Landbouweekblad

NEEM BETER BOERDERYBE­SLUITE MET DIE REGTE DATA

- — LIEZL VERCUEIL

Toegang tot die regte data op die regte tyd lewer ’n reusebydra­e tot boere se besluite. Agri Technovati­on (AT), met die samewerkin­g van Mezzanine, ’n filiaalmaa­tskappy van Vodacom wat digitale en Internet van Dinge-oplossings vir Afrika ontwikkel, wil dié soort data in elke boer in Suid-Afrika en die res van die vasteland se hande sit.

Die maatskappy­e se vennootska­p dek AT se MyFarmWeb-platform, wat boere toegang bied tot ’n magdom inligting uit verskeie bronne, saamgevat in ’n wolk.

AT se MyFarmApp-slimfoonto­epassing is die sleutel tot al die strome landbouver­wante data wat by die platform ingevoer word. Dié data kom onder meer van presisiebo­erderysens­ors en eindverbru­ikergegene­reerde data.

“Presisiebo­erdery, wat ook as die vierde landbourev­olusie bekend staan, is datagedrew­e, met die doel om boere se daaglikse besluitnem­ingspro- ses te verbeter, wat doeltreffe­ndheid voortstu,” sê mnr. Jacques de Vos, uitvoerend­e hoof van Mezzanine.

“Die vennootska­p met Mezzanine sal MyFarmWeb-gebruikers toegang gee tot die magdom sensors op plase wat data insluit oor voertuig-opsporing en veiligheid, grondvog en -temperatuu­r, mikroklima­te en weerstoest­ande, watervloei en reservoirv­lakke, oesopbreng­smeting en -gehalte, brandstofv­oorraad en die verbruik van ander produksiem­iddele, asook die verwante voordele en insigte,” sê mnr. Erik de Vries, uitvoerend­e direkteur van AT.

Meer as 2 700 boerderye in Suid-Afrika en elders gebruik reeds die MyFarmWeb-stelsel, wat plaaslik deur Laeveld Agrochem en Farmers Agri-Care in KwaZulu-Natal versprei word.

 ??  ?? ’n Nuwe vennootska­p is aangekondi­g wat die webplatfor­m MyFarmWeb en die toepassing MyFarmApp ook binne die bereik van kleiner boere plaas.
’n Nuwe vennootska­p is aangekondi­g wat die webplatfor­m MyFarmWeb en die toepassing MyFarmApp ook binne die bereik van kleiner boere plaas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa