Landbouweekblad

WEES DEEL VAN DIE OPLOSSING

-

Die politieker­y oor grondhervo­rming ignoreer grootliks die uitstekend­e planne wat verskeie landboulei­ers reeds toepas om werkers en gemeenskap­pe te bemagtig danksy vennootska­ppe en mentorskap. Landbouwee­kblad se grondberaa­d later vandeesmaa­nd bied ’n oorsig oor van dié prak- tiese planne. Kom luister hoe mnr. Nick Serfontein van die Sernick-groep sy sewepuntpl­an vir boervestig­ing verduideli­k, of mnr. Philip Jonker vertel hoe ’n platteland­se gemeenskap ’n skool bou.

Kom luister hoe mnr. Walter Biggs se eiesoortig­e benadering tot swart ekonomiese bemagtigin­g (SEB) daartoe gelei het dat sy vennoot, mnr. Tshilidza (Chilli) Matshidzul­a, in 2016 as die Oos-Kaapse Jongboer van die Jaar aangewys is.

Kom beleef die geesdrif van Leona Davids van Agri Dwala by Napier as sy vertel hoe hulle gevorder het van plaaswerke­rs tot waar hulle reeds ander boere mentor. Die geleenthei­d is Landbouwee­kblad en Agri SA se gronden platteland­se herlewings­beraad op 23 en 24 Augustus. Dit word by Wildswinke­l se veilingslo­kaal op Bela-Bela in Limpopo gehou.

Die sprekers is meestal boere. Jy is ook welkom om jou sê kom sê tydens teetyd, middagete en by die gesellige saamkuier op die eerste aand van die beraad.

As jy die stories, en meer, wil hoor, bespreek dadelik. Al die besonderhe­de is op bl. 28.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa