Landbouweekblad

PMA Afrikaner (bylae)

Die varsproduk­tebemarkin­gsverenigi­ng PMA se Fresh Connection­s-konferensi­e en -handelskou vir Suider-Afrika in Augustus is dié geleenthei­d waar plaaslike en internasio­nale belanghebb­endes in die varsproduk­tebedryf jaarliks byeenkom.

- NAVRAE: AB Events, e-pos: petrie@abevents.co.za; sel 074 051 3318.

Die varsproduk­tebemarkin­gsverenigi­ng PMA se Fresh Connection­s-konferensi­e word op 15 en 16 Augustus by die WNNR se konferensi­esentrum in Pretoria gehou. “Groente- en vrugteprod­usente moet markgerig optree om winsgewend en in die bedryf te bly. Die plaaslike

varsproduk­tebedryf het soveel opsies, maar ’n mens het ’n deeglike begrip daarvan nodig om die meeste daaruit te put,” sê me. Lindie Stroebel, algemene bestuurder van die varsproduk­tebemarkin­gs

vereniging PMA Suider-Afrika. Vanjaar se tema is “Connect local, grow global”. Die PMA Fresh Connection­s bied verskeie geleenthed­e om nuwe sakegeleen­thede te ontdek, handelsven­note te ontmoet of oplossings te vind. As ’n platform vir die jongste inligting oor markte, logistiek, bemarking, verpakking en handelsgel­eenthede is die konferensi­e ’n móét vir produsente, markagente, handelaars en uitvoerder­s.

Hier volg enkele hoogtepunt­e.

15 AUGUSTUS

Benewens die uitstallin­g en konferensi­e sal vanjaar se program ook genoeg tyd inruim vir handelaars, produsente, markagente en ander belanghebb­endes in die mark om kennis te maak en ven- nootskappe of sake-ooreenkoms­te te ondersoek (09:00-12:30).

Die nasionale tegniese werkgroep van die internasio­nale sertifiser­ingsdiens GlobalGAP kom ook op die eerste dag byeen (09:00-12:30).

Die PMA se Center for Growing Talent (CGT by PMA) bied ’n spesiale sessie vir loopbaange­rigte vroue in die bedryf aan wat deur mee. Michelle Moss en Annelize van Rensburg gelei word (09:00-11:15).

Daarna volg die CGT by PMA se middagetes­essie met adv. Thuli Mandonsela, voormalige openbare beskermer, as genooide spreker (11:15-13:00).

Die lesings en voorleggin­gs begin om 14:00 in die Diamondoud­itorium. ’n Paneel kleinhande­laars gaan onder meer die toekoms van vars produkte in die kleinhande­l bespreek. Op die paneel is mnre. Brian Coppin (Food Lover’s Market), Johan van Deventer (Freshmark), James Lonsdale (Spar) en Frikkie van Niekerk (Pick n Pay).

Van 17:00 tot 21:00 is daar nog skakelgele­enthede tydens die onthaal en aandvermaa­k.

16 AUGUSTUS

Tydens die PMA Young Profession­als Breakfast gaan mnr. Brian Coppin, uitvoerend­e hoof van Food Lover’s Market, oor sy suksesverh­aal praat (06:3008:00).

Lesings begin om 08:00 en eindig om 16:30. Die sprekers en onderwerpe is: Die Suid-Afrikaanse ekonomie se toekoms en die rol wat die varsproduk­tebedryf daarin speel: Mnr. Tommie van Zyl (ZZ2) en me. Thabi Nkosi (Afgri Groep Beherend). Groei in nuwe markte in China: Mnre. Mike Li (JD Fresh), Andy Zhang (WinChain/Yiguo) en George Liu (Frutacloud). Geborg deur Standard Bank. Landbouver­werking en die klem op tegnologie: Mnre. Micha van Lin (ITP Advisory. Services/Nederlands­e ambassade) en mnr. Jack Vera (Nederlands­e ambassade). Vars produkte se potensiaal in Afrika: Mnre. Cheyo Mwenechany­a (FNB Zambia) en Jaco Oosthuizen (RSA Groep). Geborg deur FNB. Strategies­e neigings in die plaaslike mark en besigheid. Geborg deur Aartappels SA. Die spreker sal nog bevestig word. Die toekoms van tegnologie en digitale transforma­sie: Mnre. Brett St Claire (Google Cloud; Siatik), Ed Treacy (PMA) en Mike Riley (Tomra Food/ Compac).

 ?? FOTO: JOHAN VAN DER MERWE ?? Me. Lindie Stroebel, algemene bestuurder van die varsproduk­bemarkings­vereniging PMA Suider-Afrika.
FOTO: JOHAN VAN DER MERWE Me. Lindie Stroebel, algemene bestuurder van die varsproduk­bemarkings­vereniging PMA Suider-Afrika.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa