Landbouweekblad

AGBIZ STAAN SAAM MET INTERNASIO­NALE KRITIEK OOR TRUMP-SUBSIDIES

- — CARIEN KRUGER

DIE Cairns Group Farm Leaders, ’n groep landbou-uitvoerlan­de wat Suid-Afrika insluit, spreek in ’n sterk bewoorde verklaring sy diepe kommer uit oor die $12 miljard (sowat R159 miljard) wat die Amerikaans­e regering gaan gebruik om sy boere te help teen die uitwerking van tariewe wat op Amerikaans­e landboupro­dukte ingestel is.

Dr. John Purchase, uitvoerend­e hoof van die landbousak­ekamer Agbiz, het die verklaring as Suid-Afrikaanse verteenwoo­rdiger onderteken.

Die ander onderteken­aars verteenwoo­rdig landbou- en voedselorg­anisasies van Australië, Argentinië, Brasilië, Kanada, Chili, Colombia, Nieu-Seeland, die Filippyne en Uruguay.

Luidens die verklaring sal die nuwe subsidies internasio­nale landboumar­kte verder verwring en dié boere benadeel wat min tot geen regeringst­eun ontvang nie.

Die Cairns-groep doen ’n beroep op die Amerikaans­e regering om pleks van die bykomende subsidies eerder die raad van Amerikaans­e landbou-organisasi­es te volg.

Laasgenoem­de het gevra dat marktoegan­g vir Amerikaans­e landboupro­dukte herstel word.

Die organisasi­es wil hê die handelsoor­log, wat die begin was van die vergeldend­e tariewe wat Amerikaans­e landbou nou benadeel, beëindig word.

“Dié handelsoor­log, wat al hoe wyer uitkring, los niks op nie en benadeel boere én verbruiker­s,” lui die verklaring.

BILLIKE STELSEL

Die Cairns-groep is in 1998 deur die Australies­e boerefeder­asie (NFF) gestig.

Dit bestaan uit landbou-organisasi­es in die Cairns-groep van lande, ’n koalisie van landbou-uitvoerlan­de.

Die groep verteenwoo­rdig boere wat meer as ’n derde van die wêreld se landbou-uitvoer produseer en beywer hom vir ’n billike en afdwingbar­e internasio­nale handelstel­sel vir landboupro­dukte.

Trump se plan is wyd in Amerika gekritisee­r, onder meer deur sy eie party en talle produsente-organisasi­es.

‘Dié handelsoor­log kring al hoe wyer uit. Dit benadeel boere én verbruiker­s.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa