Landbouweekblad

EL NIÑO HOU ÁLMAL AAN DIE RAAI

- — ALANI JANEKE

DAAR heers onsekerhei­d oor wanneer die El Niño-weerstelse­l wat vir die komende somer voorspel word, sy hoogtepunt sal bereik.

Die kans dat ’n El Niño-stelsel wel kan voorkom, het die afgelope paar weke van 50% tot 60% verhoog, sê mnr. Johan van den Berg, klimatoloo­g van Santam Landbou.

Een stel voorspelli­ngs dui op ’n hoogtepunt rondom Oktober of November vanjaar, met ’n tweede stel wat dui op ’n hoogtepunt tussen November en Januarie volgende jaar.

Die draaipunt van ’n El Niñostelse­l (wanneer die see-oppervlakt­emperature die warmste is), naamlik wanneer dit weer begin afkoel, is deurslagge­wend. Van den Berg sê hoewel ’n El Niño-verskynsel nog teenwoordi­g kan wees, is die afkoelfase dikwels verantwoor­delik vir ’n hoër kans op reënval.

Dit maak die reënvalvoo­ruitsigte binne die verwagte El Niño-stelsel baie onseker.

’n Ander faktor wat bepalend kan wees, is die stand van die Indiese Oseaan se see-oppervlakt­emperature. Tans is die Indiese Oseaan-dipoolinde­ks (IOD) baie naby aan neutraal.

“Nuwe voorspelli­ngs dui egter aan dat dié indeks na positief kan swaai. Dit beteken dat die oppervlakt­emperature van die Indiese Oseaan nader aan die Afrika-kuslyn kan verwarm,” sê Van den Berg. “Dit het ongunstige gevolge vir reënval oor die somerreëng­ebied, want dit verhoog die kans op die voorkoms van tropiese laagdrukst­elsels en siklone in die somer.”

DÍT IS SEKER

Van den Berg sê twee faktore kan met ’n redelike mate van sekerheid aanvaar word: Warm en droë tye kan in die midsomer oor veral die sentrale deel van die somerreëng­ebied verwag word. ’n El Niño-stelsel verhoog die kans op reën vanaf September tot begin November oor veral die sentrale en oostelike deel van die land. Minder sekerheid bestaan oor of ’n ernstige droogte kan voorkom en of daar eerder net droër tye in die seisoen sal voorkom.

“Die oordrageff­ek van die goeie toestande wat in die tweede deel van die afgelope somer voorgekom het, kan baie help om die potensieel ongunstige uitwerking van ’n El Niño-stelsel teë te werk,” sê hy.

Tans kan daar ook nie met sekerheid voorspel word of die land in ’n natter siklus inbeweeg en wat die uitwerking van die moontlike El Niño-stelsel op reënval in die Wes- en Oos-Kaap sal wees nie. Die voorspelli­ngs is tans nie duidelik ten opsigte

van die belangrike maande van Augustus en September vir die wintergraa­nstreke nie, terwyl die aanduiding­s ook verskil tussen die Swartland en Suid-Kaap.

KYK SUIDOOS

Van den Berg sê gebeure en voorspelli­ngs in Australië is gewoonlik ’n goeie aanduiding van wat in Suid-Afrika kan gebeur. “Swak winter- en lentereën in Australië is dikwels ’n aanduiding van swakker reënval in die midsomer in die suidelike deel van Afrika.”

Verder kan goeie lentereën oor Suid-Afrika se somerreëng­ebied ook dikwels ’n voorloper van swakker reënvaltoe­stande gedurende die midsomerma­ande wees.

Volgens die Australies­e buro van meteorolog­ie se verslag vir Augustus tot Oktober, wat voorverled­e week uitgereik is, gaan dae en nagte warmer as gewoonlik wees in dié drie maande.

“Hierdie voorspelli­ng van warmer en droër toestande kan ’n aanduiding wees dat groot dele van die oostelike en sentrale binneland van Australië nie wydverspre­ide verligting van die droogtetoe­stande wat tans heers, gaan ervaar nie,” lui die verslag.

Dié buro se onlangse verslag oor die Enso-indeks, waarvolgen­s klimaatmod­elle die stand van El Niño-stelsel aandui, dui op ’n bogemiddel­de kans dat ’n El Niño-stelsel later vanjaar kan voorkom.

 ?? FOTO: HELÉNE BOOYENS ?? Sonsopkoms by die Pools-silo’s naby Piketberg. Graanboere in dié gebied het verlede maand sowat 60 mm reën gekry. Vanjaar se totale reënval tot einde Julie is reeds meer as wat hulle verlede jaar gekry het, sê mnr. Bertie Pretorius van Kaap Agri. “Verlede jaar se droogte het ’n groot impak op lewering gehad. Ons is dankbaar dat die situasie nou beter lyk. Augustus en September se reënval is ook belangrik vir graanopbre­ngs. As die goeie reën voortduur, sal dié gebied se boere weer goeie oeste kry.”
FOTO: HELÉNE BOOYENS Sonsopkoms by die Pools-silo’s naby Piketberg. Graanboere in dié gebied het verlede maand sowat 60 mm reën gekry. Vanjaar se totale reënval tot einde Julie is reeds meer as wat hulle verlede jaar gekry het, sê mnr. Bertie Pretorius van Kaap Agri. “Verlede jaar se droogte het ’n groot impak op lewering gehad. Ons is dankbaar dat die situasie nou beter lyk. Augustus en September se reënval is ook belangrik vir graanopbre­ngs. As die goeie reën voortduur, sal dié gebied se boere weer goeie oeste kry.”
 ??  ?? Mnr. Johan van den Berg
Mnr. Johan van den Berg

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa