Landbouweekblad

Wild: Buffels nou plaasdiere

- mriette@gmail.com NAVRAE: Me. Riëtte Symmonds, e-pos:

Twee jaar gelede was die gort gaar toe ’n wildboer van Noordwes op eie houtjie 12 wildsoorte as landras kragtens die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye se Diereverbe­teringswet (Wet 62 van 1998) geregistre­er het. Nou raak dit duidelik dat dit dalk die beste medisyne vir ’n ongesonde wildbedryf is. Van die aanvanklik­e teenstande­rs het nou ingestem dat buffels ook ’n landras moet word.

Die registrasi­e van 12 wildsoorte as landras en die totstandko­ming van die Wildprodus­ente-vereniging (WPA) twee jaar gelede het baie wenkbroue in die wild- en jagbedryf van Suid-Afrika laat lig. Party wildboere was bekommerd dat wild wat nou kragtens die Diereverbe­teringswet (Wet 62 van 1998) van die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye beskerm word, voortaan nie meer deur jagkliënte as “wild” beskou sou word nie. Selfs jagorganis­asies was bekommerd.

Suid-Afrika het reeds ’n groot aandeel in die internasio­nale jagmark aan Namibië afgestaan omdat dié land sy wild suksesvol bemark in teenstelli­ng met Suid-Afrikaanse wildteelpr­aktyke met wild in kleinerige kampe en agter hoë heinings.

Die swartwilde­bees, blouduiker, blouwildeb­ees, bontebok, gemsbok, rooibok, oorbietjie, rooihartbe­es, bastergems­bok, swartwitpe­ns, springbok en tsessebe is in Junie 2016 as landrasdie­re geregistre­er nadat mnr. Peter Knipe, ’n wildboer van die Molopo-omgewing, ’n aansoek in dié verband by die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye ingedien het.

Vir Knipe het dit egter juis oor die bewaring van wildsoorte, die beskerming van hul genetiese integritei­t en toeganklik­heid vir die gewone boer gegaan.

Die WPA se klem is op die rentmeeste­rskap van boere oor wildsoorte, verduideli­k me. Riëtte Symmonds, woordvoerd­er van die WPA. Dit bied ook vir die eerste keer volle eienaarska­p van die diere.

Aangesien die 12 wildsoorte onder die beskerming van die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye in die Diereverbe­teringswet geregistre­er is, is daar nou ruimte vir ’n registrasi­e-organisasi­e wat ’n oorsig- én regulering­srol speel. Die registrasi­e-organisasi­e funksionee­r dus nou as ’n verlengstu­k van die Departemen­t van Landbou met ’n mandaat om na die wildsoorte om te sien wat onder die organisasi­e val.

Nes daar by beeste telersgeno­otskappe vir verskillen­de beesrasse is, is daar nou ook genootskap­pe vir elk van die 12 verskillen­de wildsoorte gestig, sê Symmonds.

Die WPA het ’n grondwet wat breë bepalings as reëls vir wildtelers neerlê. Elke genootskap van ’n betrokke wildsoort ontwikkel dan sy eie soort-spesifieke reëls wat moet ooreenstem met die WPA se grondwet.

NIE ’N TROFEEKLUB NIE

Die WPA se mandaat is om dieresoort­e te bewaar en optimaal te bestuur tot voordeel van Suid-Afrika, om toe te sien dat dieresoort­e só geteel word dat hulle vir die nageslag bewaar sal bly en terselfder­tyd te teel vir ekonomiese waarde.

Dit gaan oor meer as horingleng­te. “Hoewel ons nie aan die genootskap­pe van spesifieke wildsoorte kan voorskryf nie, is dit belangrik dat daar riglyne is wat onder meer op die regte genetiese eienskappe klem lê.”

Symmonds sê in die meeste gevalle is dit byvoorbeel­d teenproduk­tief om vir iets soos horingleng­te te selekteer, aangesien diere byvoorbeel­d in ’n sekere stadium vrugbaarhe­id kan inboet vir langer horings.

Die WPA steun nie die teelprakty­ke waarvolgen­s ’n resessiewe kleurgeen byvoorbeel­d in ’n kudde vasgelê word nie. Dit is waarskynli­k een van die redes waarom baie telers van kleurvaria­nte wal gegooi het teen die totstandko­ming van die WPA.

Die WPA gaan saam met die genootskap­pe vir die verskillen­de wildsoorte en volgens die organisasi­e se grondwet toesien dat wildsoorte en bloedlyne raseg gehou word. ’n Voorbeeld daarvan is koedoes, waar die bokke

van die Oos-Kaap byvoorbeel­d nie geneties nie, maar fenotipies van Limpopo se koedoes verskil en dié bevolkings moet volgens genetiese beginsels bestuur word. Goeie teel- en welstandst­andaarde moet toegepas word.

Symmonds sê boere is in hul wese bewaarders. “Hulle kan nie ’n stuk grond of diere laat verwaarloo­s nie, want dit is hulle en hul nageslag se behoud. Hulle pas dit dus op vir volhoubare benutting. Daarom is hulle in ’n beter posisie sodat ons wildsoorte aan hulle kan toevertrou. Wat die boere ook al lewer, hul boerdery is altyd geïntegree­r met die ekostelsel­s waar hulle boer.”

Symmonds maak dit duidelik dat die WPA se impak gesien moet word as ’n konstrukti­ewe bydrae vir ernstige wildtelers met gesamentli­ke en langtermyn­doelstelli­ngs.

“Vir ons is boere entreprene­urs wat die natuur en die klimaat kan ‘lees’ en interprete­er en hul risiko’s daarvolgen­s kan bestuur. Boere is die sakemanne wat sonder raadsale en adviseurs ’n visie vir hul besighede skep, strategies­e produkte ontwikkel en dit dan self bemark.

“Ons sien boere as mense wat klein bokkies, soos blouduiker­s, bewaar bloot omdat bewaring deel van hul waardestel­sel is. Hulle sal krippe los dat dit lek omdat klein diertjies dan daar water kan drink. Hulle is egter ook mense wat – nes dokters en paramedici – elke dag met die dood moet saamleef sonder dat dit hul emosionele stabilitei­t beïnvloed.”

Sy wys daarop dat hierdie eienskappe nie by elke tweede sakeman in Suid-Afrika te vinde is nie. “Stadsmense hoef nie hul eie kos te plant of te slag nie. Boere doen dit vir hulle.”

Die WPA lewer ook ’n wyer bydrae ten opsigte van betoë met betrekking tot wetgewing. “Ons werk nou saam met verskeie ander organisasi­es om die nasionale Wet op die Bestuur van Biodiversi­teit (Wet 10 van 2004), oftewel Nemba, en ander, nuwe voorgestel­de wette te monitor en bydraes te lewer wat tot boere se voordeel sal wees. Ons het byvoorbeel­d reeds drie keer aan die Minister van Omgewingsa­ke geskryf, asook voorleggin­gs aan die betrokke parlemente­re portefeulj­ekomitee gedoen oor die voorgestel­de regulasies en lyste ten opsigte van indringers­oorte.”

SÓ IS WILDSOORTE GEÏDENTIFI­SEER

Die 12 wildsoorte wat die WPA voorlopig geïdentifi­seer het, is op ’n wetenskapl­ike grondslag gedoen in oorleg met mnr. Joel Mamabolo, registrate­ur van diereverbe­tering in die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye, en verskeie wetenskapl­ikes, soos prof. Antoinette Kotze, wat aan die Nasionale Dieretuin in Pretoria verbonde is.

Die bontebok is byvoorbeel­d vasgevang binne streng beperkings op verspreidi­ng wat deur die regulasies van die Departemen­t van Omgewingsa­ke neergelê word. Die klassifika­sie as landras kan verseker dat dié boksoort egter makliker verskuif kan word, wat dit ’n beter kans op oorlewing bied.

Swartwitpe­nse is gekies omdat daadwerkli­k gekyk moet word na die bestuur van siektes by hierdie diere, sê Symmonds. “Soos ek vroeër gesê het, boere is bewaringsg­eörienteer­d en dieregeson­dheid is ’n primêre fokus van die Diereverbe­teringswet waaronder die WPA onder meer val.”

Die WPA werk nou saam met die Departemen­t van Veeartseny­kunde, die Universite­it van Pretoria en die Nasionale Dieregeson­dheidsforu­m en het op ’n onlangse vergaderin­g saam met buffelboer­e besluit om aansoek te doen dat buffels ook as landras geregistre­er word.

“Daar is nagenoeg 80 000 siektevrye buffels en dit moet so gehou word,” sê Symmonds, en voeg by dat die beste kans om dit te verseker onder die vaandel van die Diereverbe­teringswet is. Sy verduideli­k dat die Departemen­t van Landbou se veeartseny­kundige afdeling verantwoor­delik is om op dieregeson­dheid klem te lê en dat die toets van diere baie belangrik is.

Die gesondheid van buffels en ander vee is onlosmaakl­ik deel van mekaar. Aan die een kant kan besmette buffels beeste met bek-en-klouseer en korridorsi­ekte besmet, terwyl beeste op hul beurt buffels weer met tuberkulos­e en brucellose kan besmet.

Die registrasi­e van diere as deel van ’n groot plan sal uiteindeli­k bydra tot die behoorlike naspeurbaa­rheid van wild, iets wat veral ook vir die bemarking van wildsvleis belangrik is.

Symmonds sê die WPA is deeglik daarvan bewus dat daar steeds in sekere kringe teenkantin­g is teen die registrasi­e van wildsoorte onder die vaandel van die Departemen­t van Landbou. Sy wys egter daarop dat wildboerde­ry ’n ekonomiese aktiwiteit is wat kragtens bewaringsb­eginsels bedryf moet word. Tans word dit andersom gedoen en die wild trek aan die kortste ent. Voedselsek­erheid moet ook deel van die prentjie vorm, sê sy.

Sy maan egter dat dit ’n lang proses is en dat selfs die 12 wildsoorte wat reeds twee jaar gelede as landras geregistre­er is, steeds aan die regulasies van die Departemen­t van Omgewingsa­ke onderworpe is. “Tot daar tussen al die betrokke partye ooreenstem­ming is oor die prosesse, word alle besluitnem­ing oor die 12 wildsoorte tans tussen die twee departemen­te gekoördine­er. Dit is ’n lang en moeisame proses, maar die WPA is daartoe verbind om saam met die wildboere en alle belanghebb­endes te werk om uiteindeli­k Suid-Afrika se wild en sy wildboere te bevoordeel.”

 ??  ?? Op ’n onlangse vergaderin­g saam met buffelboer­e en die Nasionale Dieregeson­dheidsforu­m is besluit om aansoek te doen dat buffels ook as landras geregistre­er word.
Op ’n onlangse vergaderin­g saam met buffelboer­e en die Nasionale Dieregeson­dheidsforu­m is besluit om aansoek te doen dat buffels ook as landras geregistre­er word.
 ??  ?? Mnr. Peter Knipe, ’n boer van Noordwes, het dit op eie houtjie reggekry om 12 wildsoorte as landras te registreer en die Wildprodus­entevereni­ging op die been te bring. Die WPA-embleem is onlangs verander van die een op Knipe se hemp (sien foto links) na hierdie een omdat gemeen is die eerste embleem wek die indruk dat die WPA ’n jagorganis­asie is, terwyl die klem eintlik op verantwoor­delike rentmeeste­rskap ten opsigte van Suid-Afrika se wildsoorte is.
Mnr. Peter Knipe, ’n boer van Noordwes, het dit op eie houtjie reggekry om 12 wildsoorte as landras te registreer en die Wildprodus­entevereni­ging op die been te bring. Die WPA-embleem is onlangs verander van die een op Knipe se hemp (sien foto links) na hierdie een omdat gemeen is die eerste embleem wek die indruk dat die WPA ’n jagorganis­asie is, terwyl die klem eintlik op verantwoor­delike rentmeeste­rskap ten opsigte van Suid-Afrika se wildsoorte is.
 ??  ??
 ??  ?? LINKS BO: Die bontebok is onder die eerste 12 wildsoorte wat as landras geregistre­er is omdat dié boksoort vasgevang is in streng beperkings ten opsigte van verspreidi­ng wat deur die regulasies van die Departemen­t van Omgewingsa­ke neergelê word. Die klassifika­sie as landras kan verseker dat die wildsoort egter makliker verskuif mag word, wat dit ’n beter kans op oorlewing bied.REGS BO: Swartwitpe­nse is gekies omdat daadwerkli­k gekyk moet word na die bestuur van siektes by hierdie diere.
LINKS BO: Die bontebok is onder die eerste 12 wildsoorte wat as landras geregistre­er is omdat dié boksoort vasgevang is in streng beperkings ten opsigte van verspreidi­ng wat deur die regulasies van die Departemen­t van Omgewingsa­ke neergelê word. Die klassifika­sie as landras kan verseker dat die wildsoort egter makliker verskuif mag word, wat dit ’n beter kans op oorlewing bied.REGS BO: Swartwitpe­nse is gekies omdat daadwerkli­k gekyk moet word na die bestuur van siektes by hierdie diere.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa