Landbouweekblad

Slag-boereplan: Speel só klaar met borsbeen

- NAVRAE: Mnr. Wynand du Plessis, e-pos: oryx@vodamail.co.za; sel 072 766 1762.

Dis altyd ’n gesukkel as ’n jagter die bok wat hy geskiet het, se borsbeen wil oopmaak, veral as hy alleen is en die twee stelle ribbes uit mekaar moet hou én nog moet probeer om die borsbeen oop te saag. Die Vrystaatse wildboer mnr. Wynand du Plessis het die oplossing met sy borsbeenby­ltjie.

Met net ’n stukkie yster, twee houtblokki­es, baie verbeeldin­gskrag en die talent om iets uit niks te vervaardig, het mnr. Wynand du Plessis ’n vindingryk­e plan gemaak om ’n borsbeen-oopmaker te prakseer.

Hy boer met wild, beeste en skape saam met sy pa, Abrie, op die plaas Plessishoe­k in die distrik Boshof in die Vrystaat. Du Plessis is in beheer van die wildboerde­ry wat vir trofee- en biltongjag aangewend word en sy pa bestuur die veeboerder­y wat uit gemengde Brahmantip­e vleisbeest­e vir speenkalfp­roduksie en kommersiël­e Dorpers vir slaglamdoe­leindes bestaan.

Aanvanklik was daar net ’n veeafdelin­g. As hulle die veeboerder­y wou uitbrei, sou hulle nóg waterpyple­idings en krippe moes voorsien. Met wild is dit nie nodig nie, want bokke loop maklik groot afstande om te gaan suip. Nadat Du Plessis omstreeks 1999 by sy pa en ma Elsa op die plaas ingeval het, het hy ’n wildafdeli­ng begin vestig wat nie ekstra infrastruk­tuur sou verg nie.

Dit het goed uitgewerk en vandag boer hulle met elande, koedoes, gemsbokke, rooihartbe­este, rooibokke, springbokk­e, blesbokke, swartwilde­beeste, sebras, vlakvarke, rooi ribbokke en waterbokke.

Hoewel baie jagters trofeedier­e wil skiet, gaan die meeste mense daarheen vir biltongjag. Daarvoor het hulle goeie slaggeriew­e nodig. Hulle het ’n ruim slagafdak gebou met ’n sementvloe­r wat skuins afloop om van die bloedwater ontslae te raak. Daar is ook volop hangplek en ’n groot koelkamer.

Die jagters bly in ’n huis neffens die slagplek én daar is ’n lapa.

BORSBEEN-OOPMAKER

“’n Mens moet goeie slaggeriew­e hê as jy ’n goeie diens aan jagters wil lewer. Afskeepwer­k is nie goed genoeg nie, want dan kom hulle nie weer volgende jaar terug nie,” verduideli­k Du Plessis. Deel van dié diens is om die jagters se wild af te slag as hulle dit verkies. Dit is presies wat hy doen.

Hy dra groot sorg om nie vleis te beskadig nie. Een van die minder maklike take is om ’n karkas se borsbeen oop te saag sodat enige bloederigh­eid afgespuit kan word. Dis nóg moeiliker as die binnegoed nog in die karkas is, want dan kan ’n saag die pens of derms perforeer en die mis kan die vleis bemors.

Nie die borsbeen-oopmaker óf die vleishake (sien FOTO 6 ) het hom veel meer as ’n paar sweisstawe gekos nie, want Wynand het sommer afvalyster­s en ysterpale gebruik wat op die plaas was.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? 3VINNIG GEWERKNada­t die bok se buik oopgesny is, word die borsbeenby­ltjie met die insnyding na binne op die borsbeen geplaas en kragtig met ’n houthamer of houtblok getik, wat nie die werktuigie beskadig nie. Só sny die insnyding die borsbeen gou-gou van bo na onder oop.
3VINNIG GEWERKNada­t die bok se buik oopgesny is, word die borsbeenby­ltjie met die insnyding na binne op die borsbeen geplaas en kragtig met ’n houthamer of houtblok getik, wat nie die werktuigie beskadig nie. Só sny die insnyding die borsbeen gou-gou van bo na onder oop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa