Landbouweekblad

Grondhervo­rming: ANC ‘sal produktiew­e plase uitlos’

- FREDALETTE UYS — JOYLENE VAN WYK

LANDBOUGRO­ND wat reeds produktief aangewend word, is nie in die ANC se visier vir onteiening sonder vergoeding nie. En, nee, dit is ook nie net wit boere se onbewerkte of onbenutte grond wat in die spervuur is nie.

Dít was mnr. Paul Mashatile, tesourier-generaal van die ANC, se antwoord op ’n vraag van Landbouwee­kblad om dit duidelik te maak of die ANC net die grond van wit boere wil onteien. Hy was ’n spreker by die Kaapse Persklub.

Dít kom ná ’n onlangse uitlating van mnr. Ace Magashule, die se sekretaris-generaal, ná afloop van die party se provinsial­e konferensi­e in KwaZulu-Natal. Magashule het gesê die ANC sal grondontei­ening sonder vergoeding met oortuiging najaag, met spesiale klem op die bykans 80% grond in die hande van die “wit gemeenskap wat afstammeli­nge van die eertydse kolonialis­te is”.

ALLE GROND

Volgens Mashatile word alle grond oorweeg – ook staatsgron­d – en nie net dié van wit boere nie.

Hy sê die ANC het op sy 54ste konferensi­e besluit om onteiening sonder vergoeding te ondersoek omdat ingrypings in die verlede rakende grondhervo­rming nie goed gevorder het nie.

Die party voel sterk daaroor dat die kwessie ordelik hanteer moet word. “Dit is nie grondgryp nie, inteendeel dit sal grondgryp voorkom.”

Die gedagte is ook dat aangesien die staat die onteiening­sproses sal hanteer en die grond sal verdeel, grondbeset­tings uitgeskake­l kan word.

“Die Regering moet die een wees wat die grond identifise­er wat onteien moet word en daar moenie net op private grond gekonsentr­eer word nie.

“Daar is staatsdepa­rtemente en staatsenti­teite wat groot stukke grond besit, en daar is grond wat onbenut is, ook waar die eienaar afwesig is. Ons moet na al hierdie grond kyk om te verseker dat mense toegang tot grond het.

“In landelike gebiede moet primêr gekyk word na grond vir bewerking.”

Hy sê boere sal egter nie, soos in die verlede, bloot grond ontvang sonder voldoende ondersteun­ing nie.

‘GUNSTIGE SKUIF’

Mashatile sê kommersiël­e boere het hom vroeër vanjaar genader, want hulle wou hul hulp aan pres. Cyril Ramaphosa bied.

“Daar is mense wat dink dit is ’n gunstige skuif, want wanneer jy toegang tot grond aan almal bied, verminder jy konflik. Jy verseker ook dat daar niemand in Suid-Afrika is wat sal sê hulle is agtergelaa­t nie.”

Hy het ook verduideli­k waarom daar nie pogings is om die grond onder tradisione­le leierskap te onteien en herverdeel nie. Daardie grond is reeds deel van die 13% grond in swart besit. Al

wat daar moet gebeur, is dat die bewoners titelaktes moet kry om te voorkom dat hul verblyfreg afhang van die besluite van tradisione­le leiers.

VOORWAARTS

Intussen het mnr. David Makhura, Gautengse voorsitter van die

ANC, ná afloop van die party se onlangse provinsial­e kongres in Gauteng aangekondi­g die party gaan nie wag vir die grondwetli­ke hersiening s komitees e proses om voltooi te word voor grond vinniger beskikbaar gestel sal word vir behuising, nywerheids­ontwikkeli­nge n boerdery nie.

Dit sal geskied deur die vrystellin­g van staatsgron­d en private grond wat sonder vergoeding onteien moet word. Die provinsial­e regering het saam met die munisipali­teite ’n omvattende plan daarvoor ontwikkel wat onmiddelli­k toegepas sal word.

“Ons sal grond gee aan mense wat self huise wil bou. Ons sal ook grond vrystel aan diegene in veral informele nedersetti­ngs wat hul eie ondernemin­gs wil begin.”

 ??  ?? Mnr. Paul Mashatile
Mnr. Paul Mashatile

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa