Landbouweekblad

SA SAK OP WÊRELD-INDEKS

- — NICO VAN BURICK

HOEWEL Suid-Afrika se logistieke stelsels vergeleke met ander lande sedert 2016 op verskeie vlakke agteruitge­gaan het, is dit steeds doeltreffe­nder as dié van die meeste ontwikkele­nde lande.

Luidens ’n logistieke indeks wat deur die Wêreldbank bygehou word, beklee Suid-Afrika nou die 33ste plek uit 160 lande wat beoordeel is. Dit is 13 plekke swakker as die 20ste plek wat Suid-Afrika in 2016 beklee het. Duitsland beklee steeds die eerste plek, gevolg deur Swede, België en Oostenryk.

Die landbousak­ekamer Agbiz sê in ’n verklaring gegewe die verwagting dat Suid-Afrika groot surplusse landboupro­dukte (veral mielies) vir die uitvoermar­k gaan hê, gaan logistieke dienste van deurslagge­wende belang wees om suksesvol te

kan uitvoer.

Die indeks gaan oor die indrukke van ’n land se logistieke stelsel, en daar is etlike onderafdel­ings (sien die TABEL hiernaas).

Mnr. Wandile Sihlobo, hoof van landbousak­enavorsing by Agbiz, sê hoewel die indeks nie spesifiek oor die landbousek­tor gaan nie, gee dit ’n goeie aandui- ding van die land se vermoë om groot hoeveelhed­e kommoditei­te met die minimum onderbreki­ngs uit te voer.

“Suid-Afrika se mielie-uitvoer in 2018-’19 kan meer as 2,5 mil- joen ton wees. Ons verwag dat vanjaar se landbou-uitvoer glad sal verloop,” sê hy.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa