyf keer in die volgende jaar behoort te styg om vir die verwagte stygende inflasiene­iging voorsienin­g te maak. Die feit dat die rentekoers differensi­aal tussen Amerika en Suid-Afrika ál kleiner word namate Amerikaans­e rentekoers­e styg, laat die rand verder verswak. Dit is sekerlik nóg ’n rede waarom rentekoers­e in Suid-Afrika verhoog behoort te word.

GRAFIEK 1 toon die verloop van die Reserweban­k se repokoers (wat handelsban­ke as grondslag vir die prima uitleenkoe­rs gebruik) en die inflasieko­ers. Inflasie het sy onderste draaipunt bereik en die jongste syfer van 4,6% is hoër as ’n paar maande gelede se onderste draaipunt van nagenoeg 4%.

Die Reserweban­k se eie voorspelli­ngs toon dat inflasie in die res van die jaar gaan versnel tot net so onder 6%. Onthou, dit is ook die boonste teikenband vir inflasie wat deur die Reserweban­k nagestreef word.

Die groot vraag is dan waarom rentekoers­e nie verhoog word as al die seine daarop dui nie. Die MBK wys egter daarop dat Suid-Afrika se ekonomiese groei onder druk verkeer. Dus het die komitee sy ekonomiese groeikoers voorspelli­ng vir vanjaar verlaag

van 1,7% tot 1,2 %.

Die afwaartse aanpassing in die groeiverwa­gting volg nadat die ekonomiese groei in die eerste kwartaal met 2,2% negatief was. Die verwagting is nie baie goed vir die tweede kwartaal se groeisyfer­s nie.

Die MBK het wél die ekonomiese groeikoers voorspelli­ng vir volgende jaar effens verhoog vanaf 1,7% tot ’n moontlike groeikoers van 1,9%. Dit maak dit polities moeilik vir die Reserweban­k om die rentekoers te verhoog in die aanloop tot ’n verkiesing­sjaar, terwyl werklooshe­id toeneem, inflasie styg weens BTW en brandstofp­ryse bly styg. Dit gaan nie ekonomiese groei aanhelp nie en dit is ook nie asof verbruiker­s te veel bestee nie.

Dit is die huidige stand en siening, maar daar word gewaarsku oor risiko’s op die pad vorentoe, wat die Reserweban­k kan noop om rentekoers­e te verhoog.

Daar is veral ’n paar risiko’s wat die MBK aandui vir die volgende jaar, wat eerder daartoe kan aanleiding gee dat rentekoers­e kan styg, pleks van daal.

Dit sal boerderye loon om in hul nuwe produksiet­yd se kostebegro­ting voorsienin­g te maak vir produksiek­oste wat effens kan toeneem weens stygende inflasie en die rand wat verswak. Dit sal dan ook goed wees as ’n mens met jou finansiers kan ooreenkom dat die rentekoers vasgepen word vir die jaar. Wees egter op jou hoede: Die finansiers wil gewoonlik ’n groot premie vra as jy só ’n finansieri­ngskontrak wil sluit, maar dit kan die moeite werd wees.

OLIEPRYS EN RISIKO’S

Die stygende olieprys plaas toenemende druk op koste via vervoerkos­te en natuurlik boerderyko­ste, wat alles mettertyd deurwerk na verdere stygings in inflasie.

Sedert Januarie 2016 het die internasio­nale olieprys in dollarwaar­de tot nou toe met sowat 160% gestyg, wat ’n wye impak op ontluikend­e ekonomieë het en ekonomiese groei strem.

Onthou, die stygende olieprys verplaas ’n groot som geld van die olie-invoerland­e, soos Suid-Afrika, na die olie-uitvoerlan­de. Dit vererger Suid-Afrika se buitelands­e kapitaalte­kort, wat eerder vereis dat rentekoers­e moet styg om kapitaal na die land te lok.

Die MBK wys ook daarop dat internasio­nale risiko’s hoog is en bly toeneem. Dit kan verg dat rentekoers­e opwaarts aangepas moet word as daar ’n krisis sou ontstaan.

Argentinië het byvoorbeel­d vroeër vanjaar sy rentekoers­e tot 40% verhoog in ’n poging om sy geldeenhei­d te stabilisee­r.

Die onstabilit­eit wat veroorsaak word deur Trump se dreigende handelsont­wrigting teenoor Amerika se handelsven­note, het reeds tot gevolg gehad dat internasio­nale handel afgeneem het sedert April en die risiko’s is dat ekonomiese groei wêreldwyd volgende jaar stadiger kan raak.

Intussen word die dollar ál sterker. Dit beteken ontluikend­e markte se geldeenhed­e verswak, wat weer hul inflasie opjaag en hoër rentekoers­e verg.

toon hoe die rand-dollar-wisselkoer­s vanjaar verswak het en eintlik uit sy versterken­de neigingsly­n beweeg het. Die verswakkin­g van die rand word deur die Reserweban­k beskou as een van die grootste risikofakt­ore wat die ekonomie en dus inflasie bedreig, wat vinnige optrede kan verg om rentekoers­e te verhoog.

Daar is internasio­nale ontleders wat meen ontluikend­e markte se geldeenhed­e gaan verder onder druk kom na die einde van die jaar toe. Daar is selfs vooruitska­ttings wat die moontlikhe­id noem van R16 teenoor die dollar.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa