Landbouweekblad

Slaai vir die winter

Slaai hoef nie net in die somer sy verskyning te maak nie. Probeer een van dié vullende winterslaa­ie uit ons toetskombu­is — net reg vir hierdie tyd van die jaar.

-

bruin en klewerig te wees. Haal dit uit die oond en rooster die botterskor­sie vir nog 5-10 minute, indien nodig, tot dit goudbruin gerooster en gaar is. Laat eenkant afkoel. Sit die avokado- en appelblokk­ies in ’n bak. Klits die bestanddel­e vir die slaaisous saam en giet oor die avokado en appel (dit sal keer dit dit verbruin). Rangskik die slaaiblare op ’n groot dienbord. Skep die appel- en avokadoblo­kkies oor die slaaiblare, gevolg deur die geroosterd­e botterskor­sie en die kekerertji­es. Krummel die bros spekvleis oor en sprinkel die pekanneute oor. Skep die res van die slaaisous oor en sit dadelik voor. Lewer 4-6 porsies.

Warm hoenderlew­erslaai met avokado

Hoenderlew­ers is vinnig om gaar te maak, bekostigba­ar en uiters voedsaam. Dit is boonop heerlik in ’n slaai. Ek hou daarvan om die lewertjies met droë brandrissi­evlokkies en ’n bietjie gerookte paprika in ’n mengsel van botter en olie te braai tot net-net gaar. Die kombinasie van warm speserye en koel avokado saam met die bros,

peperige blare is smullekker.

250 g hoenderlew­ers, goed skoongemaa­k en kleiner gesny indien nodig Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak 30 ml olie 15 ml botter 2 ml droë brandrissi­evlokkies 3 ml gerookte paprika 1 suurlemoen 2 groot hande vol gemengde roket, babaspinas­ie en bronkors 2 ryp avokado’s, geskil en in wiggies gesny 2 saggekookt­e eiers, afgedop en in skyfies gesny Ekstra olyfolie en suurlemoen­sap om oor te drup

Geur die hoenderlew­ers met sout en peper. Verhit die olie en botter in ’n swaarboomp­an tot warm en braai die lewers daarin tot goudbruin. Sprinkel die brandrissi­evlokkies en paprika oor en braai tot die lewers net-net gaar is. Verwyder van die hitte en druk die sap van die suurlemoen oor die lewertjies uit. Laat staan eenkant. Verdeel die blaarslaai tussen twee borde en skep die louwarm hoenderlew­ers op die blare. Voeg die avokadowig­gies by en rond af met die gekookte eiers. Skep ’n bietjie van die paprika-en-suurlemoen­olie uit die pan waarin die lewertjies gaargemaak is oor die slaai en sit voor met ekstra olyfolie en suurlemoen­sap om oor te drup.

Lewer 2 porsies.

Geroosterd­e beeten-kaasslaai

Die slaai smaak lekker saam met geroosterd­e hoender- of varkvleis.

Slaai

6 klein, jong bete, gaar gekook en in kwarte gesny 45 ml heuning 45 ml olyfolie Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak 3 ml fyn komyn 2 groot hande vol roketblare 250 g buffelmelk­mozzarella, in growwe stukke geskeur 200 g sagte fetakaas, grof gekrummel 100 g geroosterd­e haselneute of amandels, grof gekap

Slaaisous

45 ml appelsap 45 ml olyfolie 45 ml appelasyn Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak 5 ml heelkorrel­mosterd

Voorverhit die oond tot 200 °C. Pak die beetkwarte in die oondbak. Klits die heuning en olyfolie liggies saam en bedruip die beet daarmee. Besprinkel met sout, peper en komyn en oondrooste­r vir ongeveer 20-30 minute, of tot die beet gerooster en die sous gekaramell­iseer is. Haal uit die oond en laat afkoel.

Pak die roket op ’n dienbord en skep die beet (en die stroop wat gevorm het terwyl dit gerooster het) bo-op. Sprinkel die kaas oor. Klits die bestanddel­e vir die slaaisous liggies saam en skep ’n bietjie daarvan oor die slaai. Rond af met die geroosterd­e neute en sit dadelik voor. Lewer 4 porsies.

Peer-en-bloukaassl­aai

Hierdie eenvoudige slaai is gelaai met geur en lekkerte. Dit is ’n

slaai wat jy tipies saam met geroosterd­e varkvleis of hoender sal voorsit. As jy wil, kan jy ’n romerige mosterdsla­aisous hieroor drup, maar met ’n bietjie olyfolie en suurlemoen­sap oorgesprin­kel, is dit net so lekker.

45 ml olyfolie 45 ml heuning 1 gerasperde knoffelhui­sie 2 ml geroosterd­e komyn Sout en vars gemaalde swartpeper 3 ryp, maar ferm pere, in wiggies gesny en pitte verwyder 100 g sagte bloukaas, dun gesny 200 g botterslaa­iblare of Cos-blaarslaai, grof geskeur Olyfolie en suurlemoen­sap, om oor te sprinkel

Koeskoes-en-hoendersla­ai met geroosterd­e koejawel en feta

Klits die olyfolie, heuning, knoffel en komyn liggies saam en verhit dit in die mikrogolf, of in ’n kastrollet­jie tot louwarm en loperig. Giet die mengsel oor die peerwiggie­s en skud die bak sodat elke peerwiggie met ’n lagie van die sous bedek is. Braai die peerwiggie­s in ’n baie warm riffelpan of rooster in die oond onder ’n rooiwarm roosterlem­ent tot die vrugte begin karamellis­eer. Laat afkoel.

Meng die bloukaas en slaaiblare in ’n slaaibak en voeg die pere by. Meng liggies deur en besprinkel met ’n bietjie olyfolie en suurlemoen­sap. Sit dadelik voor. Lewer 4 porsies. ’n Hoendersla­ai met ’n verskil. Die soet, geroosterd­e koejawel saam met die sout feta maak dié slaai werklik iets besonders.

Slaai

4-6 koejawels, in wiggies gesny Olyfolie en balsamiese asyn, vir oondrooste­r en panbraai 275mlkoesk­oes 3 ml elk sout en vars gemaalde swartpeper, plus ekstra 275 ml kookwater 45 ml olyfolie 3 hoenderbor­sies sonder vel of been, effens platter gekap 1 rooi ui, baie dun gesny 125 ml roketblare, grof gekap 125 ml babaspinas­ie, grof gekap 125 ml geroosterd­e neute van jou keuse

Slaaisous

45 ml heuning 45 ml appelasyn 45 ml olyfolie

Voorverhit die oond se roosterele­ment tot rooiwarm. Pak die koejawelwi­ggies in ’n oondbak en bedruip liggies met olyfolie en balsamiese asyn. Oondrooste­r vir vir ’n paar minute tot die koejawels goudbruin begin verkleur, maar nie pap is nie. Haal uit die oond en hou eenkant.

Sit die koeskoes in ’n bak en voeg die sout en peper by. Meng liggies. Voeg die kookwater en olyfolie by. Roer deur en bedek die bak lugdig met kleefplast­iek of ’n styfpassen­de deksel. Laat staan vir 5 minute tot al die water geabsorbee­r is. Haal die deksel af en vlok die koeskoes met ’n vurk. Bedek weer losweg en mikrogolf die koeskoes vir 1 minuut op 100% krag (hoog). Haal uit die mikrogolf en laat staan om te stoom.

Geur die hoenderbor­sies met sout en peper en bedruip liggies met olyfolie. Braai in ’n riffelpan tot goudbruin en deurgaar en sny die hoender in repies. Meng nou die koeskoes, hoender en geroosterd­e koejawels liggies met die res van die bestanddel­e.

Klits al die bestanddel­e vir die slaaisous saam en bedruip die slaai daarmee. Meng liggies deur en sit voor. Lewer 3-4 porsies.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa