Verhore ‘sonder redelikheid’
DIT was verlede week vir Manie ietwat van ’n verrassing toe pres. Cyril Ramaphosa die kar voor die perde ingespan het met sy aankondiging dat die ANC sal voortgaan om die Grondwet gewysig te kry om grondhervorming te versnel. Dít terwyl die parlement se hersiening s komitee nog besig i smet sy “ondersoek” na die nodigheid daarvan.
Kort voor dit het die politieke ontleder Max du Preez in elk geval voorspel dat dit waarskynlik onmoontlik gaan wees vir Ramaphosa om ’n wysiging aan die Grondwet te vermy.
Hys ê die grondonteiening s debat en die openbare sittings daar oorhet ontaard in’ n soort van referendum sonder redelikheid en nugtere denke. Volgens hom het die reaksie van senior sake- en beroepslui, meestal swart, met wie hy oor onteiening gepraat het, hom verstom met hul eenogigheid oor die kwessie.
Hy sê hy het met klinkklare syfers en bevestigde feite probeer aantoon dat relatief min swart mense werklik wil boer en dat die mislukking vir grondhervorming eerder toegeskryf kan word aan die onvermoë van die Regering as aan gebreke in die Grondwet. Hy wou die boodskap oordra dat groot dele van kommunale grond onderbenut is, dat grondhonger nie soseer vir landbougrond is nie, maar eerder vir stedelike grond om op te woon en dat dit gevare vir die land se ekonomie inhou as grond net sonder vergoeding afgevat word.
Die reaksie van die geleerde mense was soortgelyk aan dié van die menigte: Dit is nie wit mense se saak wat met die grond gedoen word nie, gee dit net terug. Óf: Die koloniale gronddiewe het nie destyds daaroor gedebatteer nie, maar net die grond gesteel. Waarom moet ons nou redelik wees daaroor?
Dit onderstreep dat die debat minder oor grond gaan en meer oor frustrasie en woede oor voortslepende ongelykheid langs raslyne.
SINVOLLE ARGUMENTE BETEKEN MIN
Uit aanbiedings van dr. Pieter Prinsloo van Agri SA en Jannie Div van Graan SA op die openbare sittings kon Manie ook duidelik sien die menigte stel nie belang in sinvolle argumente nie. Dok Pieter het mooi probeer verduidelik dat hy 327 Oos-Kaapse boere met 16 000 werknemers verteenwoordig en dat boerdery ’n besigheid is.
Nie hy of sy voorsate het grond gesteel nie en sedert 1994 het die hoeveelheid landbougrond in die Oos-Kaap in swart hande toegeneem van 28% tot 48%.
Ondanks wat hy probeer sê het, is hy uitgejou – veral toe hy vra wat die lede van die beweging Black First Land First (BLF) met die grond gaan doen as hulle nie weet hoe om daarop te boer nie.
Jannie het ’n minder opruiende gehoor gehad wat darem stiller geraak het toe hy titelaktes vir swart begunstigdes bepleit het, gesê het wit boere is bereid om hul swart kollegas by te staan en dat meer ondersteuning aan nuwe boere nodig is.
‘Die woorde ‘regverdige en billike vergoeding’ kan dalk verstel word om in sekere gevalle ’niks vergoeding’ te wees.’
Max meen die kompromis vir grondhervorming gaan dalk wees om artikel 25 van die Grondwet te wysig om gemoedere te kalmeer, maar nie die deur vir roekelose onteiening in die proses oop te maak nie.
Hy sê die woorde “regverdige en billike vergoeding” kan dalk verstel word om ook voorsiening te maak dat die betrokke vergoeding in sekere gevalle, en onderhewig aan oorsig deur ’n hof, “niks” kan wees.
Dit is klaarblyklik die pad wat noodgedwonge gevolg sal moet word.
Wat Manie egter kwel, is dat enige verandering aan die Grondwet op grond van politieke druk die deur oopmaak vir ingrypender veranderings onder soortgelyke populistiese druk.
SKOUE SE TOEKOMS
Manie wonder ál hoe meer hoe lank skoue nog kan aangaan teen die trant wat dit nou al dekades lank geskied.
Die riglyn is dat die mooiste dier wat die meeste aan sekere eienskappe voldoen, die wenner is. Vir in terras vergelyking kom die mooiste van die mooi diere in die ring bymekaar en dan besluit die in terras beoordelaars watter een die beste bouvorm het.
’n Mens hoor egter dikwels beweringe van sekere wenners wat nie die mas opkom nie as dit by reproduksie kom. ’n Bul is byvoorbeeld onvrugbaar of produseer nie goeie kalwers nie, terwyl koeie ook mank aan vrugbaarheid gaan en min kalwers kry.
Wat is die doel van beesteling? Om mooi diere te teel wat vir die eienaar ’n sertifikaat of lint besorg? Of om doeltreffende diere te teel wat vir die boer geld in die vorm van nageslag in die sak bring?
Onlangs op ’n skou verneem een van Manie se kollegas weer van ’n koei wat op ’n skou as die opperste wendier op die skou aangewys is, maar toe iemand agterna vra hoe die dier teel, is die antwoord dat dit nie juis waffers is nie.
Kort daarna verneem dieselfde kollega van ’n bul op ’n ander skou wat dáár die beste van die bestes was, maar wat in ’n hele leeftyd nog net enkele kalwers geteel het.
Boonop is ’n groep verse wat na die bul geneem is om gedek te word, terug plaas toe sonder om dragtig te raak.
Dit kan dus mos nie so aangaan dat beoordeling slegs op voorkoms is nie.
Syfers moet tog ook in berekening gebring word.
Is dit nie een van die redes waarom skoue leegloop en, in sommige gevalle, selfs heeltemal verdwyn nie?
Dan is die enkele kompetisies waarin syfers én visuele voorkoms ’n rol speel, mos ’n beter maatstaf.
Maar waarom tokkel skou organiseerders steeds op dieselfde snaar?
Skoue en die beoordelaars wat deur hulle gebruik word, moet bymekaar kom om oor hierdie gewigtige saak te besluit.
KAROO VS BRITS
’n Skaapboer uit die Karoo kom kuier in die noorde waar hy ’n groenteboer van Brits raakloop.
“Hoe groot is jou plaas?” vra die Karooboer belangstellend. Trots antwoord die boer van Brits: “Ek boer met groente op so 30 hektaar langs die Krokodilrivier.”
“Dertig hektaar?” lag die Karooboer. “Op my plaas kan ek die oggend in my bakkie klim en ry tot middagete, dan is ek steeds op my grond. Dan kan ek eet en verder ry tot sononder en steeds op my grond wees.”
“Ek verstaan goed,” sê die boer van Brits. “Ek het op my dag ook só ’n bakkie gehad.”