Wes-Kaapse landbousensus: Die wenners en die verloorders
Die Wes-Kaapse regering het onlangs ’n volledige landbousensus, ter waarde van sowat R8 miljoen, onderneem. Terwyl van die data staaf wat mense op die grond sien, was daar ook verrassende resultate in die vee- en pluimveebedryf, asook wat indiensneming be
Die afgelope vier jaar was daar in die Wes-Kaap ’n besliste skuif na besproeiingsgewasse met ’n hoë waarde en indiensnemingsvermoë, asook groter waterdoeltreffendheid.
Danksy die nuutste WesKaapse landbousensus kan belanghebbendes nou ’n duidelike prentjie kry oor wat van 2013 (toe die vorige sensus gedoen is) tot verlede jaar in die landbou in die provinsie gebeur het.
Volgens dr. Mike Wallace, ’n spesialiswetenskaplike by die provinsie se departement van landbou, verskaf die gedetailleerde inligting, wat onder meer met vlugte en ritte oor landelike gebiede en plase ingesamel is, ’n ruimtelike spoor oor die aktiwiteite en hulpbronne in die landbou.
“Dit is belangrik in ’n ontwikkelende land waar strawwe mededinging om grond is tussen boere, ontwikkelaars, bewaringskundiges en vir alternatiewe energie- en grondherDis Nie net sal die sensus ons help om besluitneming te bevorder nie, maar as ons dit met verloop van tyd monitor, kan ons ook ongeëwenaarde inligting kry oor die trajekte van verandering.”
Hoewel daar ’n magdom data uit die sensus gekom het, het prof. Ferdi Meyer, direkteur van die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP), en sy span uitgelig wat hulle as die belangrikste neigings oor die afgelope vier jaar beskou.
SKUIF NA HOËWAARDEGEWASSE
Die Wes-Kaapse landbou lyk deesdae effens anders as ’n paar gelede, veral omdat die sitrus- en bessiebedryf in die provinsie vlam gevat het. Wyndruiwe het ál minder geraak.
Volgens mnr. Johann Boonzaaier, landbou-ekonoom by BFAP, toon die sensus ’n duidelike skuif na uitheemse besproeiingsgewasse met ’n hoë waarde.
“Hierdie gewasse kan ekonomiese waarde ontsluit, maar ook werk skep.”
egter nie net sitrus en bessies waar jy kyk nie. Tafeldruiwe en olywe het ook ’n bietjie toegeneem.
“Ek sê altyd prys is die volmag vir beleggings. Die marginale prystoename per ton vir wyndruiwe, vergeleke met sagtesitrus, lemmetjies en suurlemoene en appels, het die weg gebaan vir die verandering. Aan die einde van die 1990’s was die rooiwynpryse baie hoog, maar daardie aanplantings beweeg nou, 20 jaar later, uit die stelsel uit.”
Volgens die sensussyfers het die gebied onder sitrus van 2013 tot 2017 met altesame 4 216 ha (sowat 39% toename) toegeneem, terwyl wyndruiwe oor altesame 16 848 ha (’n afname van 16%) uitgehaal is.
Maar appels moet met appels vergelyk word, of in hierdie geval, wyndruiwe met sitrus. Die waterbehoefte van die verskillende gewasse bepaal hoeveel aangeplant kan word.
“Die syfers hang baie af van klimaatstoestande, grond, ensovoorts, maar as wynvormingsdoeleindes.
druiwe argumentsonthalwe met 10 000 ha afgeneem het, laat dit jou net toe om dit met sowat 5 000 ha sitrus te vervang omdat daar net genoeg water daarvoor is. Dieselfde geld vroeë steenvrugkultivars, wat baie minder water as laat kultivars benodig.”
Wat die totale Wes-Kaapse vrugteproduksiegebied betref, was daar skerp afnames in die Drakenstein- en Wynlandgebied, hoofsaaklik omdat boere so baie wyndruiwe uitgehaal het. Toenames in sitrusproduksie is veral in die Langeberg-, Sederberg- en Bergriviergebied gesien.
Volgens me. Marion Delport, statistiese ontleder by BFAP, word baie van die sitrusboorde gevind op plekke waar daar in 2013 wingerd gestaan het, maar daar was ook nuwe kolle waar sitrus uitgebrei het.
“Dit is dus nie ’n uitgemaakte saak dat die wyngebiede met sitrus vervang word nie.”
Die Witzenberg-gebied het ook ’n paar hektaar steenvrugte en peerbome verloor, maar appels word in dié streek verkies. Neute en bessies het veral in die koeler George“Sedert omgewing in die Suid-Kaap toegeneem.
In die steenvrugkategorie het perskes afgeneem, terwyl meer appelkoosbome nou in die grond staan. Dié verandering word grootliks aangespoor deur die onstabiliteit in die inmaakbedryf. Die gebied onder neutproduksie (hoofsaaklik makadamias en amandels) het van 600 ha af verdubbel tot 1 200 ha.
Aan die groentefront het die droogte tot groot afnames in aartappel- en uie-landerye (onderskeidelik ’n afname van 20% en 48% in die provinsie) gelei. Dit was veral in die Witzenberg-gebied, rondom die stadsgebied van Kaapstad en in die distrik Matzikama.
INDIENSNEMING NIE SO ERG GERAAK
Werksgeleenthede in die provinsie se landbou is nie soveel laer as wat verwag is weens die droogtetoestande nie, sê mnr. Louw Pienaar van BFAP.
Die sensusresultate toon in 2013 was die Wes-Kaapse landbou se totale indiensneming 195 359, terwyl dit verlede jaar 191 340 was.
die begin van die droogte was daar ’n stelselmatige afname in indiensneming – ons het gedink sowat 20 000 tot 30 000 werksgeleenthede gaan in die slag bly in die twee jaar dat die droogte die bedryf getref het, maar die meeste boere het aan ons verduidelik dis seisoenale oesarbeid wat afgeneem het. Boere het nie so baie aartappels of uie geplant nie en dus nie die gewone seisoenale arbeid benut nie.”
Hoewel werksgeleenthede in die groenteen wyndruiwesektor gedaal het, het die uitbreidings in tafeldruiwe en sitrus weer van daardie werksgeleenthede gered.
Volgens Pienaar is daar ook heelwat kleiner bedrywe – soos die fynbos-, blomme- en bessiebedryf – wat arbeidsintensief is. Van dié bedrywe het nie voorheen bestaan nie, maar skep deesdae baie werk.
“Ons hoop sodra die droogte gebreek is, kan ons weer die hektare onder groente opstoot en hopelik ’n toename in arbeid sien, ook vanweë die kleiner bedrywe wat meer mense in diens neem.”
SKADUNETTE NEEM TOE
Bykans 17% van tamaties en 11% van die provinsie se slaai word onder skadunette of in tonnels gekweek.
Hierdie toename in skadunette lei tot doeltreffender water- en grondgebruik in die provinsie, meen Pienaar.
“Ek is egter bekommerd dat die sensusdata daarop dui dat vaste kapitaalbeleggings op plase aan die daal is. Rondom 2013-’14 het dit sowat R5 miljard beloop, maar dit het sedertdien tot R3 miljard gedaal. Ons besef daar is probleme, soos die droogte, wat in 2015 begin het, en die onsekerheid oor grond en markte, wat dit aanspoor. Dis egter kommerwekkend, want as boere nie elke jaar daarin belê nie, kan hul produktiwiteit op lang termyn nie groei nie.”
Aan die rooskleuriger kant is dat kapitaalbeleggings wel in die vorm van tonnels en skadunette plaasvind.
“Dit wys darem daar word nog belê en die tonnels is ook arbeidsintensief om op te rig. Dit is wat beleggings betref, maar oor die algemeen neem dié neiging af.”
Die nette en tonnels help om mikroklimate te skep waarin boere hopelik meer waterdoeltreffend kan wees en hul opbrengste kan vermeerder.
Pienaar sê meer nette en tonnels word vir groente (soos broccoli, tamaties, blomkool en komkommers) aangewend, maar dis veral in die boorde dat daar sedert 2013 ’n groot sprong plaasgevind het. Die skadunette is veral opsigtelik in sagtesitrusboorde.
“Bessieboerdery gebeur hoofsaaklik in tonnels, en ons sien daar ’n ongekende uitbreiding – veral bloubessies, maar ook frambose en aarbeie.”
Die sensus het ook die tipes besproeiing in ag geneem. Hoewel drupbesproeiing steeds toeneem, is die toename geknou deur die krimpende wynproduksiegebied.
Vloedbesproeiing het – weliswaar van ’n lae basis af – toegeneem, maar hoofsaaklik in die lusernproduksiegebiede in die Kannalanden Oudtshoorn-gebied. Daar is ook ’n bietjie meer spilpunte in die provinsie as tydens die vorige sensus.
GRAANGEWASSE
“Die totale mengsel van gewasse het betreklik konstant gebly; sowat 35% van die gebied word steeds vir kontantgewasse en 55% vir aangeplante weidings gebruik. Daar is ’n effense toename in onbewerkte grond (9%).
“Besliste streeksverskille was sigbaar. In die Swartland sien ons ’n skuif na kontantgewasse en onbewerkte lande, terwyl daar in die Suid-Kaap ’n skuif na voergewasse plaasgevind het,” sê Meyer.
Meyer sê daar was ook ’n groot afname in lupiene-aanplantings, maar lusern het veld gewen. “Daar is sowat 400 000 ha lusern in die provinsie; dit geniet die grootste aanplantings, baie meer as koring.” Gars, koring en kanola neem al drie toe. “Veral kanola het lekker gegroei, en dis danksy die uitbreiding in parsvermoë. Die oomblik dat jy ’n produk begin verwerk, raak die waarde van die olie en die koek die waarde van jou saad. Dis ’n prysformule wat waarde tot jou produk toevoeg.”
Volgens hom het kanola in 2012 begin “beweeg”, met ’n aanvanklike skerp toename en toe ’n stelselmatiger uitbreiding tot ’n langtermynverwagting van sowat 100 000 ha.
“Kanola is hoofsaaklik in die Suid-Kaap gekweek, maar nou word daar nie meer net koring (in die westelike streke) verbou nie. Kanola vorm ál meer deel van wisselboustelsels. Hoewel kanola sterk opval as ’n wisselbougewas, is hoër opbrengste nodig om die hektare te verhoog … die projeksie is dat sowat 200 000 ton kanola oor die volgende tien jaar gelewer gaan word. Ek meen daar is groot potensiaal. Ons hoogtepunt was 130 000 ton, wat tydens die droogte afgeneem het, maar dit kan weer toeneem.”
PLUIMVEE EN VOERKRALE GROEI
Een van die verrassings van die sensus was die groot ommeswaai in bees- en skaapvoerkrale in die provinsie. Beesvoerkrale het met 43% afgeneem het, terwyl skaapvoerkrale met 86% gegroei het.
“Die impak van die droogte het die speenkalfprys onbekostigbaar gemaak. Die grootste kuddegetalle is in die Vrystaat en in die noorde. Die basis waarvandaan voerkrale dus moes inkoop, was ver. Die mielieprys het ook die hoogte ingeskiet, daarom het beesvoerkrale in die Wes-Kaap nie meer ekonomies sin gemaak nie.”
Wat die groei in skaapvoerkrale betref, sê Meyer: “Die aankoopbasis is baie nader in die Karoo en die droër dele. Die Vrystaat en die noorde is ook nie meer so geskik vir skaap- en lamproduksie as die Wes-Kaap nie. Ek vermoed ’n strukturele verandering het plaasgevind wat nie sommer sal omdraai nie, tensy speenkalfpryse baie goedkoop raak. Dis ’n skuif wat ons sien wat ’n mededingende voordeel vir die Wes-Kaap bied.”
Van 2013 tot verlede jaar was daar ook ’n 12%-toename in hoenderhokke in die WesKaap. Meyer het na die verhouding tussen die hoender- en mielieprys gaan kyk om vas te stel waarom dit so is.
“In 2013 was die bedryf se winsgewendheid baie laag omdat die mielieprys weens die droogte wêreldwyd so hoog was. Teen 2015 het dit egter weer winsgewender geraak toe die pryse vir mielies daal, en dit het sin gemaak vir boere om in hokke te belê.”
Die grootste uitbreidings het waarskynlik in 2014 en 2015 gebeur, kort voor die droogte toegeslaan het.
“Die werklikheid is dat ons nou 12% meer hoenderhokke het waarin produkte gelewer kan word. Ons kan dus ’n betekenisvolle opswaai in hoenderproduksie in die provinsie sien, veral as voerpryse goed bly.”