Landbouweekblad

KAROO VERKLAP ’N PAAR GEHEIME (EN NUWE SOORTE)

- — FREDALETTE UYS

15 nuwe plant-, insek- en diersoorte is in die Karoo beskryf danksy ’n spanpoging­studie genaamd die Karoo BioGaps-projek.

As gevolg van die voorgestel­de skaliegaso­ntwikkelin­g in die Karoo het navorsers met verskeie strategies­e omgewingst­udies begin. Hulle het toe besef dat die data vir soorte in die streek maar redelik skraal is. Die projek is toe van stapel gestuur.

“Dit is eenvoudig wonderlik dat wetenskapl­ikes steeds nuwe soorte in die moderne tye ontdek,” sê me. Domitilla Raimondo, die hoofonders­oeker.

Dié nuwe soorte sluit twee soorte skerpioene, ’n plant wat lid is van die katstertfa­milie, verskeie valdeurspi­nnekoppe, asook twee spinnekopp­e wat in die grond woon, drie moontlike aalwurmsoo­rte, endemiese varswaterv­isse, swamme, ’n moontlike sprinkaans­oort en soorte reptiele.

“Voor die Karoo BioGaps-projek was die Karoo een van die streke in Suid-Afrika wat die swakste bestudeer is, moontlik weens die strawwe omgewingst­oestande en die indruk dat die streek relatief arm is aan verskillen­de soorte diere, plante en insekte,” lui ’n verklaring wat deur die projekspan uitgereik is.

“Die Karoo is egter as ’n belangrike area vir ontwikkeli­ng in Suid-Afrika geïdentifi­seer. Daarom is dit van belang dat die streek se biodiversi­teit goed bestudeer word om ingeligte besluite oor ontwikkeli­ng te neem.”

Benewens die nuwe soorte wat beskryf is, is die taksonomie­se inligting van verskeie soorte ook weer bygewerk en die verspreiMi­nstens dingsgebie­d van verskeie reptiel-, skerpioen-, spinnekop- en aalwurmsoo­rte is aangepas.

Die projek is gelei deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Instituut vir Biodiversi­teit (Sanbi), onder leiding van die Foundation­al Biodiversi­ty Informatio­n Programme, met die samewerkin­g van die Departemen­t van Wetenskap en Tegnologie en die Nasionale Navorsings­instituut.

’n Australies­e mynmaatska­ppy se planne om uraan in die Karoo te myn is reeds verlede jaar in die wiele gery, onder meer danksy die ontdekking van ’n nuwe vygiesoort (Nananthus) naby Aberdeen.

 ??  ?? Die vygie Nananthus is verlede jaar in die Karoo ontdek.
Die vygie Nananthus is verlede jaar in die Karoo ontdek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa