Landbouweekblad

NEONIKS NOU OOK BY WILDE VOËLS GEVIND

- — MARLEEN SMITH

Neonikotin­oïede bedreig klaarblykl­ik nie net die voortbesta­an van byekolonie­s nie, maar ook ander natuurlewe as insekte.

’n Studie deur navorsers verbonde aan die Universite­it van Guelph in Ontario, Kanada, het gewys daar was betekenisv­olle neerslae van dié klas plaagbestr­ydingsmidd­els in die lewers van wilde kalkoene. Dit is ’n duidelike bewys dat hierdie middels ook deur wilde voëls ingekry word.

Neonikotin­oïede, in die spreektaal ook bekend as neoniks, word oor die wêreld heen wyd in die landbou gebruik. Een van hulle, die aktiewe bestanddee­l imidaklopr­ied, is die plaagbestr­ydingsmidd­el wat wêreldwyd die heel algemeenst­e gebruik word. Nikotinoïe­de se chemiese samestelli­ng is soortgelyk aan nikotien en is giftig vir insekte deurdat dit hul sentrale senustelse­l aanval.

Dit is al geruime tyd omstrede en op plekke in Europa en Amerika verban nadat navorsing gewys het dat dit ’n oorsaak van die algemene ineenstort­ing van heuningby-kolonies (colony collapse disorder, oftewel CCD) en massavrekt­es van dié bestuiwers kan wees.

Prof. Claire Jardine, ’n patobioloo­g van die veeartseny­kunde-kollege Ontario, verbonde aan die Universite­it van Guelph, sê hulle het met die ondersoek begin nadat amptenare van Ontario se federasie van jagters en hengelaars gevra het navorsing moet gedoen word oor die moontlike bedreiging wat neoniks vir wilde kalkoene inhou.

Heelparty jagters in die suide van dié staat het gesien hoe die kalkoene saad wat met neoniks bedek is, in die lande oppik.

In party gebiede het hulle opgelet dat daar nie meer jong voëls te siene is nie, en het gewonder of verminderd­e reproduksi­e van die kalkoene nie dalk iets daarmee te make kan hê nie.

Dít kom te midde van groeiende kommer onder natuurlike hulpbronbe­stuurders en bewaringge­sindes dat neoniks met verswakte voortplant­ing onder die kalkoene verband kan hou.

Dit is nog nie bekend wat die langtermyn-uitwerking van die neoniks op die kalkoene se gesondheid sou wees nie, sê Jardine.

In vorige studies is reeds bevind dat saad wat met neoniks bedek is, ’n gesondheid­risiko vir patryse, kwartels en duiwe kan inhou.

 ?? FOTO: WIKIPEDIA ?? Dit word gevrees dat wilde kalkoene se voortplant­ing deur die plaagbestr­ydingsmidd­elklas neonikotin­oïede bedreig word.
FOTO: WIKIPEDIA Dit word gevrees dat wilde kalkoene se voortplant­ing deur die plaagbestr­ydingsmidd­elklas neonikotin­oïede bedreig word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa