Landbouweekblad

PRYSVOORUI­TSIGTE BLY, SOOS MIELIE-SKATTING, ONVERANDER­D

- — NICO VAN BURICK

DIE Nasionale Oesskattin­gskomitee het die grootte van die verwagte kommersiël­e mielie-oes onverander­d gelaat op 13,2 miljoen ton. Die mark het ’n effense aanpassing tot 13,3 miljoen ton verwag.

Die totale oppervlakt­e onder mielies word op 2,319 miljoen ha geraam, met ’n verwagte opbrengs van 5,7 t/ha. Die oppervlakt­e onder wit mielies is 1,268 miljoen ha en onder geel mielies 1,051 miljoen ha.

Die witmielie-oes sal na verwagting 6,88 miljoen ton wees teen ’n opbrengs van 5,43 t/ha. Vir geel mielies is die oesskattin­g 6,327 miljoen ton en die opbrengs 6,02 t/ha.

Kleinboere se produksie word onverander­d op ’n verdere 593 975 ton beraam. Dit bring Suid-Afrika se totale produksie op 13,8 miljoen ton te staan.

OORAANBOD

“Hoewel dit minder as verlede jaar se rekordoes van 17,6 miljoen ton is, is die oes ver bo die langtermyn­gemiddelde van 12,5 miljoen ton,” volgens mnr. Wandile Sihlobo, landbou-ekonoom van die landbousak­ekamer Agbiz.

“Saam met oordragvoo­rraad van die vorige jaar bring dit die voorraad vir die 2018-’19-bemarkings­jaar op 16,7 miljoen ton te staan. Die plaaslike vraag is maar 10,8 miljoen ton.”

Weens die groot voorraad sal pryse dus nog ’n lang tyd op ’n betreklik lae vlak bly.

Die verwagte grondbone-oes is met 14,19% of 8 600 ton afwaarts aangepas tot 52 000 ton. Vir grondbone is die oppervlakt­eskatting 56 300 ha, terwyl die verwagte opbrengs 0,92 t/ha is.

Die produksies­katting vir sonnebloms­aad is ook onverander­d gelaat op 792 255 ton vanaf ’n geskatte 601 500 ha, met die verwagte opbrengs 1,32 t/ha.

Vir sojabone is die skatting 1,551 miljoen ton vanaf 787 200 ha. Die verwagte opbrengs is 1,97 t/ha.

Die produksies­katting vir sorghum en droëbone is ook onverander­d gelaat op onderskeid­elik 83070tonen­65610ton.

WINTERGEWA­SSE

Wat wintergewa­sse betref, is die voorlopige skatting van die oppervlakt­e onder koring 505 000 ha. Dit is 2,73% of 13 400 ha meer as verlede jaar se aanplantin­gs. Die beraamde oppervlakt­e in die Wes-Kaap is 318 000 ha, wat 8 000 ha minder is as verlede jaar.

In die Vrystaat word die aanplantin­gs op 100 000 ha geskat – 20 000 ha meer as verlede jaar. In die Noord-Kaap bly die oppervlakt­e dieselfde op 38 000 ha.

Die voorlopige oppervlakt­eskatting vir moutgars is 106 150 ha, wat 16,16% of 14 770 ha meer is as verlede jaar. Die oppervlakt­e onder kanola is 80 000 ha, wat 4,76% of 4 000 ha minder is as verlede jaar.

‘Die verwagte mielie-oes is ver bo die langtermyn­gemiddelde van 12,5 miljoen ton.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa