Landbouweekblad

Wynbrokkie­s

-

’N STUKKIE PORTUGAL IN DIE SWARTLAND Die vlagskipwy­n Três Vermelhos van Allesverlo­ren, die oudste wynlandgoe­d in die Swartland, is die perfekte pasmaat vir ’n sappige steak. Dié rooi versnit word gemaak van drie Portugese kultivars (Souzão, Tinta Barocca en Touriga Nacional) wat uitstekend aard in die Swartlands­e klimaat. Mnr. Wilhelm de Vries, wynmaker op Allesverlo­ren, vertel meer.

Waar het jul liefde vir die Portugese kultivars (soos wat julle in jul vlagskipwy­n Três

Vermelhos gebruik) ontstaan?

Mnr. Fanie Malan, die huidige eienaar (Danie) se pa, het ’n groot liefde vir port-styl wyne gehad. Hy was ook die eerste mens in Suid-Afrika wat Portugese kultivars aangeplant het. Distell het baie van die oorspronkl­ike proewe met Portugese kultivars in Suid-Afrika op Allesverlo­ren gedoen.

Hoekom aard die kultivars so goed in die Swartland?

Die klimaat is soortgelyk aan dié van die Douro-gebied in Portugal, waar port-wyne oorspronkl­ik vandaan kom.

Danie sê graag: “Ek is ’n boer wat wyn maak, en nie ’n wynmaker wat boer nie.” Wat is die onderskeid?

Dit gaan oor ’n aanvoeling vir die natuur. Ons weet wat die plant nodig het, en maak dus wyn van druiwe wat kom van gesonde, gebalansee­rde stokke. Ons plaas nie druk op die wingerd om iets te gee soos ons dit wil hê nie, maar werk eerder met dit waarmee die wingerd gemaklik is.

Waar kom die plaas aan sy naam?

Destyds moes die eienaars op Stellenbos­ch kerk toe gaan en aankope doen. Dit was ’n ekspedisie wat twee weke geduur het. Een keer, met hul terugkeer in 1704, het die plaashuis afgebrand en die plaas is vernietig. Vandaar die naam Allesverlo­ren, wat ironies is, want sedertdien het Allesverlo­ren net van krag tot krag gegaan.

Wat is jou gunsteling-wyn-enkos-pasmaat vir die winter?

Allesverlo­ren Shiraz saam met beesstert – en ’n vuur wat op die agtergrond knetter.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa