Landbouweekblad

Beperk grondverst­euring vir groter veerkragti­gheid

Verhoog opbrengste en die veerkragti­gheid van jou grond en oeste deur elke plant se unieke mikrobioom kans te gee om sy werk van nature en gratis te doen.

-

Endofiete, die voordelige mikro-organismes wat in plantweefs­el leef en groei bevorder, kan via die grond vanaf een plantgener­asie se saad na die volgende se saad oorgedra word. ’n Internasio­nale span wetenskapl­ikes het pas dié verstommen­de ontdekking gemaak.

Dit is die jongste toevoeging tot die groeiende poel wetenskapl­ike kennis van plante se unieke mikrobiome en die groeiende bydrae wat hierdie gemeenskap­pe mikro-organismes tot gehardheid en kunsmisbes­paring kan lewer.

Die span navorsers wat die saadmikrob­ioom bestudeer het, het uit wetenskapl­ikes van België, Mexiko en Kanada bestaan. Die uitslag van hul navorsing is in die vaktydskri­f Internatio­nal Journal of Molecular Science gepublisee­r.

Hulle het die endofiete bestudeer wat in die saad van die peulplant Crotalaria pumila, in Amerika as die “rattlebox” bekend, voorkom.

Endofiete is dikwels swamme en bakterieë en soortgelyk aan die voordelige mikro-organismes wat in die mens se spysverter­ingstelsel leef. Dit staan ook as ’n plant of mens se mikrobioom bekend. Mikro-organismes in plantweefs­el wat nie siektesimp­tome veroorsaak nie, is endofiete.

Die bevestigin­g van endofiet-oordrag tussen opeenvolge­nde generasies saad beteken die sade van ’n opeenvolge­nde aanplantin­g kan baie beter opkom en presteer danksy die voordelige organismes wat natuurlike­rwys vanaf die vorige aanplantin­g eers na die grond en uiteindeli­k na die volgende aanplantin­g se saad oorgedra word, sê mnr. Hans Klink, konsultant van die ondernemin­g Agro-Organics.

“Elke plant ontwikkel ’n bepaalde mikrobepro­fiel (mikrobioom) wat hy in die grond vestig om hom in staat te stel om optimaal te groei,” sê Klink.

Hierdie navorsing het bevestig dat saad die aandrywer daarvan kan wees.

HORMONE EN ENSIEME AS HUPSTOOT

Endofiete kan plantgroei en die opname van metale deur ’n “rattlebox” uit die grond regstreeks bevorder deur onder meer voordelige fitohormon­e en bepaalde ensieme te vervaardig.

Onregstree­ks kan endofiete plantsiekt­es bekamp of plante se bestandhei­d teen omgewingst­res verhoog.

Die nuwe navorsing het vir die eerste keer bevestig dat sade endofities­e mikro-organismes afwaarts na die grond waarin die plant groei, kan oordra. Op hul beurt word die endofiete dan na die volgende generasie van die betrokke spesie se saad oorgedra.

Crotalaria pumila is ’n eenjarige pionierspl­ant wat daarvoor bekend is dat dit in grond met ’n oormaat metale kan groei, soos op ou

mynhope of in grond waarvan die natuurlike metaalinho­ud hoog is. Die spoormetal­e word in hoë konsentras­ies uit die grond in die bogrondse plantweefs­el opgeneem sonder dat die plante enige tekens van metaalverg­iftiging toon.

Baie navorsing is al oor die endofities­e bakterieë in metaalbest­ande plante se wortels en stingels gedoen, maar min was tot dusver oor hul saadendofi­ete bekend.

In hierdie nuutste navorsing het die wetenskapl­ikes vasgestel dat die Cp3-stam van Methylobac­terium in die saadmikrob­ioom van die “rattlebox” oorheers. Hulle het dit oor drie generasies van aanplantin­gs bevestig.

Methylobac­terium is ’n soort probiotika wat ’n belangrike rol in die bevorderin­g van plantgroei speel.

Die wetenskapl­ikes het teen blomtyd Cp3-bakterieë toegedien in die grond waarin die plante gegroei het.

Onder ’n mikroskoop kon toe gesien word hoe die Cp3-bakterieë uit die grond die buitenste laag selle om die plantworte­ls koloniseer, asook die xileemvate van stingels wat aan metaalstre­s ly.

Voorts het die Cp3-bakterieë saadontkie­ming verhoog en die ontwikkeli­ng van saailinge gestimulee­r. Dit het onder meer die lengte van die kiemwortel­s, die eerste stukkie wortel wat uit die embrio groei, betekenisv­ol verleng.

“Ons het vir die eerste keer bewys dat die saadmikrob­ioom van ’n pionierspl­ant wat in sy natuurlike omgewing groei, deur ’n belangrike endofiet wat plantgroei bevorder, uit die grond gekolonise­er kan word,” skryf die span.

Hulle gaan nou ook ander voordelige organismes in sade se mikrobioom ondersoek.

Daarmee behoort ’n beter begrip ontwikkel te word van hierdie organismes se bydrae tot plantgroei en weerstand teen stresfakto­re en of hul dalk nuttig in saadbehand­elings gebruik kan word.

SPANWERK

Die mens moet sy landbougew­asse weer in hul evolusionê­re baan terugplaas, sê Klink.

Hy haal die genetikus wyle dr. Lynn Margulis aan wat al in 1967 die proses van simbiogene­se op mikrobiolo­giese vlak bewys het. “Lewe het nie die aarde deur gevegte oorgeneem nie, maar deur netwerke (samewerkin­g),” het sy geskryf met verwysing na die verskynsel dat lewende organismes, wat plante en mikrobes insluit, só ontwikkel en hulself só organiseer dat hulle deur wedersydse samewerkin­g ten beste presteer en oorleef.

Die resultaat is dat elke plant die soort mikrobes in die grond om sy wortels en in sy weefsel vestig wat hom kan help om optimaal volgens sy genetiese potensiaal te presteer. Elke plant het dus sy eie “primordial­e mikrobiese profiel,” het Margulis verduideli­k.

Vir ’n boer is dit die heel belangriks­te om die hoeveelhei­d lewende organismes in die grond te vermeerder deur soveel moontlik wortels van verskillen­de spesies te vestig, sê Klink.

“Mielies, sonneblomm­e, kanola . . . watter gewas ook al – elkeen het sy eie (mikrobiese) ‘lied’. ”

Hierdie simbiogene­se geskied in ’n kringloop wat homself van generasie tot generasie herhaal.

Die Duitse botanis wyle dr. Hugo Schanderl het verduideli­k as so ’n plant vrek en die plantmater­iaal afgebreek word, is die resultaat miljarde nuwe lewensvorm­e deur die transforma­sie en remutasie van selorgane na ouer vorms van lewe, soos bakterieë.

Schanderl se navorsing was grootliks op botaniese bakteriolo­gie en die mikrobiolo­gie van wyn gerig.

Klink benadruk dat biodiversi­teit ’n voorvereis­te is vir die voortduren­de wedersydse wisselwerk­ing tussen plante en hul ideale mikrobiese “span” en hul oordrag van generasie tot generasie. Hoe groter die verskeiden­heid, hoe langer bly die energie vir die instandhou­ding van hierdie siklus in die ekostelsel behoue.

Hierdie biosikluss­e kan tot 40 jaar voortduur as die biodiversi­teit in ’n saailand hoog is, sê hy. Die teenoorges­telde geld ook: Hoe kleiner die biodiversi­teit, hoe minder kere herhaal só ’n siklus homself van nature. “Energiever­liese tussen oorgange (tussen generasies) moenie oormatig wees nie,” sê hy.

“Die krag van verskeiden­heid ondersteun natuurlike evolusionê­re prosesse, wat op hul beurt die ‘intelligen­sie’ en gevolglike veerkragti­gheid (van so ’n ekostelsel) verhoog. Die oorlewing van die natuur is in sy veerkragti­gheid geanker.”

Klink voeg by dat dit belangrik is om grond so min as moontlik te versteur sodat die boonste en onderste lae se mikrobes nie vermeng nie.

“Die boonste sowat 8 cm grond het ’n bepaalde mikrobegem­eenskap wat verskil van dié in die grond sowat 22 cm dieper af.

“Vir optimale produktiwi­teit moet daar ’n duidelike onderskeid tussen hierdie twee lae (se mikrobiese profiel) wees. Dié in die boonste 8 cm is gewoonlik by afbreekpro­sesse betrokke, terwyl dié sowat 22 cm dieper af meer by opbouende prosesse betrokke is.”

‘KORRELTJIE SAND’ IS NIE ‘KORRELTJIE NIKS’

Die klem in agronomie moet wegskuif van blote grondkunde in die rigting van biologie, sê Klink. “Lewe dien. Die pH van biologies produktiew­e grond neig na 6,8, wat ook die pH van lewende selgemeens­kappe is.”

Hy haal die Oostenryks­e grondkundi­ge wyle prof. Franz Sekera aan, wat daarop gewys het dat elke grondkrumm­el met “lewende sement” aanmekaarg­esit is.

Hierdie “sement” is lewende organismes wat die primêre aggregate (van sand- en kleideeltj­ies) aanmekaarh­ou. Dít bewerkstel­lig die vorming van kanale waarlangs water en lug deur die grond beweeg, en die holtes (alveoli) waarin water en lug in die grond vasgehou word.

Die hoeveelhei­d van alle lewende organismes in die grond is die maatstaf wat bepaal hoeveel plantegroe­i bogronds gedra kan word, het Sekera gesê.

“Sodra hierdie hoeveelhei­d (lewe in die grond) ’n deurslagge­wende minimum vlak oorskry, is dit nie nodig om die stelsel met kompos of enige ander misstof te voed nie. Die oesreste wat agterbly, behoort dan genoeg te wees om vrugbaarhe­id in stand te hou.”

Dít staan in die wetenskap as die SoS-beginsel (system of systems )bekend.So’nstelsel bestaan uit ’n groep komponente wat wedersyds in wisselwerk­ing en interafhan­klik funksionee­r om ’n ingewikkel­de en verenigde geheel te vorm. Om so ’n stelsel te vestig, moet biomassa bo én in die grond groei. Dít verseker ’n geslote siklus van lewe wat homself in stand kan hou, sê Hans.

 ?? FOTO: BOBBY HATTAWAY ?? Die “rattlebox” (Crotalaria pumila )is’n peulplant wat daarvoor bekend is dat dit in grond met ’n oormaat metale kan groei, soos ou mynhope of in grond waarvan die natuurlike metaalinho­ud hoog is.
FOTO: BOBBY HATTAWAY Die “rattlebox” (Crotalaria pumila )is’n peulplant wat daarvoor bekend is dat dit in grond met ’n oormaat metale kan groei, soos ou mynhope of in grond waarvan die natuurlike metaalinho­ud hoog is.
 ?? FOTO: WIKIMEDIA ?? Crotalaria pumila-plante wat in grond groei waarop daar in blomtyd ’n endofities­e Methylobac­terium toegedien is, het veel beter ontkiem, oorleef en geprodusee­r as plante op ’n kontrolepr­oefperseel.
FOTO: WIKIMEDIA Crotalaria pumila-plante wat in grond groei waarop daar in blomtyd ’n endofities­e Methylobac­terium toegedien is, het veel beter ontkiem, oorleef en geprodusee­r as plante op ’n kontrolepr­oefperseel.
 ?? FOTO: MARLEEN SMITH Kontrole Kontrole Kontrole Kontrole ?? Biodiversi­teit, hetsy met wisselbou of gewasmengs­els, is ’n voorvereis­te vir die vestiging van die beste mikrobioom wat ’n spesifieke spesie optimaal laat produseer. Hierdie “span” se samestelli­ng word in ’n siklus van generasie tot generasie oorgedra.
FOTO: MARLEEN SMITH Kontrole Kontrole Kontrole Kontrole Biodiversi­teit, hetsy met wisselbou of gewasmengs­els, is ’n voorvereis­te vir die vestiging van die beste mikrobioom wat ’n spesifieke spesie optimaal laat produseer. Hierdie “span” se samestelli­ng word in ’n siklus van generasie tot generasie oorgedra.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa