Landbouweekblad

ANC-besluit om Grondwet te verander: SKOKKEND – MAAR NIE ONVERWAGS

- — ALANI JANEKE, JOYLENE VAN WYK en NICO VAN BURICK

PRES. CYRIL RAMAPHOSA se aankondigi­ng verlede week dat die ANC ’n grondwetwy­siging ten gunste van onteiening sonder vergoeding gaan indien, was nie ’n verrassing nie, maar “hy kon die land ’n guns gedoen het deur meer detail te gee”.

Dít was mnr. Theo Vorster, uitvoerend­e hoof van Galileo Capita l ,’ n finansiële dienste groep, se reaksie op Ramaphosa se laataand-aankondigi­ng op 31 Julie ná ’n tweedaagse lekgotla van die ANC se nasionale uitvoerend­e komitee, dat die party dié stap deur die Parlement wil voer.

Volgens Ramaphosa stel die bestaande eiendomskl­ousule in die Grondwet die Regering in staat om grond te onteien met regverdige vergoeding, en om onteiening sonder vergoeding in die openbare belang te bewerkstel­lig.

“Dit het duidelik geword dat ons mense wil hê die Grondwet moet meer eksplisiet wees oor die onteiening van grond sonder vergoeding, soos blyk uit die openbare verhore,” het hy gesê.

Die bedoeling van die voorgestel­de wysiging is volgens Ramaphosa om die herstel van grondregte, asook ekonomiese ontwikkeli­ng te bevorder, en om landboupro­duksie en voedselsek­erheid te verseker. Hy sê die wysigings sal ook die “onregverdi­ge ruimtelike werklikhed­e in stedelike gebiede” aanpak.

ZUMA SE TERMYN

Vorster sê Ramaphosa dien tans die laaste deel van oudpres. Jacob Zuma se tweede termyn uit, en “die grondkwess­ie (is) ongelukkig ’n politieke speelbal vir die verkiesing”. Hy sê dit is duidelik dat die ANC reeds ver gevorder het ten opsigte van die bestuderin­g van gevallestu­dies oor grondhervo­rming. “Daar is wel ’n baie groot klem op stedelike grond, ook deur die ANC.” Vorster sê daar is ook ’n sterk klem op verlate geboue en onbenutte grond. “Selfs mnr. Herman Mashaba, burgemeest­er van Johannesbu­rg, en me. Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, het al aangedui dat hulle dit al oorweeg het om grond te laat onteien. “Wat die ANC se uitsprake betref, word deurentyd daarna verwys dat die proses (van onteiening sonder vergoeding) nie groei in die landbousek­tor moet belemmer nie,” sê Vorster.

SKEP SWART BOERE

Agri SA se mening oor Ramaphosa se aankondigi­ng is dat dit goeie verkiesing­spraatjies is, maar nie nog swart boere – wat Suid-Afrika éintlik nodig het – gaan help vestig nie. Onteiening sonder vergoeding en ekonomiese groei staan “lynreg teenoor mekaar” en dit het nog nêrens ter wêreld gewerk nie, sê mnr. Omri van Zyl, dié organisasi­e se uitvoerend­e direkteur.

“Ons het hierdie fliek al oral in die wêreld sien afspeel, soos in Venezuela en Rusland. Die belofte om aan opkomende boere gereedskap, kunsmis, saad en voorligtin­gsdienste te gee is oppervlakk­ig. Baie politici het dit (in verkiesing­styd) belowe en tog is die uitkoms altyd katastrofi­es vir die landbou en vir voedselsek­erheid. Die hervorming van die landbou kan slegs suksesvol plaasvind met die samewerkin­g van die private sektor.”

Van Zyl het gewaarsku dat hierdie aankondigi­ng ’n populistie­se skuif is wat tot ’n ekonomiese afgraderin­g gaan lei, en ook ’n drasties nadelige uitwerking op belegging in eiendom sal hê.

VERENIGDE NASIES

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, sê die aankondigi­ng is ’n verdere bewys dat Ramaphosa gekaap is deur die Zuma-faksie binne die ANC en dat hy die belange van Suid-Afrika ondergeski­k stel aan die belange van die ANC.

Hoewel dit geen verrassing vir die VF Plus is nie, maak die tydstip van die aankondigi­ng ’n klug van die openbare verhore oor hierdie aangeleent­heid. Dit geld ook die verdere parlementê­re prosesse van die grondwetli­ke hersiening­skomitee wat ’n verslag moet opstel oor die moontlike wysiging van artikel 25 van die Grondwet.

Die VF Plus het onderneem om ’n amptelike klag by die Verenigde Nasies (VN) se menseregte­kommissie in te dien vir die oortreding van artikel 16 van die VN se Handves en Universele Verklaring van Menseregte wat private eiendomsbe­sit beskerm en onteiening sonder vergoeding verbied.

‘KORTSIGTIG’

Mnr. Louis Meintjes, voorsitter van TLU SA, sê die aankondigi­ng maak die hele proses van openbare raadplegin­g ’n “betreurens­waardige klug”.

“Die uiters kortsigtig­e en ongegronde verwagting dat hierdie stap deur verantwoor­delike regerings van ander lande verwelkom sal word en dat dit binnelands­e ekonomiese groei en internasio­nale aansien van Suid-Afrika sal bevorder, is kleinlik, kortsigtig en lagwekkend”, sê hy.

Mnr. Mike Schüssler, ekonoom en direkteur van Economists.co. za, sê hy verstaan nie wat die Regering daardeur probeer bereik nie.

“Sowat 63% van die huishoudin­gs in Suid-Afrika besit hul eie huise en dit plaas ons onder die 40 toplande ter wêreld. Dan is daar ’n verdere 3 miljoen huise in staatsbesi­t wat ook oorgedra kan word.

“Dit is asof die Regering niks doen aan die dinge wat nie werk nie, en eerder die dinge wat wél werk, wil opneuk.”

‘Dit het duidelik geword dat ons mense wil hê die Grondwet moet meer eksplisiet wees oor die onteiening van grond sonder vergoeding.’

 ?? FOTO: FELIX DLANGAMAND­LA ?? Pres. Cyril Ramaphosa
FOTO: FELIX DLANGAMAND­LA Pres. Cyril Ramaphosa

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa