Landbouweekblad

Gesin: Die muilboere van Wupperthal

Henkie Ockhuis span Steenbok, Vlugbok, Bokveld en die res van sy goed versorgde muilspan elke oggend in, gereed vir alles van ploeg en plant tot matriekafs­keid en oesdagdemo­nstrasies.

-

Op Heiveld, ’n groente-en-rooibos-plaas tussen Clanwillia­m en Wupperthal, boer Hendrik “Henkie” Ockhuis en sy familie al vir drie dekades met die hulp van ’n muilspan.

“Ons het voor dit met donkies aangegaan, maar waar jy ses donkies gebruik, gebruik jy net vier muile,” sê Henkie. “Hier is ook nie kampe nie – die wêreld is oop. Vanaand loop die donkies, en môre kry ek net twee.”

In die veld vreet ’n muil beter as ’n perd, en sy dik huid en taai hoewe maak hom meer bestand teen uiterste hitte en koue. Boonop leer hy vinniger as ’n donkie. “Soms is hulle ’n bietjie steeks, maar as hulle eers geleer en aan die gang is, hoef jy nie bekommerd te wees jou werk gaan nie klaarkom nie.”

WAT IS ’N MUIL?

In Suid-Afrika is daar in die Afrikaanse volksmond soms ’n verwarring oor benaminge, skryf prof. Frans van der Merwe in ’n Landbouwee­kblad van 1980 (sien die kassie hier onder).

“Baie mense praat van ‘esels’ of ‘muilesels’ wanneer hulle muile bedoel. ’n Muil is die nageslag van die kruising tussen perd en donkie. Aangesien twee soorte en twee geslagte betrokke is, kan verder onderskei word tussen perdemuil, wat die nageslag is van ’n donkiehing­s en perdemerri­e, en donkie- muil, wat die nageslag van die omgekeerde kruising, ’n perdehings en donkiemerr­ie, is.

“In die kontrei waar ek grootgewor­d het, het ons maar altyd van esels gepraat. Die nageslag van ’n donkiehing­s en perdemerri­e was ’n esel, en die omgekeerde kruising

het donkie-esels gelewer, wat nou regtig ’n verkeerde benaming is, want die esel van die Bybel is inderwaarh­eid ’n donkie.

“Hoewel die muil heel gepas beskryf kan word as ‘ ’n dier sonder trots op sy ouers en sonder hoop op sy nageslag’, het die koning van die Hetiete reeds in 1960 v.C. die prys van ’n muil op 60 sikkels en dié van ’n perd op 20 sikkels gestel. Hy het waarskynli­k baie praktiese redes daarvoor gehad.”

Muile is vandag nog onontbeerl­ik op Heiveld. Met ploegtyd trek hulle die skaar: Twee word by die enkelskaar ingespan, vier by die tweeskaar en ses by die drieskaar. Hulle dra hout en dekriete al langs voetpaaie uit die berge waar ’n motor nie kan ry nie.

Op die Clanwillia­mskou en die jaarlikse oesdae by die Koringbedr­yfsmuseum op Moorreesbu­rg demonstree­r Henkie en sy trekdiere outydse boerderyte­gnieke, soos die sens, sekel en trapvloer.

Die muilkar ry selfs leerders matriekafs­keid toe.

VLUGBOK EN KIE.

Ses muile staan tans op Heiveld: Sonia, Tersia, Bokveld, Steenbok, Vlugbok en Queen. Vlugbok is so gedoop omdat sy aanvanklik baie wild was. “Sy het oor die drade gespring en wou met my tuie weghardloo­p,” sê Henkie.

As ’n muil reeds die toom en stang ken, is die beste manier om hom aan die tuig gewoond te kry saam met ’n maat wat reeds geleer is.

“As hulle eers saam ingespan is, kan die een wat aan ’t leer is maar skop en neuk tot hy bedaar en besef hy kom niks oor nie. Jy moet net versigtig wees dat daar nie iets gebeur wat nie moet gebeur nie. Op dag een moet jy nie ’n fout maak nie, anders sukkel jy vir die res van daardie muil se lewe.”

As ’n mens mooi na jou muil kyk, kan hy tot op 25 nog goed werk. “Frankfort, een van my eerste muile, werk nog naby Dieprivier, en is al oor 30.”

Henkie het nog nooit onder ’n muil se befaamde skop deurgeloop nie. “Een het my al getrap, maar dit was ’n ongeluk. Die halter het gebreek en die muil het in die lug in geklim, op sy agterpote. En daar val ek! Die een voet trap my skouer uit en die ander trap my maag vas.”

Gewoonlik verloop sake egter glad en mense stuur gereeld perde Heiveld toe om te leer karretjie trek.

“As jy ’n perd, donkie of muil wil leer werk, ry en trek of regkry vir ’n skou, is Henkie jou man,” sê Breyton Milford, bedryfsbes­tuurder van Agri-Expo. “Ál wat ’n boer is in die Clanwillia­m-omgewing – vir my voel dit al wat mens is – ken hom. Hy het ’n ongeloofli­ke slag met diere. Vir sy gemeenskap is hy goud werd.

“Agri-Expo het verlede jaar ’n groep jong boere van oor die hele Statebond na Heiveld geneem. Hier het ons ’n dag lank met Henkie deurgebrin­g en gesien tot wat hierdie groot gees alles in staat is.”

Die Australies­e boer Tim Eyes, wat op dié besoek was, skryf oor die demonstras­ies: “Sjoe, maar oom Henkie kan ploeg! Hy sal enige trekker of bestuurder, GPS en al, opdraande gee.

“Ons het ook gekyk hoe hulle sade van hawerbale kry. Henkie gaan koop eers die bale, sny dit en sprei dit op ’n sementblad uit. Dan stap hy met twee muile daarop om die sade uit te trap. Hy werk deur 50 bale om 75 kg saad te kry. Wanneer ek sade by die plaaslike winkel koop, dink ek nie twee keer daaroor nie!”

Wat Henkie op skoue en geleenthed­e doen, soos die Veteraantr­ekker-en-enjinklub se byeenkomst­e, is iets wat elke besoeker moet waardeer, sê Breyton. “Dis belangrik om die jonger geslag te wys hoe landboumet­odes vernuwe en tegnologie verander het, maar ook hoeveel harde werk dit verg om ’n land te ploeg, koring te dors en steeds na jou diere om te sien. Die jonger geslag boere ken nie dit nie, en as iemand soos Henkie dit nie vir ons wys nie, sou ons dit nooit kon sien nie.”

 ??  ??
 ?? FOTO: BREYTON MILFORD ?? Henkie en sy familie boer met groente en rooibos op die plaas Heiveld buite Wupperthal.
FOTO: BREYTON MILFORD Henkie en sy familie boer met groente en rooibos op die plaas Heiveld buite Wupperthal.
 ??  ?? Bokveld, een van die jongste muile op die plaas, raak ál ligter en gaan uiteindeli­k spierwit wees. Sy kom uit die Koue-Bokkeveld.
Bokveld, een van die jongste muile op die plaas, raak ál ligter en gaan uiteindeli­k spierwit wees. Sy kom uit die Koue-Bokkeveld.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa