Landbouweekblad

GESOGTE 20 TON-KLUB MIK NOU VIR 30 TON

- — FREDALETTE UYS

CRADOCK Saadverspr­eiders het vanjaar sy vyfde en laaste 20 ton-mieliekomp­etisie aangebied. Die wenopbreng­s was 22,60 ton per hektaar wat deur mnr. Leon Scheepers van Leon Ontwikkeli­ng van Mortimer naby Cradock behaal is.

Scheepers was die wenner in die suidelike streek. In die tweede plek was mnr. Zirk Scheepers van die plaas Wonderkop naby Cradock met 22,29 ton per hektaar. Mnr. Neels Dreyer van die plaas Glen Stuart naby Mortimer was in die derde plek met 20,93 ton per hektaar.

In die noordelike streek het mnr. Johan le Roux, ’n bestuurder by die Kroonfonte­in-boerdery naby Colesberg, die wenopbreng­s van 20,39 ton per hektaar behaal. Mnr. Lood Engels van die plaas Adamsfonte­in naby Colesberg was tweede met 20 ton per hektaar en mnre. James Jordaan en Pieter Marais van Karoo Alliance naby Hofmeyr derde met 18,82 ton per hektaar.

Die kompetisie word in twee streke verdeel, aangesien die hitte-eenhede in die gebied noord van Cradock drasties verskil van die gebied suid van die dorp.

NÓG 10 TON

Mnr. Dirkie Visser, organiseer­der van die kompetisie en besturende direkteur van Cradock Saadverspr­eiders, sê ’n 30 ton-klubkompet­isie word vir aanstaande jaar beoog.

Hy meen dié nuwe mikpunt is haalbaar met hedendaags­e tegnieke en harde werk.

“Toe ons die kompetisie begin het, was die verwagting dat dit baie moeilik sou wees om 20 ton per hektaar te behaal,” sê Visser, wat al byna 30 jaar lank in die ge- bied as ’n landboukun­dige werk.

Boere kon dit egter regkry danksy die kombinasie van die regte saad, gifstowwe en mikro-elemente vir die grondsames­telling om Cradock.

SUKSESSE

In die eerste kompetisie, in 2014, was die wenopbreng­s net bo 19 ton per hektaar. Die hoogtepunt was die 23,92 ton per hek- taar wat in 2016 behaal het.

Gemiddeld 25 tot 30 deelnemers het jaarliks aan die kompetisie deelgeneem en volgens Visser was die mededingin­g uiters straf.

Die kompetisie word deur Agrifriend, BASF, Cradock Saad, Metson, Monsanto, Pannar Saad, Wemkem SA en Standard Bank geborg.

 ??  ?? Van links is mnr. Pierre Scheepers van Leon Ontwikkeli­ng, mnr. Dirk Visser van Cradock Saad en mnr. Morne Scheepers, ook van Leon Ontwikkeli­ng.
Van links is mnr. Pierre Scheepers van Leon Ontwikkeli­ng, mnr. Dirk Visser van Cradock Saad en mnr. Morne Scheepers, ook van Leon Ontwikkeli­ng.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa