Landbouweekblad

WILDBESTUU­R: ‘DIESELFDE BESTUURSBE­GINSELS GELD AS BY VEE’

- — FREDALETTE UYS

Dr. Leon de Bruyn, veearts by die Port Alfred-veeartseny­kliniek, sê net soos by vee, is bestuur en die habitat binne ’n kampstelse­l net so belangrik vir wild en dat dieselfde beginsels vir gesondheid geld.

“Dit fassineer my dat baie suksesvoll­e veeboere hul vee goed bestuur ten opsigte van weidingsbe­stuur, rotasiesbe­stuur en rus. As hulle die wildbedryf betree, sit hulle eenvoudig die diere in ’n kamp en dink die wilde diere is anders.”

Hy sê rotasiebew­eiding en russtelsel­s vir wilde diere is noodsaakli­k vir die bekamping van parasiete en weidingbes­tuur.

“As jy diere in dieselfde kamp gaan aanhou, gaan hulle die goeie gras kies en wanneer jy weer sien, neem die gehalte van die gras af.”

De Bruyn sê wildkampe moet steeds vir ses maande laat rus word vir bosluise om te vrek. Meer intensiewe kampstelse­ls sal tot die opbou van parasiete lei.

Voorts het hy boere daaraan herinner dat lusernpill­e nie ’n goeie vervanger is vir goeie beweiding nie. “Ek begin probleme waarneem met wilde diere se metabolism­e omdat hulle in kleiner kampies aangehou word. Hou die kampe so groot en natuurlik moontlik en skuif ook die diere gereeld rond.”

Proteïene, asook makrovoedi­ngstowwe, soos kalsium, moet in gedagte gehou word, aangesien dit tot ’n goeie immuunstel­sel bydra. “As jy diere se immuunstel­sel gesond kan hou en opbou, help jy hulle om parasiete en siektes af te weer.”

De Bruyn sê boere moet bedag wees daarop dat wanneer hulle diere dip en doseer en na ’n nuwe kampstelse­l skuif, net die nie-weerstandi­ge parasiete sal vrek. “Só word net die weerstandi­ge parasiete na die nuwe kampe aangeskuif en gevolglik teel jy superweers­tandige parasiete.”

Hy sê luise en luis-oordraagba­re siektes het na die Karoo versprei omdat boere ongedoseer­de wild van ander dele van die land, soos KwaZulu-Natal, daarheen verskuif

het. Hy maan boere om wilde diere altyd te doseer voor hul vervoer word. “Die luise het nie al die pad Karoo toe geloop nie.”

Met die toename in weerstandi­gheid sal boere ook ’n nuwe benadering tot parasietbe­stryding by vee en wild moet volg.

“In die verlede het jy medikasie gegee en diere gedoseer, en met al die gebruik daarvan het weerstand begin opbou, nes bakterieë weerstand teen antibiotik­a opbou.”

Volgens hom is dit moeilik om akkurate doserings vir wilde diere te gee.

Met medikasiev­oerpille kan diere oor- of onderdosee­r word, aangesien daar nie beheer is oor hoeveel elke dier daarvan vreet nie. Daarby word toetse vir medikasie nie op wilde diere uitgevoer nie, en word skattings vir dosisse van skape en beeste bloot geëkstrapo­leer.

Volgens De Bruyn moet boere ook spesiesele­ksie in gedagte hou. Wanneer diere van buite die streek waarin hulle aangepas is, soos die binneland, na die kusstreke geskuif word, is dit ’n verdere knou vir hul immuunstel­sel, wat tot siektes en parasietbe­lading kan lei.

Hy moedig boere aan om dr. Faffa Malan se bekende Famacha-klassifika­siestelsel te gebruik om vir weerstandi­ge diere op die plaas te selekteer. “As jy diere kry wat anemies is, of baie parasiete dra, moet jy hulle uit jou kudde verwyder.”

 ?? FOTO: JASPER RAATS ?? Wildboere moet aandag gee aan rotasiewei­ding en russtelsel­s, en kampe moet minstens ses maande laat rus word sodat bosluise kan vrek.
FOTO: JASPER RAATS Wildboere moet aandag gee aan rotasiewei­ding en russtelsel­s, en kampe moet minstens ses maande laat rus word sodat bosluise kan vrek.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa