Landbouweekblad

Boere se bydrae ‘nie kontant’

- — AMELIA GENIS

ENIGE besluit oor grondhervo­rming sal nie oornag uitgevoer word nie. Dit sal ’n lang proses wees, sê mnr. Henk van Wyk, voorsitter van Agri Noord-Kaap.

Hy het boere wat Agri SA se inligtings­toer op Okiep in die Noord-Kaap bygewoon het, aangemoedi­g om met werkbare planne na vore te kom. “Julle moet help dink aan die pad vorentoe. Ek dink nie die bydrae wat ons kan lewer, is kontant nie.”

Hy sê luidens ’n opname wat Statistiek­e SA in 2012 uitgevoer het, was die omset van 56% van die boere in Suid-Afrika minder as ’n halfmiljoe­n rand per jaar. Daarmee kan ’n mens nie ’n finansiële bydrae lewer nie.

Hy meen die boere sal oorleef. “Ons sal aanhou boer, maar die gesig van die landbou sal nie dieselfde bly nie. Ons moet ekstra aandag gee aan mentor- en vennootska­ppe. Ons moet opkomende boere omarm en hulle kommersiël­e boere maak. Ons kan dít nie aan die Regering oorlaat nie.”

Van Wyk sê die Regering dryf grondhervo­rming, maar dit is ook ’n manier om die onregverdi­gheid van die verlede reg te stel.

SPEELBAL

Grond het nietemin ’n “lekker politieke speelbal” geword.

Van Wyk en mnr. Johannes Möller, vorige voorsitter van Agri SA, het al gesê as hulle die Regering kan oortuig om die nasionale en plaaslike verkiesing op dieselfde dag te hou, kan boere minstens vier jaar lank tussenin boer. “Nou word ons elke twee jaar onderbreek deur verkiesing­sbeloftes en word beleidsons­ekerheid aangeblaas.”

Van Wyk het boere gewaarsku dat hulle eintlik op hulself aangewese is, veral as rampe toeslaan. “As jy verwag om iets van die Regering te kry, verander jou verwagting, want die staatskas is leeg.”

Hy twyfel of die droogte van die afgelope drie, vier jaar gebreek is. Dit het boonop vele ander probleme blootgelê en Agri SA ander planne laat beraam.

Die korrupsie ten opsigte van ramphulp wat die Regering toegedeel het, het Agri SA laat besef daar sal slimmer planne vir ramphulp beraam moet word. As deel van die program van “smart disaster aid” soek Agri SA vindingryk­e maniere om geld in te samel en dit verantwoor­dbaar te bestuur en te belê. Die organisasi­e se hulp met die koördineri­ng en insameling van voerskenki­ngs was reeds ’n stap in dié rigting.

‘Ons moet opkomende boere omarm en hulle kommersiël­e boere maak.’

 ??  ?? Mnr. Henk van Wyk
Mnr. Henk van Wyk

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa