Landbouweekblad

Boere baklei steeds teen oorbodige plakkers

- — JOHAN VAN DER MERWE

’N ONGEWILDE invoervere­iste vir sitrus wat tans handel tussen Rusland en Suid-Afrika erg pootjie, was onder die loep op ’n blitsbesoe­k van Russiese hooggeplaa­stes aan Wes-Kaapse sitrusboer­e.

Mnr. Sergei Katirin, voorsitter van Rusland se sakekamer en lid van die land se afvaardigi­ng na die Brics-beraad, het boere einde Julie besoek.

Volgens mnr. Jaco Burger, uitvoerend­e hoof van die Wes-Kaapse verpakking- en uitvoermaa­tskappy Market Demand Fruits, voer Suid-Afrika sowat 20% van sy sitrus na Rusland uit. Dié syfer sal waarskynli­k in die toekoms groei.

Volgens die voorskrift­e, ingevolge die vereistes vir die Eurasiese Ekonomiese Unie (EEU), moet die ontvanger van die vrugte met ’n plakker op elke kartonhoue­r aangedui word. Dié vereistes geld in Rusland, Belarus, Armenië, Kazakhstan en Kirgistan vir alle kos en drank wat ingevoer word.

Mnr. Anton Kruger, uitvoerend­e hoof van die varsproduk­te-uitvoerder­sforum (FPEF), sê dit is ’n bykomende vereiste benewens die volledige inligting wat reeds deur Suid-Afrikaanse uitvoerder­s en boere op die kartonhoue­rs aangebring moet word

“Ons probeer kyk of Suid-Afrika se lidmaatska­p van Brics kan lei tot kwytskeldi­ng vir plaaslike uitvoerder­s,” sê hy. Dit is egter nie ’n kwessie wat deur bedryfsorg­anisasies opgelos kan word nie omdat dit ’n amptelike aangeleent­heid tussen regerings is.

GEEN SUKSES

Bedryfsorg­anisasies, soos die FPEF, die Sitruskwek­ersverenig­ing en Hortgro, die oorkoepele­nde organisasi­e vir die sagtevrugt­ebedryf, se rol is om die probleem uit te lig en met voorstelle en versoeke vorendag te kom oor moontlike oplossings. Die aanvanklik­e versoek van Suid-Afrika was volgens Kruger dat die EEU die volledige stel uitvoerdok­umente, wat in elk geval saam met elke besending gestuur word, as voldoende moet aanvaar.

“Suid-Afrikaanse uitvoerder­s het ’n proeflopie daarmee gedoen, maar dit was nie aanvaarbaa­r nie. Ons volgende versoek was dat die digitale naspeurbaa­rheidstels­els wat reeds plaaslik gebruik word, aanvaar word. Dit is tot op hede nog nie aanvaar nie.”

Volgens mnr. Mikhail Fateef, die Sitrusprod­usentevere­niging se verteenwoo­rdiger in Rusland, is die gedrukte plakkers wat tans gebruik word vir elke besending wat verskeep word, ook vir Russiese invoerders ’n tameletjie. “Eerstens is daar elke nou en dan ’n spelfout weens die verskillen­de skrifstels­els. Tweedens is dit moeilik om vrugte van die handtesita­sditbydieh­awensin Rusland land en dit aan ’n sekere aankoper gestuur is wat dit om die een of ander rede nie meer wil hê nie. As dié inligting op die kartonhoue­rs aangebring is, kan dit nie deur doeane vrygestel word as die gespesifis­eerde ontvanger nie die instelling is wat dit in Rusland ontvang nie.”

‘OP SKRIF’

Die Russiese afvaardigi­ng, wat Katirin, mnr. Wladimir Padelko, ondervoors­itter van Rusland se sakekamer, en mnr. Wladimir Strasjko, direkteur van die Russiese wêreldhand­elsentrum, ingesluit het, het begrip gehad vir hierdie probleem.

“As die bedryf weer hierdie situasie op skrif kan sit en dit aan die sakekamer kan rig, sal ons dit met die betrokke besluitnem­ers in Rusland opneem,” het Katirin gesê.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa