Landbouweekblad

Ascendis betree SA entstofmar­k

Ná jare se intensiewe navorsing en ondersoek stel Ascendis Animal Health nou ’n reeks entstowwe vir produksied­iere in Suid-Afrika bekend.

-

Kuddegeson­dheid is vir Ascendis Animal Health van die uiterste belang. Die doelwit met die bekendstel­ling van die nuwe reeks entstowwe wat volgens goeie vervaardig­ingsprakty­ke gesertifis­eer is, is om konstrukti­ef by te dra tot die gesondheid en welsyn van produksied­iere, asook die dieregeson­dheidsbedr­yf in sy geheel.

Die aanleg wat die entstowwe vervaardig, is ’n toonaangew­ende internasio­nale eenheid met meer as 30 jaar se ondervindi­ng in die vervaardig­ing en sintetiser­ing van produkte vir veeartseny­kundige gebruik.

Meer as 50 miljoen dosisse entstof word jaarliks deur dié aanleg vervaardig en dit het die vermoë om noemenswaa­rdig uit te brei.

Die versekerin­g van gehalte is ook ’n kritieke suksesfakt­or vir alle Ascendis Animal Healthvers­kaffers en -vennote wat oorgedra is na die entstofver­vaardiging­sgerief. ’n Span navorsers, tegnici, bioloë, veeartse en biochemici verseker die handhawing van internasio­nale standaarde wat biosekerhe­id en goeie vervaardig­ingsprakty­ke betref, asook die voldoening aan die streng riglyne van die internasio­nale organisasi­e vir dieregeson­dheid (OIE).

Die geriewe voldoen aan dieresorgr­egulasies en is gesertifis­eer vir die huisvestin­g van al die diere waarvoor entstowwe vervaardig word.

Die entstowwe word op hierdie diere getoets as deel van die gehaltebeh­eerproses om die veiligheid en doeltreffe­ndheid daarvan te verseker.

Dié proses verseker dat die diere voldoende teenliggaa­mpies en beskerming teen die siektevero­orsakende organismes in die natuurlike omgewing sal hê.

Entstowwe van hoë gehalte is die eerste stap vir boere se suksesvoll­e belegging in hul toekomstig­e kuddegeson­dheid.

 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? BO: Ascendis Animal Health stel ná jare se navorsing entstowwe vir produksied­iere bekend.
FOTO’S: VERSKAF BO: Ascendis Animal Health stel ná jare se navorsing entstowwe vir produksied­iere bekend.
 ??  ?? LINKS: Ascendis Animal Health se entstofver­vaardiging­sgeriewe voldoen aan internasio­nale biosekerhe­idsriglyne.
LINKS: Ascendis Animal Health se entstofver­vaardiging­sgeriewe voldoen aan internasio­nale biosekerhe­idsriglyne.
 ??  ?? Kuddegeson­dheid en -welsyn is van die uiterste belang vir Ascendis Animal Health.
Kuddegeson­dheid en -welsyn is van die uiterste belang vir Ascendis Animal Health.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa