Suiwel: Dís waarom produktiewe plase sluit
Dekades oue Vrystaatse melkplase sluit vandeesmaand hul deure, maar die ironie is dat melkproduksie op nasionale vlak ondanks dalende getalle boere blý groei. CARIEN KRUGER berig.
DIE melkbedryf is in wese gesond en plaaslike boere word al jare lank, sonder dat hulle staatshulp ontvang, as van die bestes ter wêreld beskou.
Só sê dr. Chris van Dijk, uitvoerende hoof van die Melkprodusente-organisasie (MPO), in reaksie op ’n verklaring deur mnr. Wouter Wessels, VF Plus-woordvoerder oor landbou, dat daar ’n krisis in die bedryf is en dat die skuld voor die Regering se deur gelê moet word.
Wessels se verklaring het gevolg op berigte oor die groot afname in Vrystaatse melkboere en ’n boer wat 6 000 liter melk op die grond laat uitloop het om die aandag daarop te vestig.
Van Dijk sê die melkbedryf ondergaan al etlike jare lank groot strukturele veranderinge.
Terwyl die getal melkboere in die binnelandse provinsies skerp afgeneem het, groei die totale nasionale produksie danksy groei in die kusprovinsies.
“Dit is dus nie korrek om te veralgemeen dat daar ’n krisis onder Suid-Afrikaanse melkboere is nie.”
Dit blyk boonop ook dat melk van sekere van die Vrystaatse boere wat nie meer opgelaai word nie, nie aan vereistes voldoen het nie, onder meer omdat water bygevoeg is.
Van Dijk sê 65% van die land se melkportale is nou in die Wes-Kaap, Oos-Kaap en KwaZulu-Natal, vergeleke met 43% in 2009. Dié drie provinsies lewer nou 84% van die land se melk.
WERKVERLIESE
Weens die strukturele veranderinge in die plaaslike melkbedryf sal die Regering volgens Van Dijk moeilik die binnelandse produksie van melk kan stimuleer en ondersteun.
Die Regering wil wel bestaansboere en kommunale boere aan die melkbedryf bekend stel. Daar is reeds suksesverhale van deelmelkstelsels en kommersiële boere wat as mentors optree.
Van Dijk sê werkverliese wat ontstaan waar melkboere produksie staak, is indringend deur die Nedlac-suiweltaakspan bespreek. Die verslag daaroor sal na verwagting binnekort aan mnr. Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, voorgelê word.
Van Dijk sê Wessels se kommentaar dat melkboerdery meer werkgeleenthede as graanboerdery skep, is nie noodwendig waar nie.
“Melkboerdery is in wese meer gemeganiseerd as graanboerdery, met presisieboerdery wat een van die redes is vir die sukses van boere wat dié beginsels noukeurig toepas.
“Daar is selfs boere wat nou begin oorbeweeg na robotmelkerye, wat hulle minder af- hanklik van arbeid maak.”
INVOER
Van Dijk betwis verder Wessels se uitlatings rakende die druk wat die invoer van melkprodukte veroorsaak, en oor die lae gehalte van ingevoerde produkte.
Suid-Afrikaners se verbruik van melk en suiwelprodukte staan nou op sowat 59 kg per kop per jaar, wat ’n styging van sowat 30% die afgelope paar jaar verteenwoordig, sê Van Dijk.
“Plaaslike produksie het, behalwe een of twee keer in die afgelope vyf jaar, jaarliks met 3% tot 4% gegroei.
“Met die groei in verbruik, veral van sekere verwerkte produkte, moet daar dus ingevoer word om in die vraag te voorsien.”
Van Dijk het ter voorbeeld genoem dat die verbruik van langlewemelk verlede jaar 9% hoër was as in 2016. Die 38 miljoen liter langlewemelk wat verlede jaar ingevoer is, verteenwoordig egter minder as 4% van plaaslik vervaardige langlewemelk.
Hy sê die 431 miljoen liter in- gevoerde melk waarna Wessels verwys, is eintlik melkekwivalent, wat die beraamde hoeveelheid melk is wat gebruik word om produkte te vervaardig. So is 1 kg kaas byvoorbeeld gelykstaande aan 10 liter melk.
Hy sê as die hoeveelheid langlewemelk wat ingevoer word, beter versprei word – dus nie alles in ’n kort tydperk en veral nie in die plaaslike hoëproduksietyd nie – sal dit nie die mark ontwrig nie.
Die MPO, Melk SA, die Suid-Afrikaanse Melk prosesseerder s organisasie( S amp r o) en vervaardigers van langlewemelk het vroeg in Junie besluit om ’n aansoek by die Kommissie vir Internasionale Handel s administrasie( I ta c) in te die nom’ n invoertarief op langlewemelk in te stel.
Hy sê toe daar in 1998 binne die Wêreldhandelsorganisasie oor nuwe tariewe onderhandel is, en ook toe Suid-Afrika die eerste keer met die Europese Unie (E U) oor’ n vrye handelsooreenkoms begin onderhandel het, was langlewemelk ’n weglaatbaar klein produk.
“Met verloop van tyd het dit egter ’n belangrike produk geword.”
Die bedryf beoog ook’ n aansoek om’ n beskermings maatreël ingevolge die huidige ekonomiese vennootskap s ooreenkoms tussen die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap en die EU. So ’n maatreël sal die lukrake invoer van langlewemelk help beheer, sê hy.
GEHALTE
Van Dijk sê alle ingevoerde produkte moet aan Suid-Afrikaanse vereistes vir gehalte en standaarde voldoen en vry wees van stowwe soos melamien en antibiotika. “Plaaslike en ingevoerde suiwelprodukte word deurlopend daarvoor getoets. Die afgelope drie jaar is geen ingevoerde produkte op grond daarvan afgekeur nie.”
Flokkulasie van langlewemelk is wel aangemeld, maar Van Dijk sê dit kom van tyd tot tyd ook by plaaslike melk voor. Die oorsake word nagevors.