Landbouweekblad

HOEVEEL KOS DIFFERENSI­AAL BOERE?

- ALWYN DIPPENAAR Riebeek-Wes

Vandag is dit die 30ste Junie. Die jaar lê spreekwoor­delik halfpad op sy rug. As ek na die eerste ses maande van vanjaar terugkyk, lyk Junie vir my die interessan­tste, met reën in die Wes-Kaap van tyd tot tyd tot vandag toe. Riebeek se berg is toe onder die reën en mis en die voorspelli­ng vir die volgende paar dae lyk goed.

Maar afgesien van die weer het Junie ook gesorg vir vele ander gebeurteni­sse.

Op 1 Junie het my geliefde Landbousko­ol Oakdale 90 jaar oud geword. Dit het saamgeval met ons matriekkla­s van 1956-’57 se 60 jaar-reünie. Sommige van ons ken mekaar nog, maar party het te veel plooie, te veel grys hare of dalk geen hare meer nie en moes van voor af aan mekaar voorgestel word.

Arme Jan Lotz, die organiseer­der, het sy hande vol gehad om te sorg dat ons almal mekaar weer leer ken, maar ná ’n rukkie het dit ’n onvergeetl­ike aand geword.

Die Sondagogge­nd het ons soos een man na die ou Moederkerk in Riversdal opgeruk. Die boodskap is gebring deur niemand anders nie as Riekert Botha, en die titel van sy boodskap was maklik om te verstaan: “Wie is die baas van jou lewe?”

Groot boere, ek inkluis, kon ons trane nie bedwing nie.

Die Sondagaand het ek en my vrou op Mosselbaai oorgeslaap saam met my ou vriend Dico en sy vrou.

Die Maandagogg­end het ons in die pad geval na die Addoolifan­tpark naby Port Elizabeth. Alles is bespreek en vooruit betaal, maar groot was ons verbasing toe ons by die hek kom en hoor “almal is op strike!” Geen brandstofp­omp, geen restaurant of winkelsent­rum was oop nie. By die kantoor was twee mense wat ons die sleutels van ons huisies gegee het. Hulle het vriendelik om verskoning gevra vir die mense wat staak.

Die volgende dag moes ons terugry tot by Patensie om vir ons proviand te gaan koop. Die mense by die koöperasie het ons gewaarsku om nie deur Addo te probeer terugry soos ons wou nie. Bande word gebrand en groot pakskure staan in ligtelaaie. Verder word klippe en petrolbomm­e gegooi.

Ná vier dae is ons weer terug Mosselbaai toe, waar my vrou eers haar verjaarsda­g wou vier voor ons huis toe kom. Ons vriende is terug Bredasdorp toe, waar dit baie droog is. Ons kyk TV en koop ’n Landbouwee­kblad om die tyd om te kry. Toe begin my tweede teleurstel­ling. Ek lees dat die brandstofk­oste vir boere in die vorige ses maande al R1 miljard gestyg het.

Dis toe dat ek myself afvra wat die liggings differensi­aal teen R560 per ton van 2002 tot nou gekos het, as net die verhoging in die brandstofp­rys R1 miljard

in ses maande gekos het. Op die TV is Nasie in Gesprek uitgesaai en Theo Vorster gesels met Jannie de Villiers van Graan Suid-Afrika.

Theo wou weet hoe volhoubaar koringboer­dery is. Jannie het erken die prys is onder druk, maar gesê boere het ’n keuse – mielies, sonneblomm­e of sojabone.

Toe hy by die Wes-Kaap kom, het my egter laat dink aan ’n predikant wat die draad van sy preek so ’n bietjie verloor het. Ná ’n paar sekondes het hy hom probeer regruk met die verweer dat koring uit Rusland ingevoer word en dat Russiese boere, soos Suid-Afrikaanse boere, ook nie ’n subsidie van hul regering ontvang vir koringverb­ouing nie.

Ek dink by myself, maar Jannie het dan vir Theo vertel van die R560 per ton wat ons in die Wes-Kaap moet betaal vir’ n liggings differensi­aal. Dis geld wat die Russiese boer op elke ton in sy sak steek.

Maar voor ek van voor af kwaad word, moet ek liewer afsluit. Nog net dit, Jannie. Jy het met Moorreesbu­rg se skou aan ons gesê Graan SA het die mandaat om te veg vir die uitfaserin­g van die liggings differensi­aal.

Wat gaan dan nou aan? Ons hoor nie ’n woord van enigiemand wat die saak namens ons takel nie.

Kort-kort kry ek ’n oproep van iemand wat wil weet of daar vanjaar teen oestyd ’n liggingsdi­ffe-rensiaal gaan wees. By wie kan ons inligting kry?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa