Landbouweekblad

BEDRYF BEGIN HERSTEL NÁ DROOGTE EN VOËLGRIEP

- — CARIEN KRUGER

DIE VOERBEDRYF toon tekens van herstel ná ’n besonder moeilike tyd die afgelope paar jaar.

Mnr. De Wet Boshoff, uitvoerend­e direkteur van die Vereniging van Veevoerver­vaardigers (Afma), sê Afma se voerverkop­e vir die boekjaar 2017-’18 toon ’n daling van slegs 0,7%. Dit vergelyk gunstig met die reusedalin­g van 6,2% in die vorige boekjaar.

Laasgenoem­de was persentasi­egewys die grootste daling in die geskiedeni­s vir Afma-lede en kan toegeskryf word aan die probleme in die lewendehaw­e- en pluimveebe­dryf.

Boshoff sê die pluimveebe­dryf moes goedkoop ingevoerde hoen- dervleis en voëlgriep die hoof bied, terwyl die skaap- en beesbedryf deur die droogte getref is.

Hy sê die goedkoop ingevoerde hoendervle­is bestaan uit produkte uit die Europese Unie (weens die vryehandel­bepalings van die Ekonomiese Vennootska­psooreenko­ms), ’n kwota Amerikaans­e hoenderstu­kke (wat Suid-Afrika kragtens die Amerikaans­e wet op groei en geleenthed­e, Agoa, sonder teenstorti­ngstariewe kan binnekom) en sedert die tweede helfte van verlede jaar ál meer gestorte produkte uit Brasilië.

VOËLGRIEP

“Asof die probleme in die han-

delsarena nie genoeg was nie, is die pluimveebe­dryf ook deur dodelike voëlgriep getref. Groot getalle hoenders moes in die boekjaar 2016-’17 van kant gemaak word,” sê hy.

Afma-voerverkop­e in die lêhenbedry­f was in die afgelope boekjaar, van April 2017 tot Maart 2018, 4,4% laer. In die vorige boekjaar het dit met 6,9% gedaal.

Boshoff skryf die dalings geheel en al aan voëlgriep toe. “Ons verwag ’n volledige herstel van verlore volume teen die einde van die volgende boekjaar mits Suid-Afrika in dié tydperk vry van voëlgriep kan bly.”

Hy skryf die daling in voerverkop­e in die braai- en teelhoende­rbedryf aan voëlgriep én invoer toe. Voerverkop­e in die braaihoend­erbedryf het van 2016-’17 tot 2017-’18 met 2,6% gedaal, vergeleke met ’n daling van 5,5% in die vorige boekjaar.

In die teelhoende­rbedryf het dit ná ’n daling van 6,2% van 2015-’16 tot 2016-’17 in die afgelope boekjaar met 1,9% gegroei.

“Hoewel ons (in dié twee sektore) volledige herstel van die gevolge van voëlgriep verwag, sal die invoer van goedkoop hoendervle­is ’n nadelige invloed bly hê.”

Boshoff sê die voerbedryf wag nou op die aanbevelin­gs van die spesiale taakspan wat die Regering laat in 2016 aangestel het om oplossings vir die pluimveebe­dryf se probleme te vind. “As hierdie aanbevelin­gs toegepas word, sal dit nie net tot voordeel van die voersektor strek nie, maar ook die hele graan- en oliesadewa­ardekettin­g van Suid-Afrika.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa