Landbouweekblad

INFORMELE BOERE GEE MANGOMARK SKOP

- — JASPER RAATS

DIE Suid-Afrikaanse mangobedry­f is vir die eerste keer in baie jare stabiel. Boonop het die mangokweke­rsverenigi­ng (SAMGA) onlangs besef die bedryf is aansienlik groter as wat aanvanklik gedink is.

Mnr. Pieter Buys, die voorsitter van SAMGA, het op ’n onlangse mangodag in Tzaneen gesê volgens onafhankli­ke navorsing word daar sowat 140 000 ton mango’s per jaar in Suid-Afrika verbou ‒ amper dubbel soveel as die 80 000 ton waarvoor die vereniging se lede verantwoor­delik is.

Van die ander 60 000 ton word omtrent 14 000 ton versap en gedroog, terwyl die res alles aan die atjarbedry­f gelewer word. Die produsente van dié mango’s is hoofsaakli­k informele, opkomende boere.

Buys sê die omvang van die informele mangobedry­f het aan die lig gekom toe die vervaardig­ers van die drankie Amarula begin kla het omdat hulle nie meer mense kon kry om maroelavru­gte op te tel en aan hulle te lewer nie.

“Hierdie informele maroela-optellers het oor die jare heen hul eie mangoboord­e aangelê. Noudat hul bome in produksie kom, is hulle besig om mango’s te oes wanneer die maroelas opgetel moet word.”

BOERE WOEKER

In die formele sektor het dinge ook nie stilgestaa­n nie en Suid-Afrika se aanplantin­gs het van 2015 tot verlede jaar met 3 000 ha toegeneem. Dit het bygedra tot effens swakker pryse vir die oes van 2017-’18.

Buys sê Suid-Afrika se mangobedry­f het ’n nuwe era betree en boere sal alles in die stryd moet werp om meer vrugte teen beter pryse te verkoop. “Dit gaan beteken dat ons ons mango’s met meer erns moet bemark, nie net twee weke voor die oes nie,” sê hy.

Daarom het hy onlangs met Amerika se nasionale mangoraad gepraat. Hulle het in 2008 ’n opname gedoen en bevind meer as 70% van die Amerikaans­e bevolking weet nie dat ’n mens mango’s in Amerika kan koop nie. Dieselfde opname vanjaar het gewys dat 70% van dié land se mense nou weet hulle kan mango’s daar koop.

“Dit is wat ’n mens met aggressiew­e bemarking kan vermag. Vir elke dollar wat Amerika se mangoraad bestee, kan hulle rekenskap gee van $17 se ekstra verdienste uit mango’s. Dit is waarna ons moet streef.”

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa