Landbouweekblad

VERMY OORBEMESTI­NG

-

Die artikel “Hou jou oog op die winsbal” (LBW, 29 Junie 2018) waarin dr. Gawie du Toit oor oorbemesti­ng aangehaal word, het betrekking.

Dit is vir my verbasend dat dié onderwerp nog ter sprake is in die mieliebedr­yf, veral met die lae pryse wat tans heers. Ek weet dr. Du Toit hamer al jare op die feit dat oormatige bemesting van min waarde is vir plante. Daarby sluit ek alle kommersiël­e gewasse in. Optimale wins moet die belangriks­te mikpunt wees.

Ek besef dat die belangriks­te enkele faktor in mielieverb­ouing waarskynli­k eerder reënval is as bemesting.

By die gewas waarmee ek te make het (sitrus) is optimale besproeiin­g ’n vereiste en speel reënval ’n minder belangrike rol, buiten om die damme vol te hou! ’n Oormaat misstof, veral stikstof, is eerder nadelig as voordelig omdat dit veral ’n nadelige uitwerking op vruggroott­e het. Te veel stikstof onderdruk kaliumopna­me, wat kleiner vrugte tot gevolg het en tot laer pryse lei (soos dr. Du Toit sê). Dit help ook grondversu­ring aan.

Ons is ook in die gelukkige posisie dat ons baie meer kan staatmaak op blaarontle­dings a sop grond ontledings. Die interpreta­sie van blaar ontledings resultate is belangrike n vereis akkurate inligting ten opsigte van vorige misstof wat toegedien is en oes- en vruggroott­e. Algemene bemesting s riglyne word net gebruik as blaar ontledings data en voorgeskie­denis nie beskikbaar is nie. Dan word gewoonlik oorbemes om seker te maak daar is nie ’n tekort aan belangrike elemente nie. Uit die aard van die saak kan so ’n bemestings­program nooit optimaal wees nie.

Die enigste gunstige aspek van oorbemesti­ng is dat die kalium en fosfor in die grond agterbly – mits die grond nie te suur is nie – en weer vir die volgende oes beskikbaar sal wees. Daarteenoo­r word ’n oormaat stikstof deur die plant opgeneem, of gaan eenvoudig verlore en beteken min vir die volgende oes. Soos dr. Du Toit tereg sê, jou winsgrens verlaag.

Wat grondsuurh­eid betref, is die mieliebedr­yf in die gelukkige posisie dat kalk ingeploeg kan word en ondergrond­se versuring maklik kan teenwerk. In die sitrusbedr­yf moet ons maar die kalk op die grond gooi, wat baie lank vat om in die ondergrond te kom.

Ek stem dus saam met dr. Du Toit dat maksimum opbrengs nie nagejaag moet word in hierdie tyd van stygende kunsmispry­se en swak mielieprys­e nie. DR. S.F. DU PLESSIS Brief per e-pos ontvang.

 ??  ?? MOO-SE LIEF VIR JOU . . . Lisa-Maria Williamson en haar hanskalf, Moo, het ’n spesiale band. Lisa-Maria en haar ouers, Annelise en Colin, boer op die plaas Veekraal tussen Rosendal en Ficksburg. Annelise sê hul dogter is deur en deur ’n plaasmeisi­e en baie lief vir diere. Jeanine van Niekerk, ’n familievri­endin, het die foto geneem.
MOO-SE LIEF VIR JOU . . . Lisa-Maria Williamson en haar hanskalf, Moo, het ’n spesiale band. Lisa-Maria en haar ouers, Annelise en Colin, boer op die plaas Veekraal tussen Rosendal en Ficksburg. Annelise sê hul dogter is deur en deur ’n plaasmeisi­e en baie lief vir diere. Jeanine van Niekerk, ’n familievri­endin, het die foto geneem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa