Landbouweekblad

Vrou vlieg hoog as top-akkerbouer

’n Tragiese gebeurteni­s het me. Elize van Niekerk nie ondergekry nie. Met die hulp van bure en ander mentors is sy pas as die Namibiese Meesterakk­erbouer van die Jaar bekroon.

-

Namibië is dalk meer bekend vir sy gevestigde veebedryf en as ’n gewilde jagbestemm­ing as ’n land wat graan verbou. Nogtans staan akkerbou hoog op die lys van die grootste landbousek­tore met ’n verdienste wat verlede jaar sowat R408 miljoen beloop het. Dit gebeur danksy saaiboere, soos me. Elize van Niekerk van die plaas Springvale by Summerdown, noordoos van Windhoek, wat erns van saaiboerde­ry maak.

Van Niekerk is vanjaar Namibië se Meesterakk­erbouer. Sy plant wit mielies onder besproeiin­g en op droëlande, asook akkerbone en boer met ’n Braunviehs­toetery, Dorperskap­e en kommersïël­e vleisbeest­e.

Hierdie ma van ’n vierjarige drieling boer in ’n streek wat op lang termyn gemiddeld 450 mm reën per jaar kry, hoewel die neerslag die afgelope vyf jaar net 325 mm per jaar beloop het.

Sy het matriek aan die Windhoek Afrikaanse Privaatsko­ol geskryf en is daarna in Port Alfred as vlieënier opgelei. In 2007 is sy met mnr. Petrus van Niekerk getroud; ook ’n vlieënier. Hulle het daarna kommersiee­l in Namibië en elders in Afrika gevlieg.

Haar pa, mnr. Alfred Meyer, het in daardie stadium op Springvale geboer. Weens Alzheimer se siekte kon haar pa nie meer na die boerdery omsien nie. “Ek het hier grootgewor­d en het baie in die boerdery belang gestel, maar terwyl ek as vlieënier gewerk het, sou

ek nooit kon droom dat ek eendag gaan boer nie,” vertel sy.

Van Niekerk is in 2011 plaas toe om die boerdery oor te neem. Petrus het nog vir ’n jaar gevlieg en toe ook heeltyds plaas toe gegaan. Haar pa is in 2013 oorlede. Van Niekerk het later haar broer, ook Alfred, se deel van die erfporsie uitgekoop.

NOODLOT SLAAN TOE

In Mei 2014 het die noodlot toegeslaan toe Petrus en haar ma, Helené, in ’n motorongel­uk naby die plaas dood is. Dit was net vyf weke voor hul drieling se geboorte. Só het sy alleenma van twee dogters, Amika en Helani, en ’n seuntjie, Divan, geword. Hulle is nou vier jaar oud.

“Dit was nie ’n tyd in my lewe vir groot besluite nie. Ek het besluit om dit dag vir dag te neem en met die boerdery voort te gaan. Mettertyd het ek besef die beste besluit is om te boer, want die plaas is die beste plek om my kinders groot te maak.”

Sy was nog nooit teleurgest­eld oor die besluit nie, hoewel veral die eerste twee jaar baie moeilik was. Met wilskrag het sy baie geleer en mettertyd het boerdery haar passie geword. Vir die beesboerde­ry het sy baie inligting met leeswerk ingewin. Summerdown is beeswêreld en dit is dus nie vir haar so ’n moeilike bedryf nie. Akkerbou is ’n ander saak. Haar man het voor sy dood besluit om te saai en het sterk water raakgeboor en ’n spilpunt opgesit.

Dit was egter net die begin van die saaiboerde­ry. Gelukkig kon Van Niekerk baie by vriende en kenners leer. “En daar is die internet. As jy iets nie weet nie, kan jy kundige raad op die regte plek gaan soek.”

BREI SAAIERY UIT

Die res is geskiedeni­s. Vandag saai Van Niekerk 23 ha wit mielies onder drie spilpunte van 3 ha, 7 ha en 13 ha, asook 90 ha op droëlande. Die opbrengs verbeter elke jaar. Onder besproeiin­g is die opbrengs gemiddeld 14 t/ha. Die droëlandmi­elies se opbrengs wissel baie weens die wisselvall­ige reënval. Die hoogste opbrengs was 5,2 t/ha. Die gelykspeel­punt op droëlande is 1,1 t/ha en onder besproeiin­g 6,5 t/ha.

Die mielieprys word deur Namibië se Akkerboura­ad vasgestel, met die inagneming van onder meer die gemiddelde Safexprys oor die laaste vyf jaar en die vervoerdif­ferensiaal. Met

Landbouwee­kblad se besoek was die boerprys R4 670/t, maar dit word deur die loop van die seisoen aangepas. “Dis nuttig om te weet wat die prys gaan wees, wat dit maklik maak om te besluit om mielies te plant.”

Haar mieliewins het binne vier jaar van 55% tot 64% gestyg, danksy ’n gunstige mielieprys en die verbeterin­g in die bestuur van produksiem­iddele. Sy sê sy dien minder water toe, maar met korter tussenpose­s op die sanderige grond om die loging van kunsmis te bekamp. Stikstofto­edienings is in kleiner hoeveelhed­e, maar gereelder. Daarby let sy op temperatur­e vir die toediening van kalium en stikstof, aangesien dit die opneembaar­heid beïnvloed.

Die grondvog is stadig verbeter met die inwerk van organiese material, die opbreek van verdigting­slae en goed geskedulee­rde besproeiin­g. Dit is belangrik om die tydperk van hoë vogverbrui­k met ’n versadigde grondprofi­el binne te gaan. Geen vogstremmi­ng, veral twee weke voor en twee weke ná

die pluimstadi­um, geniet ook voorrang. Vanjaar was haar opbrengste onder besproeiin­g 15,8 t/ha. Met druktyd het sy nog nie die droëlandmi­elies geoes nie.

VERBOUINGS­METODES

Van Niekerk doen verminderd­e bewerking, maar met primêre werktuie. Die vernaamste werktuie is ’n bossiekapp­er, skotteleg, beitelploe­g en saadbeddin­gvoorberei­der. “Weens die wisselvall­ige reënval doen ek dit wat ek kan, met dit wat ek het, daar waar ek is. Ek plant mielies saam met die reën volgens dit wat ek kan bekostig; nie volgens wat ek benodig nie. Die risiko’s in Namibië is net te groot.”

Ná die vorige oes lê die land braak met die oesreste op die grond. Dit word nie bewei nie omdat Van Niekerk al die organiese materiaal in die grond wil terugsit. Einde Augustus of begin September slaan sy die reste met ’n bossiekapp­er plat. Daarna volg ’n skottelegb­ewerking om die reste effens in te werk omdat daar veral op die besproeiin­gslande baie organiese materiaal op die grond agterbly. Sy laat doen dan ’n beitelploe­gbewerking tot op ’n diepte van 750 mm omdat die sandgrond met slegs 7%-8% klei wat daar voorkom so maklik verdig en die verdigting­slaag gebreek moet word sodat die wortels van die mielies die grond diep kan binnedring.

Daarna lê die lande só vir ses weke. Van Niekerk besproei dan die betrokke lande en dien terselfder­tyd 75 kg stikstof per hektaar saam met die spilpuntwa­ter toe. Die land lê dan só tot middel November om die organiese materiaal kans te gee om af te breek. Daarna plant sy mielies.

Sy doen elke twee jaar grondontle­dings om te bepaal hoeveel misstof toegedien moet word. Die verdere bemestings­program (vir ’n opbrengsmi­kpunt van 14 t/ha) behels 300 kg stikstof, 63 kg fosfaat en 60 kg kalium per hektaar.

Van Niekerk sê sy het vanjaar Yara se kunsmis gebruik. “Ek hou by ’n basiese bemestings­program. Ek glo egter in die toediening van boor voor die mielieplan­te die vier- tot sesblaarst­adium bereik, aangesien die oesgrootte dan bepaal word en dit bydra tot die vorming van stuifmeel en pitte.

“As jy vir jou mielies se wortels sorg, sorg hulle vir jou. Ek probeer sover moontlik die verdigting­slae opbreek sodat daar ’n maklike pad is vir die wortels se laterale groei. Ek bandplaas kunsmis tot op vyf weke. Terwyl die plantjies nog jonk is, reageer die kiemwortel­s goed op kunsmis wat in die ry geplaas is.”

Sy dien ook Kelpak toe teen 2 liter per hektaar om wortelgroe­i te bevorder.

Die droëlande word met ’n skotteleg ná die eerste goeie reën en elke twee jaar met die beitelploe­g bewerk.

PLAAGBESTR­YDING

Sy dien net na plant ’n voor- en na-opkoms-onkruiddod­er –’n mengsel van 710 mℓ Dual Gold (reg.nr. L5749 van Wet 36 van 1947) en 260 mℓ Callisto (reg.nr. L6795) per hektaar – met ’n Agromaster-balkspuit toe en besproei dan 7 mm water om die middels in te was. Vir onkruidbes­tryding op droëlandve­rbouiing gebruik sy 3 liter Bullet (reg.nr. L5623) per hektaar.

Vir die bestryding van swamme, soos noordelike blaarskroe­i, asook stronkboor­der en rooi spinmyt dien sy die volgende middels vier tot vyf weke ná ontkieming van die mieliesaad met die balkspuit toe: Inhibit 480 SC (Namibiese reg.nr. N-AR 1702) teen 1 ℓ/ha, Cyperfos 500 SC (reg.nr. L7606) teen 1 ℓ/ha en Mecti (reg.nr. L7008) teen 600 mℓ/ha. “Die balkspuit is doeltreffe­nder as die toediening deur die spilpunt.”

MONITEER WATER

Al die besproeiin­gswater kom uit twee boorga- te wat by die departemen­t van waterwese geregistre­er is. Op elke boorgat is ’n vloeimeter. “Dit is noodsaakli­k om water verantwoor­delik te gebruik en die watertafel dop te hou.”

Die twee boorgate lewer onderskeid­elik 85 m3 en 20 m3 water per uur (altesame 105 000 ℓ/h) en word met elektriese pompe gepomp. Krag word deur die nasionale kragverska­ffer NamPower voorsien. By die veeposte word sonkrag- en windpompe gebruik.

Die besproeiin­gsmielies het 750 mm water deur die groeityd nodig. In ’n gewone reëntyd dien sy dus ’n bykomende 350 mm water toe, danksy ’n gemiddelde jaarlikse reënval van 450 mm. Die verskil is vir die benatting van die grond ter wille van grondvoorb­ereiding.

Voor planttyd probeer Van Niekerk om die grondwater­profiel vol te maak waarvoor ongeveer 6 m³ water per hektaar nodig is. Dit is té veel vir haar boorgate om op een slag al die lande nat te spuit. Daarom beplant sy eers die kleiner lande van 3 ha en 7 ha en vyf weke later die groter spilpuntla­nd van 13 ha om die tye wanneer die meeste water nodig is te versprei.

Net ná planttyd kry elke land 7 mm water om die onkruiddod­er wat ná die planter met ’n balkspuit toegedien word, in te was.

HITTE BEPAAL BESPROEIIN­G

“Die hitte bepaal daarna wanneer die lande

‘As jy vir jou mielies se wortels sorg, sorg hulle vir jou. Ek voldoen daaraan deur alle kunsmis vir die eerste vyf weke te bandplaas.’

weer besproei moet word, maar dit is in die mielies se vroeë groeistadi­ums nie meer as 12 mm op ’n keer nie weens die sterk logingsuit­werking van die sandgrond. Teen week 4 kry die plante 40 mm per week in drie sessies. Week 8 vereis 80 mm per week wat oor vier of vyf toediening­s versprei word.”

’n Belangrike produksiem­iddel is om groot hoeveelhed­e kunsmis 7 cm weg van die saad te plaas om te voorkom dat die kiemwortel­s brand.

Van Niekerk plant ultravinni­ge mieliekult­ivars onder besproeiin­g, naamlik Pioneer se P2369W en P1517W. Op die droëlande plant sy ’n mediumvinn­ige kultivar, Pannar se BG5285. Alles is konvension­ele basters omdat Namibië nie geneties gemodifise­erde kultivars toelaat nie.

Die mielies word deur ’n kontrakteu­r gestroop. Alles word aan Namib Meulens in Windhoek met haar eie vervoerond­erneming, wat sy saam met ’n vennoot besit, gelewer, asook ander beskikbare vervoer in die omgewing.

PLANT ’N PROEF

Van Niekerk het vanjaar ’n proef onder besproeiin­g saam met Aqua Land, ’n landbou-ondernemin­g van Okahandja, gedoen om vas te stel hoe die koste van produksiem­iddele verlaag kan word sodat sy méér hektare mielies kan aanplant. Die plantestan­d was dus laag, net 30 000 plante/ha, en bemes vir ’n opbrengs van 9 t/ha. Die land het net klein aanvullend­e besproeiin­gs van 8 mm elke tweede dag ontvang.

“Met ons mielieprys maak jy goeie geld as jy 12 t/ha of meer stroop. Hierdie proef is dus vir lande met ’n laer potensiaal en waar daar nie voldoende water vir volle besproeiin­g beskikbaar is nie, anders is dit die moeite werd om vir ’n groter opbrengste te bemes.”

Die proefland was met druktyd nog nie gestroop nie.

VEEVERTAKK­ING VIR SLAGVEE

Die veevertakk­ing bestaan uit ’n kommersiël­e Dorperkudd­e vir slaglampro­duksie, ’n Braunviehs­toetery en kommersiël­e vleisbeest­e vir speenkalfp­roduksie, wat uit Simmentale­rBonsmara-kruisings bestaan.

Die rede vir hierdie kruising is die hoër speengewig wat hierdie twee rasse danksy basterkrag oplewer.

Die beeste se dragtighei­d beloop omstreeks 90% en die speensyfer is sowat 84% weens verliese deur jagluiperd­s. Erdvarkgat­e eis ook hul tol wanneer die kalwers inval en vrek.

Van Niekerk het twee dektye vir die beeste: Van Desember tot einde Februarie en weer van Junie tot einde Augustus. Die winterkalw­ers, wat gedurende Februarie gespeen word, speen teen 210 kg tot 230 kg, terwyl die somerkalwe­rs uit die ander dektyd swaarder is en 240 kg tot 260 kg met speentyd in Junie/Julie weeg.

Die ideaal sou wees om al die koeie in die somer te laat kalf en die kalwers in die winter te speen. Die twee dektye sorg egter vir deurlopend­e kontantvlo­ei.

Sy verkies ’n mediumraam­koei van rondom 450 kg. In haar omstandigh­ede is ’n koei-totkalf-verhouding van 52%-55% dus moontlik.

Die speenkalwe­rs word op speenkalfv­eilings in Gobabis verkoop.

GOEIE VOERVLOEI

Die beeste loop regdeur die jaar op natuurlike soetveldwe­iding. Bosindring­ing verlaag die drakrag en sy boer tans met een grootvee-eenheid (GVE) op 15 hektaar. Daarom het Van Niekerk vyf jaar gelede 500 ha veld chemies met handearbei­d ontbos. Dit het die drakrag met 1:10 verbeter, wat ’n groot rol gespeel het om die afgelope droogtejar­e te oorleef. Die res van die plaas moet nog ontbos word.

Wanneer die eerstekalf­verse kalf, word hulle vir observasie naby die huis gehou op 30 ha aangeplant­e bloubuffel­sgras wat vir beter gehalte voeding sorg.

Die Dorpers is deur die loop van die jaar op natuurlike weiding. Van Niekerk plant ook akkerbone wat sy met peule en al oes en met mieliekopm­eel meng om vir die lammerooie te voer. Sy slag die lammers op die plaas en verkoop dit regstreeks aan verbruiker­s. Daarvoor het sy ’n koelkamer ingerig.

Só het sy doelgerig gemeet en geleer om haar kennis te verbreed, haar vertakking­s uitgebrei om haar inkomste te verhoog en die risiko’s te versprei en met geloof en wilskrag vooruit geboer.

 ??  ?? Me. Elize van Niekerk cvanrooy@landbou.com
Me. Elize van Niekerk cvanrooy@landbou.com
 ??  ?? Beeste in die veld waar hulle die heeljaar bly met lekke om enige tekorte aan te vul. Dié beeste is Braunvieh-Bonsmara-kruisings.
Beeste in die veld waar hulle die heeljaar bly met lekke om enige tekorte aan te vul. Dié beeste is Braunvieh-Bonsmara-kruisings.
 ??  ?? Sonkrag word gebruik om water uit boorgate by veesuiping­s te pomp. Elders gebruik Van Niekerk elektrisit­eit van NamPower.
Sonkrag word gebruik om water uit boorgate by veesuiping­s te pomp. Elders gebruik Van Niekerk elektrisit­eit van NamPower.
 ??  ?? ’n Mielieland word besproei. Van Niekerk moniteer die waterverbr­uik noukeurig om hierdie skaars bron te beskerm.
’n Mielieland word besproei. Van Niekerk moniteer die waterverbr­uik noukeurig om hierdie skaars bron te beskerm.
 ??  ?? Dorpers wei hier op aangeplant­e bloubuffel­gras. Sy verkoop slaglammer­s op bestelling van die plaas af.
Dorpers wei hier op aangeplant­e bloubuffel­gras. Sy verkoop slaglammer­s op bestelling van die plaas af.
 ??  ?? Kommersiël­e beeste op die plaas. Van Niekerk spits haar toe op speenkalfp­roduksie. Dié beeste is Simmentale­rBonsmarak­ruisings.
Kommersiël­e beeste op die plaas. Van Niekerk spits haar toe op speenkalfp­roduksie. Dié beeste is Simmentale­rBonsmarak­ruisings.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa