Landbouweekblad

DIEANDERSÊ

-

Jy kan nie probleme wat dekades oud is, oplos deur dieselfde ding oor en oor te probeer en ’n ander uitkoms te verwag nie, skryf die finansiële joernalis Bruce Whitfield. Dit is tyd vir ’n noodtoesta­nd oor werkskeppi­ng.

Dit is tyd om die Ministerie vir Kleinsake te sluit, wat in die drie jaar sedert dit geskep is, niks van waarde gedoen het om die sektor wat hy dien, te versterk nie. Voeg dan die Ministerie­s van Ekonomiese Ontwikkeli­ng en Handel en Nywerheid saam en kry iemand wat respek het vir die konstrukti­ewe bydrae wat die sakesektor kan lewer, om aan die hoof daarvan te staan.

Navorsing van die Kleinsake-instituut (SBI) wat verlede week uitgereik is, wys dat 95% van ondernemin­gs in die OESO-lande klein en mediumgroo­t ondernemin­gs is, wat tot 70% van alle werkers in diens het. Hulle verteenwoo­rdig tot 60% van die BBP.

Die SBI-navorsing lê ’n paar ongemaklik­e waarhede bloot oor wat werklik in dié sektor aangaan:

Suid-Afrika het minder as 250 000 klein en mediumgroo­t ondernemin­gs – nie 6 miljoen soos voorheen geraam is nie. In Suid-Afrika word 56% van alle werkgeleen­thede deur die land se 1 000 grootste maatskappy­e en die Regering geskep. Suid-Afrikaanse entreprene­urs kan tot nege dae ’n maand aan nakoming wy. Die sektor se bydrae tot werkskeppi­ng daal. Die Nasionale Ontwikkeli­ngsplan se teiken dat kleiner ondernemin­gs teen 2030 90% van werkgeleen­thede in die land sal skep, is ’n hersenskim.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa