Landbouweekblad

KYNOCH STEM IN TOT PROFERT-REDDING

- — MEDEWERKER

DIT was lank net ’n gerug, maar nou is dit amptelik: Die kunsmismaa­tskappy Kynoch gaan die beleërde Profert oorneem.

Profert Holdings, Profert se houermaats­kapppy, en ander partye het ooreenkoms­te bereik om die meeste van Profert se bates na Kynoch Kunsmis oor te dra, lui ’n verklaring.

Die deurvoer van die transaksie is wel nog onderhewig aan die nodige regulatori­ese goedkeurin­g, soos deur die Mededingin­gskommissi­e.

Kynoch, ’n filiaal van die internasio­nale ETG-groep, is 100 jaar oud.

Hy voer kunsmis in en meng en verkoop ’n reeks kunsmispro­dukte in korrel- en vloeibare formaat.

Profert, wat in 1999 gestig is, is ook ’n gevestigde menger en verspreide­r van korrel- en vloeibare kunsmis in Suider-Afrika.

Die beoogde samesmelti­ng word as ’n transaksie met wedersydse voordeel beskryf, wat Kynoch in staat sal stel om ’n wyer reeks produkte te verkoop, en die maatskappy toegang tot nuwe markte en bykomende produksiev­ermoë sal gee.

NUWE LEWE

Vir die sukkelende Profert behoort dit ’n nuwe kans op sakelewe te bied.

Dít volg nadat die Franse misstofmaa­tskappy Roullier einde verlede jaar finaal aangekondi­g het dat hy nie meer kans sien om Profert oor te neem nie, ondanks goedkeurin­g van die transaksie deur die Mededingin­gskommissi­e.

Roullier en sy filiaal Vitas Suid-Afrika, wat plaaslik as Timac Agro handel dryf, het destyds gesê hy het sy aanbod ná ’n jaar se onverpoosd­e onderhande­ling teruggetre­k weens “onoorkomba­re probleme” met die nakoming van die voorwaarde­s van die transaksie.

Sedertdien is hard voortgesoe­k na ’n koper vir Profert, veral deur die Land Bank, wat ’n aandeelhou­er in die maatskappy en sy grootste finansier is.

Dit is ’n redelik ope geheim in die bedryf dat die bank al honderde miljoene rande aan ’n reddingsbo­ei moes bestee.

Mnr. Bennie van Rooy, finansiële hoof van die Land Bank, het by navraag die voorgenome Kynoch-oorname bevestig.

‘Die bank moes al honderde miljoene rande aan ’n reddingsbo­ei bestee.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa