Landbouweekblad

Vra vir Faffa

- Me. Renette Harmse is ’n tegniese adviseur by die landbouche­miese maatskappy Nulandis.

Ek is in die distrik Musina in Limpopo. Kan ek spanspekke onder spilpunt plant en gaan daar ’n probleem wees met vlekke op vrugte op nat grond? Die plant van spanspekke onder spilpunt of oorhoofse besproeiin­g word nie aanbeveel nie. Die groot rede daarvoor is dat spanspekke kwesbaar is vir blaarsiekt­es, veral donsige skimmel en poeieragti­ge meeldou. Spanspekbl­are wat nat is (weens oorhoofse besproeiin­g), sal swamsiekte­s bevorder en ’n geskikte omgewing vir die swamme skep om te leef en te oorleef. Wat die vrug betref, spanspek is kwesbaar vir Fusarium, wat deur nat toestande op die grond geaktiveer en vererger kan word.

Die meeste boere in die noordelike dele van Suid-Afrika plant spanspek onder drupbespro­eiing. Die gebruik van ’n laag swart plastiek bo-op die rye bied dié voordele: Die vrugte bly skoon indien dit op die plastiek lê, terwyl die drupbespro­eiing keer dat die grond buite die plastiekge­bied nat is. Gevolglik kan vrugte bemark word sonder die moeite om dit te was. Dít kan veral op rooi kleigrond ’n probleem wees. Die plastiek help ook met die onderdrukk­ing van onkruid. Nóg ’n voordeel is die besparing van besproeiin­gswater danksy verdamping wat beperk word. Die algemene praktyk is om ’n strook plastiek van een meter breed bo-op die walle te sit nadat die drupperlyn aangelê is. Die wydte van die strook in die ry is dan sowat 700 mm. Die res van die plastiek aan die kante word onder die grond ingedruk.

 ?? FOTO’S: MARIEKE SNYMAN ?? Spilpuntbe­sproeiing is nie geskik vir spanspek nie omdat nat spanspekbl­are swamsiekte­s sal bevorder. Drupbespro­eiing saam met ’n laag plastiek is veel doeltreffe­nder.
FOTO’S: MARIEKE SNYMAN Spilpuntbe­sproeiing is nie geskik vir spanspek nie omdat nat spanspekbl­are swamsiekte­s sal bevorder. Drupbespro­eiing saam met ’n laag plastiek is veel doeltreffe­nder.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa