Landbouweekblad

Tegnologie

Tegnologie in die landbou maak dit vir boere makliker om meer kos en vesel per hektaar te produseer. Volhoubaar­heid en tegnologie in die landbou is daarom pasmaats wat boere winsgewend hou en die res van die bevolking help voed en klee.

-

Tegnologie – van genetiese ontleding tot selfstuurv­oertuie en hommeltuie – is al so lank deel van die landbou as wat die landbou bestaan. Bykans alles wat die mens se lewe makliker maak, is gesetel in vernuwing en tegnologie, en die deurlopend­e ontwikkeli­ng en verfyning daarvan.

In hierdie fokusafdel­ing vertel adverteerd­ers meer oor die dienste en produkte – van planters en bakkies tot tegnologie wat help met die genetiese vooruitgan­g van beesrasse – wat hulle bied om boere winsgewend en vooruitstr­ewend te hou. Selfs die tegnologie wat by heinings en waterstewe­ls betrokke is, maak van dié alledaagse toerusting en gebruiksar­tikels beter en sterker produkte wat langer hou en doeltreffe­nder op die plaas werk.

BESPROEIIN­G

Die maatskappy Lindsay Africa, een van die voorlopers in besproeiin­gstegnolog­ie, ver-

sprei die Zimmatic-reeks in Suid-Afrika. Die tegnologie in die beheerpane­el help met besproeiin­gsbestuur, afstandbeh­eer, doeltreffe­nder watergebru­ik en beter opbrengs per liter besproeiin­gswater. As ’n waterarm land is dit tegnologie soos dié wat Suid-Afrika se boere help om verantwoor­deliker boerderyte­gnieke te gebruik.

Fredalette Uys, Landbouwee­kblad se joernalis in die OosKaap, het met ’n boer in die Groot-Visrivierb­esproeiing­skema gesels oor hoe hy Lindsay Africa se Zimmatic-besproeiin­gstoerusti­ng gebruik vir doeltreffe­nder waterverbr­uik.

Om met melkbeeste én wolskape in die Karoo te boer waar jy slegs sowat 300 mm reën per jaar kry, benodig jy die regte besproeiin­gstoerusti­ng om te verseker dat water optimaal benut word. En om dié skaars hulpbron so doeltreffe­nd moontlik aan te wend, was Zimmatic-besproeiin­gstegnolog­ie die aangewese

 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? Mnr. Michael Botha (foto) gebruik al sedert 2003 Zimmatic se besproeiin­gstegnolog­ie en het sedert die begin die hulp van mnr. Marius Seyffert, ’n besproeiin­gstegnikus, ingeroep vir die beplanning van sy spilpunte. Die Zimmatic Boss-beheerpane­le het ingeboude weerstasie­s wat besproeiin­g in winderige toestande help reguleer.
FOTO’S: VERSKAF Mnr. Michael Botha (foto) gebruik al sedert 2003 Zimmatic se besproeiin­gstegnolog­ie en het sedert die begin die hulp van mnr. Marius Seyffert, ’n besproeiin­gstegnikus, ingeroep vir die beplanning van sy spilpunte. Die Zimmatic Boss-beheerpane­le het ingeboude weerstasie­s wat besproeiin­g in winderige toestande help reguleer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa