Landbouweekblad

Veeverslag

-

BOERE in die wintereëns­treek van Suid-Afrika moet in hul pasoppens wees vir uitbreking­s van bruin maagwurm nadat milde reën geval het. Hierdie bosluise kan veral ná ’n ernstige droogte probleme by vee veroorsaak.

Dr. Faffa Malan, bestuurder van die Herkouerve­terinêre Vereniging van Suid-Afrika (RuVASA), sê in sy Junie-verslag oor siektes wat deur veeartse in Suid-Afrika aangemeld is boere behoort in elk geval gereeld die vyfpuntpla­n te gebruik om op die hoogte van kuddegeson­dheid te bly. Dit behels die volgende aksies: Ondersoek die neusarea vir neusvliegl­arwes (neuswurm), longwurm, longontste­king, bloutong en ammoniak. Ondersoek die oog vir bloedarmoe­de wat deur haarwurm, haakwurm, grootbekwu­rm, lewerslakw­urm en peervormig­e slakwurm veroorsaak word. Ondersoek die skaap vir ’n kwakkeel weens haarwurm, lewerslakw­urm en peervormig­e slakwurm. Kondisiete­lling omdat bruinmaagw­urm, maagbankro­twurm, bankrotwur­m, langnek-bankrotwur­m, witbankrot­wurm, knoppieswu­rm, grootbekwu­rm, sambokwurm, peervormig­e slakwurm en lintwurm die dier se kondisie kan laat verswak. Vuilbroekt­elling weens besmetting­s van bruinmaagw­urm, maagbankro­twurm, bankrotwur­m, langnek-bankrotwur­m, witbankrot­wurm, knoppieswu­rm, grootbekwu­rm, sambokwurm, peervormig­e slakwurm, lintwurm en koksidiose. Vir meer inligting daaroor besoek die rubriek Vra vir Faffa op Landbou.com (https://bit. ly/2O9lfOg)

Haarwurmbe­smettings is ook in sewe provinsies deur veeartse aangemeld. Baie boere dink hierdie wurms is in die winter dormant, maar dit is nie heeltemal waar nie, sê Malan. Simptome wat op besmetting dui, is kwakkeel en bloedarmoe­de.

Kriptospor­idiose saam met patogenies­e Escherichi­a coli veroorsaak steeds groot probleme vir bees-, skaap- en bokboere. Jong diere is uiters kwesbaar. Biosekerhe­id moet te alle tye op die hoogste vlak toegepas word. Boere moet ooie en koeie se immuniteit op die hoogste vlak hou sodat hul bies, wat met passiewe immuniteit verband hou, hul lammers en kalwers kan beskerm.

Die TABEL som siektes en toestande op wat gedurende Junie by RuVASA aangemeld is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa