Landbouweekblad

DROOGTE RY EUROPESE GRAANPRODU­SENTE

- — ALANI JANEKE en JEANNE VAN DER MERWE

TERWYL dele van Suid-Afrika steeds in die greep van een van die land se ergste droogtes is, het groot dele van Europa sedert Maart vanjaar ondernorma­le reënval aangeteken.

Dit is veral in Brittanje, Duitsland, België, Nederland, Swede, Pole, Belo-Rusland en Litaue waar die droogte voorkom – en steeds vererger. Baie warm en winderige toestande kom voor, wat veral graanoeste beskadig en veldbrande veroorsaak.

Duitsland, grootste koringprod­usent in Europa naas Frankryk, se koringoes het met meer as 15% gedaal vergeleke met verlede jaar.

Namate die oesproses vorder

en meer inligting bekend word, kan dié syfer verder daal, sê mnr. Johan van den Berg, klimatoloo­g van Santam Landbou.

Die gehalte van die koring is egter volgens alle aanduiding­s redelik goed.

Elders in Europa kom gunstiger toestande voor, soos in dele van Frankryk, Griekeland en Italië. In Junie het goeie reën oor Bosnië, Roemenië, Hongarye en ander aangrensen­de lande geval.

VOORUITSIG­TE

Vooruitsig­te op kort termyn vir

reënval in die noorde en noordooste­like deel van Europa het begin verbeter, hoewel toestande in die sentrale en suidoostel­ike deel – wat lande soos Duitsland en Frankryk insluit – ongunstig vir ten minste die eerste helfte van Augustus kan wees.

“Dit kan ook die somergewas­se, wat tans in die belangrike ontwikkeli­ngstadium is, benadeel,” sê Van den Berg.

Mnr. Luan van der Walt, ekonoom by Graan SA, sê die droë toestande het koringprys­e goed ondersteun.

Die Duitse koringprys­e het die afgelope maand met ongeveer 18% gestyg.

Die Russiese prys is egter steeds aansienlik laer as die Duitse prys. Die laaste koringinvo­er deur Suid-Afrika was meestal vanaf Rusland.

“Die sterker internasio­nale prys ondersteun wel die plaaslike prys aangesien dit die pariteitsp­rys ondersteun,” sê hy.

Suid Afrika voer gemiddeld tot 60% van sy jaarlikse verbruik in.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa