Landbouweekblad

Angus gesels

Groen gras, spierwit sandkuile en die diepblou see maak Mosselbaai se Pinnacle Point-baan werklik spesiaal.

-

As ek terugdink aan my eerste en enigste ronde op Pinnacle Point by Mosselbaai, onthou ek die volgende: Die asemrowend­e uitsig van die klubhuis af oor die diep, blou Indiese Oseaan; Die vars seelug en die fynbosreuk wat veral ’n Karooboer kan betower; Die dramatiese ontwerp van die putjies wat teen die kranse ver bokant die branders uitgekerf is; Die lang-lang sandkuil van 300 m, net links van die 18de putjie, ’n afdraande syfer 5 van 463 m; En seker die lekkerste vier syfer 3-putjies wat ek tot nog toe op een baan beleef het. Ek wonder ook hoe ouens met hoogtevree­s die kwaai afdraande-rit met die gholfkarre­tjiepaadji­es, met die rotse en wit skuim daar doer onder, oorleef.

Dit is ’n mooi plek hierdie, en ’n “moet speel”-baan wat natuurlik ook in ’n uitmuntend­e toestand is – hulle ontsout blykbaar self al hul besproeiin­gswater.

MIN STRUIKELBL­OKKE

Pinnacle Point is in 2006 ontwerp deur Peter Matcovitch en Darren Clarke, ’n voormalige Britste Ope-kampioen. Dit is heel speelbaar vanaf die geel bowwe se 5 750 m. Maar dis eintlik die sewe of wat putjies op die rand van die kranse wat die baan maak – soos veral die 13de putjie (syfer 3) van 125 m.

Die sewende en negende putjies is nóg treffende syfer 3’s – eersgenoem­de met ’n setperk wat ook as walvis-uitkykpunt kan dien; laasgenoem­de met ’n setperk wat net mooi tussen die klubhuis en die see inpas.

Die res van die baan het genoeg sandkuile en kontoere om dit interessan­t te maak, maar daar is min bome en geen varswaterh­indernisse om jou bofhoue te beperk nie.

WINDLAWAAI

Kyk egter eers mooi na die weervoorsp­elling voor jy ’n ronde bespreek, want die wind kan jou dag bitter moeilik maak. Die Nomads het glo op so ’n onstuimige dag ’n kompetisie gehou waarin spelers moes raai hoeveel balle deelnemers met verloop van die spel sou verloor! Ekstra tyd by die pragtige 19de putjie sal egter vergoed vir sulke tye.

WAARDEER JOU EIE

’n Mens kan jou amper nie indink dat Pinnacle Point geklop kan word wat ligging betref nie, maar as jy dalk ’n vakansie NieuSeelan­d toe beplan, daar in Hawkesbaai lê ’n baan wat plek-plek selfs skouspelag­tiger is. Cape Kidnappers is 140 m bo seevlak en ’n balletjie hang glo vir 14 sekondes in die lug voor dit doer onder in die water plons. Die baan is deel van ’n groot private wildreserv­aat, wat voorheen ’n Merino-plaas was en dus die klubhuis se skeerhuis-tema geïnspiree­r het. Dit kos egter meer as R3 000 per ronde – en dit net vir die gholf.

Dit kan dan ’n duur uitstappie wees as vroulief en Boeta wil saamspeel. Dalk moet ons die waarde vir geld wat ons op ons eie bane kry, meer waardeer. 044 606 5300; golfbookin­gs@pinnaclepo­intestate.co.za

 ?? FOTO: PINNACLE POINT ?? Die agttiende putjie op die voorgrond, met die negende setperk tussen die klubhuis en die see.
FOTO: PINNACLE POINT Die agttiende putjie op die voorgrond, met die negende setperk tussen die klubhuis en die see.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa