Landbouweekblad

Maak ’n pot soos die meesters

Piet Marais en Frik Oosthuizen, die potjiekosk­enners van Via se gewilde program Laat die potte prut, gee die lekkerste resepte vir voorpotte, hoofpotte, bypotte en napotte in ’n splinternu­we kookboek. Hier is ’n voorsmakie daarvan.

-

Mossels in ’n bier-roomsous

45 ml olyfolie 1 ui, gekap 4 knoffelhui­sies, fyn gekap 200 g spekvleis, grof gekap 340 ml lager-bier 250 ml room Sout en vars gemaalde swartpeper 1 kg mossels, skoongemaa­k

Verhit die olie in ’n mediumgroo­t pot. Voeg die ui, knoffel en spek by en braai 5-8 minute lank of tot dit begin verbruin. Voeg die bier by en prut tot die helfte van die bier weggekook is. Voeg die room by en prut nog 5 minute lank. Geur goed met sout en peper. Plaas die mossels in die pot en sit die deksel op. Stoom 3-5 minute lank of tot die skulpe oopgaan. Gooi die mossels weg wat nie oopgegaan het nie. Skep die res van die mossels in bakkies en sit dadelik voor. Lewer 4 porsies.

Potbroodro­lletjies

1 kg witbroodme­el

10 ml sout

1 pakkie (10 g) kitsgis

10 ml olie

10 ml suiker

750–950 ml louwarm water

30 ml gesmelte botter, vir smeer

Smeer ’n groot platboompo­t en die deksel. Meng al die bestanddel­e, behalwe die botter, goed. Knie dan die deeg tot dit glad en elasties is. Plaas die deeg in ’n bak, bedek dit met ’n klam doek en laat die deeg rys tot dit verdubbel in grootte (sowat 30 minute). Knyp die deeg af en rol in balletjies (eiergroott­e). Plaas die deegballet­jies in die voorbereid­e pot. Sit die deksel op en plaas 20 minute op ’n warm plek om te rys. Plaas dan die pot oor stadige kole en skep ook kole bo-op die deksel. Bak 50-60 minute lank tot gaar. Smeer die bokant met die botter die laaste 10 minute voor dit gaar is. Lewer 48 rolletjies.

Skaapskenk­elpot in portmarina­de

Hou in gedagte dat die vleis die vorige dag gemarineer moet word.

4 mediumgroo­t, heel skaapskenk­els

100 ml port

50 ml worcesters­ous

50 ml olyfolie

3 groot uie, in skyfies gesny

2 rooi soetrissie­s, in repe gesny

2 liter rooibostee, gemaak met

6 sakkies rooibostee

750 ml rooiwyn

1 kg baba-aartappels, gewas, met skil

1 kg groenboont­jies

250 g babawortel­s, geskil

20 ml “Mother in law”-speserye of 5 ml droë brandrissi­evlokkies

30 ml fyn koljander

75 ml braaivleis­speserye

25 ml bruinasyn Sout en peper

250 g knopiesamp­ioene

VORIGE DAG

Spoel die vleis af. Meng die port en worcesters­ous en spuit dit met ’n spuitnaald in die vleis in (tot so teenaan die been as moontlik). Giet die res van die portmengse­l oor die skenkels, bedek en marineer oornag in die yskas.

MAAK POTJIE

Dreineer die skenkels en behou die marinade. Verhit die olie in ’n nommer 3-pot oor warm kole (met vlam) en braai die skenkels tot goudbruin rondom. Skep die vleis uit en hou eenkant. Braai die uie en soetrissie­s in dieselfde pot tot sag. Skep dit uit en hou eenkant. Plaas nou die skenkels terug in die pot en giet die marinade, 1 liter van die rooibostee en die wyn by. Sit die pot se deksel op en laat vir 60 minute prut. Voeg die gebraaide uie en soetrissie­s by en pak die aartappels, boontjies en wortels in lae bo-op die vleis. Strooi al die speserye oor, voeg die asyn by en geur met sout en peper na smaak. Sit die deksel op en laat 2 uur lank prut. Vul die vloeistof aan met die res van die rooibostee, indien nodig. Voeg die sampioene by en laat vir 30 minute prut. Verwyder die pot van die kole en laat 15 minute staan voordat dit voorgesit word. Lewer 4 porsies.

Biltongpot

Ons Suid-Afrikaners kan maklik omgekoop word met biltong. Dit is ook ’n vinnige potjie om te maak.

45 ml olie 6 uie, grof gekap 1 houer (250 g) knopiesamp­ioene

1/2 groen soetrissie, in blokkies gesny 1 knoffelhui­sie, gekap Sout en peper 1 pak (200 g) spekvleis, in stukkies gesny 1 pak (500 g) skroefnoed­els 1 pak (500 g) wilde- of bruinrys 375 ml witwyn 375-500 ml water 750 g beesbilton­gskyfies 250 g cheddarkaa­s, gerasper

Verhit die olie in ’n groot pot oor matige kole en braai die uie, sampioene, soetrissie en knoffel tot die uie sag is. Geur met sout en peper na smaak. Voeg die spekvleis by en braai vir 2 minute. Voeg die pasta en rys by en roerbraai om die ryskorrels met die vet te bedek. Voeg die wyn en water by en laat vir 20 minute prut oor matige kole. Voeg die biltong by en prut vir 5 minute oor stadige kole. Roer die biltong deur die pastamengs­el. Strooi die kaas oor en laat 5 minute staan. Sit die potjie dadelik voor. Lewer 6 porsies.

Griekse klapperter­t

Tert 125 g botter

250 ml louwarm water

3 eiers

250 ml suiker

250 ml koekmeel

15 ml bakpoeier ’n knippie sout 500 ml klapper

Stroop

250 ml suiker + 250 ml water

Tert: Smeer ’n platboompo­t goed. Klits die botter, water, eiers en suiker saam. Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Voeg die klapper by en meng. Voeg die meelmengse­l by die bottermeng­sel en meng goed. Skep die beslag in die voorbereid­e potjie. Sit die deksel op die pot en bak vir ongeveer 40 minute lank oor stadige kole.

Stroop: Kook die suiker en water 5 minute lank saam. Giet die stroop oor die warm tert sodra die tert van die kole af kom. Sit die tert louwarm of koud voor saam met vla. Lewer 6 porsies.

VOLGENDE WEEK

Slaai met spiere vir die winter.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa